Saturday, January 24

Fun saam met die vroue

Ons fun-uitstappie le nog voor maar intussen het die vroue die jaar saam begin met 'n uiteet en soos gewoonlik het die klomp vir pret in hoofletters gesorg. Die selgroep-vroue is 'n besonderse groep, elkeen met hulle eie streek ... Ek is natuurlik die een wat hulle moet beheer en keer dat hulle heeltemal uitrafel.Ek weet mens moenie ander probeer "terug kry" nie, maar die versoeking is groot om van die foto's en video te wys. Ek weet hulle sal my vergewe, hoe dan nie?! :-) Hierdie twee, Vanessa en Heleen is groot vriendinne en kuier graag saam en is saam stout. (bewyse volg). Heleen het voor sy gekom het vir ons ete, saam met haar man geeet en toe net 'n slaaitjie bestel - waarmee sy nogals beindruk was. Corine is 'n besige "juffrou" en ons is so bly dat sy wel saam met ons kom kuier het. Hier is sy en Charmaine. Hulle het nie kos gedeel niAmelia is die 5de lid van ons groep en wat kan ek se, sy het al klaar haar mes in vir my, kyk net! Die vroue wil na ete nagereg bestel en Amelia blaas vure dood soos haar appeltert en roomys in vlamme opgaan. En dan die ander siamese-tweeling. Hier is die bewyse ... man dis lekker na die blare vir aandete. En spesiaal vir die twee se mans, kyk hoe geniet hulle dit terwyl julle blare by die huis moet eet :-). Die netwerk is stadig en die video laai nie af nie, maar julle moet later weer kom kyk!

6 comments:

Muriel said...

Ja-nee ek stem FUN met hoofletters!

Ai Sandra hoe lus kry ek vir die lekker roomys, ek is op blare, na die feesseisoen se groot etery! (Natuurlik Mnr "Lindt" se skuld!)

Sal weer kom inloer vir die video!

Liefde
x x

Anonymous said...

Jammer dat ek nie "goetertjies" op jou blog mag laai nie!! Sit lekker agter die kamera en is stroopsoet, ne ???? Ai Sandra jy weet nie hoe ek die uitgaan sesies saam met julle geniet nie, dit is n lekker breek van die elke dag se gejaag. Julle almal in die groep het baie diep in my hart gekruip. Tussen ons, daardie roomys en brownies was Baaaie lekker.

Anonymous said...

Mnr Lindt, spesiaal die donker bitter een is groot versoeking ek stem. Draai dit in blare toe Muriel :-)

Heleen jy's welkom om goetertjies te stuur as jy iets opgelaai wil he :-). Ons geniet die saamkuier met jou ook Heleen en is so bly as jy 'n openingtjie in jou dagboek het :-)

Charmaine said...

Hi maat, waar is die foto van ons.... dit moet mos deel van die geskiedenis arnale word...

mariki said...

Geen gesonde mens kan mos sulke lekkernye weerstaan nie!

Sandra said...

Dit is maat, dis in die geskiedenis arnale :-)

Ek stem Mariki!