Sunday, January 11

Is dit Josef .... nee dis William!

Ek het al van my middelste seun se stories vertel hier. William het nog nooit, selfs van kleinsaf, 'n probleem met kleure gehad nie. Ons het altyd gese William dra "woelige" klere. Selfs tydens sy skooljare was hy uitgeken aan sy kleurvolle sportskoene en het sy meisies ook sy "kleure" gedra, maar dis 'n storie vir 'n ander dag. :-) Die sportdirekteur het later opgegee om aan te dring op "normale" sportskoene. Nou op universiteit en hy het dit nog nie ontgroei nie. Ek het ook maar moed opgegee want as mens genoeg selfvertroue het om kleure te dra, dan is dit goed.
So die vakansie, soos gewoonlik moes die skoene aangevul word en het ons maar net 'n winkbrou of twee gelig by die groen en groen/oranje skoen keuses.Maar die "toppunt" is bereik met die laaste paar, en as die koppe in Bloemfontein nie hiervoor draai nie, dan weet ek nie. Ja, kyk mooi dis nie 'n ompaar nie! Behalwe die patroon is niks aan hierdie twee skoene dieselfde nie. Selfs die sole lyk verkeerd. En dis alles my skuld vertel hy. Ek het vir hom kleurvolle skoene laat dra toe hy klein was (en toe het ek gedink dis cute). 'n Bietjie weird is hierdie seun van my, maar met sy selfbeeld skort niks en wat hy "verkeerd" doen kon baie erger gewees het. Ek's baie dankbaar dis net kleur :-)

21 comments:

Anonymous said...

Ek dink dis vreeslik cute! En ek haal my hoed af vir hom dat hy nie omgee wat "die mense" se nie. (Jy het nie dalk daai possie van Sonkind gelees nie? Was regtig treffend.)

Anonymous said...

Ja nee, dit is nou my ou "babaseuntjie" daai. Geel skoene en kouse terwyl die res van die span in wit speel en nou hierdie "Smartybox" skoene ook.

Soos ek verduidelik het seun, solank dit skoene en nou en dan klere is kan dit gaan, oorbelle, studs en gate op plekke waar mense nie gate behoort te he nie kan ly tot 'n baie kwaai pa.

Sandra said...

Boendoe ek het gaan lees dankie. Ja as ouers net eers verby hulle eie issues kan kom dat die vere die voel nie maak nie, dan kan die kindertjies hulle eie mens wees (soos ons ook wou toe ons jonk was)!

mariki said...

Heerlik om so 'n mens se "eie mens" te kan wees, en dan nog aan ander pret te verskaf -- bravo, Willem!

Anonymous said...

Hy lyk te "funky"!

Sandra said...

Mariki ek's bevrees die kuierkindertjies, veral die seun, gaan nou ook vra vir "weird" skoene - hy het gedink William se baie snaaks.

Paula hy sal hou van "funky" image dis verseker

Anonymous said...

Ai.....dis al wa ek kan se..... ek is net bly ek gaan nie lank genoeg in SA wees om langs hom hoef te loop met daai skoene nie!!

Anonymous said...

Im very sorry James but there is nothing you can do to stop me....hahahahaha

Nimsi se Blog said...

Sandra - Hello - nou so haastig om ook iets te se, dat ek amper vergeet om dag te se: Op elke liewe "kiekie" van hierdie William kind van jou kan ek sien dat hy uit sy hart uit n GESONDE en GELUKKIGE kind is, en dit my liewe vriendin is al wat saakmaak!
William laat weet asb vir Aunt N jou skoengroote my kind, van nou af shop ek skoene vir jou!
Nimsi

Anonymous said...

Hai, ek dink die skoene pas by jou hemp William. Dalk iets om aan te dink - n paar vir elke hemp!!!!!!
Annie

Thea said...

William jy ken van kleur koördinasie!! En as jy die selfvertroue het vir sulke bright kleure - go for it!!

Anonymous said...

James hy het dan juis gedink om 'n bietjie saam met sy ouboet rond te loop voordat jy weggaan :-)

Dis 'n gevaarlike stelling om te maak Nimsi jy weet nie hoe mal hierdie ou met sy nr 13's is oor skoene nie :-). Hy sal altyd geintreseerd wees in 'n winkel wat kleurvolle skoene verkoop, so jy moet maar laat weet ;-)

Ek dink hy sal altegraag saam met jou wil gaan loop seun.

Anonymous said...

Annie moet nou nie vir William idees gee nie - jy weet mos hy soek selfs kleur in sy hemde!

Ja Thea die man het geen probleem om die helderste kleure te dra nie. Ek weet nou nie altyd van die kleurkoordinasie nie. Gelukkig sien mens hom altyd in die skare

retha said...

Ek hou van sy skoene!
N paar vir elke hemp, wel dit kan seker bietjie duur raak. Of miskien is hy familie van Marcos. Of daar die vrou van Roeminie ek kan nou nie haar naam onthou nie.

Anonymous said...

Ek moes net weer daai skoene kom bekyk... :-)

Dorette said...

Die skoene vang omtrent die oog! En as jy die selfvertroue het om sulke skoene te dra - go for it!

Sandra said...

Hy sal daarvan hou Retha maar ons is gelukkig nie een van daai families nie :-)

Boendoe wat interessant is, ek het gister saam met hom in die dorp geloop en nie eers meer agtergekom hy's bont nie - so mens raak aan alles gewoond as jy oor die eerste "skok" is ;-)

Hy gaan verseker 'n paar kyke kry daar in Bloemfontein Dorette

Charmaine said...

William, ek hou van 'n man wat sy kleur kan staan. Ek hou van mense wat nie bang is om hulleself te wees nie.. Trots op jou!!

eilandkind/islandchild said...

haha, hy's oulik, 'n individu!

Sandra said...

Kleur kan staan? Dis 'n nuwe een maat!

Dit is hy beslis Eilandkind en hy weet hoe om mense om sy vinger te draai :-)

Muriel said...

Colour my world ....

Ek is mal oor sulke helder kleure. En hy lyk baie mooi op die laaste foto!!!