Thursday, January 29

Gespaar vir 'n ete

Uitgespaar dankie het 'n hele nuwe betekenis gekry gister nadat ek en Charmaine gister in 'n liederlike ongeluk betrokke was. Dit was ongelooflik hoe Vader Sy hand oor ons gehou het, en ook engele op ons pad gestuur het om ons te beskerm en by ons te wees, maar daarvan vertel ek volgende keer ...die skok en dankbaarheid voel nog bietjie te groot.


Tanya en Werner Schultz wat die wonderlikste boekies vir kinderbediening skryf (loer bietjie hier) het kom kuier om 'n werkswinkel vir groepleiers en dienste vir Suid-Afrikaanse kinders in die UAE aan te bied. Ek sal op ons kindergroep blog meer hiervan vertel, maar hierdie is spesiaal vir Tiana, Christiaan en Conroy om te sien wat hulle alles op hul eerste dag in Abu Dhabi aangevang het. Met ernstige digte mis moet hulle eers in Fuijerah land en 'n hele klomp uur wat voordat ons hulle eintlik kon kry. Ons moet 'n darem 'n bietjie die dorp wys en hier is die "bewys" foto dat hulle wel in Abu Dhabi is. Die Abu Dhabi skyline op die agtergrond. Die grootste/hoogste vlagpaal in die wereld en die twee se arms kom nie eers halfpad om die paal nie. Kan julle dink hoe groot is die vlag wat daarop waai? Ons gaan eet by die Al Dhafra restaurant om hulle bietjie van die tradisionele disse te wys en dis so 'n mooi aand. Van hierdie bote vaaruit en mens kan op hulle sit/le en tradisionele kos eet. Al wat vir my teen hierdie tel is dat mens eers hier van 10nm kan eet en dit is baie ver te laat vir my. Ons moet in die restaurant se ontvangs wag en hier sit die drie sheikhas so onder die sheikhs se foto's ... uitgespaar! Die twee van hulle lyk reg om al die nuwe disse te probeer. Tania en Charmaine loer na die vis tafel maar oa die haaie wat daar le, laat my besluit dat ek liewer net by die ander kosse sal bly vanaand. Die twee loer na al die disse voordat daar besluit word wat om te probeer. 'n Man in tradisionel drag kom skink vir die twee Arabiese koffie

.

Charmaine vertel van die eerste keer dat sy die koffie geproe het en Tania moet proe want ons wil haar gesig sien. Sy hou 'n goeie "pose" :-). Tania later met 'n paar verskillende drankies voor haar. Party wil sy van weghardloop soos die koffie en daai klein glase met die "tamarind" drankie wat soos parfuum proe. Dit is van 'n boomvrug en word ook die Indiese dadel genoem. Die groen een is 'n "lemon & mint" drankie wat baie tradisioneel is en die oranje een vars mango sap. Die land dood oor vars sappe en dis baie lekker. Na al die eet is dit tyd vir nagereg en hier skep Tania van die "Um Ali". Die Um gedeelte beteken "ma" en die dis is vernoem na die ma van Ali wat dit gemaak het. Dit smaak baie soos broodpoeding en word oa van croissante, melk, kaneel, rosyne, pistachos, almond, rooswater en suiker gemaak. Terloops as ek 'n lekker dis kon "uitdink" sou dit bekend staan as Um James :-). Bo-op al die soetgoed kom bak hulle klein deegkoekies wat amper soos 'n kruis tussen vetkoek en koeksisters smaak en dan gooi jy sulke dadelstroop bo-oor. Dis blykbaar lekker maar ek is mos nie 'n dadel eter nie. Na ons magies lekker vol is neem die eienaar vir die twee as 'n spesiale guns na die VIP eetgedeelte en daar kan klomp foto's geneem word. Dis baie goud. Ons groet en ons hande word gewas met rooswater voordat ons die restaurant verlaat. Vandag werk hulle met die kinders van Dubai, Sharjah en Abu Dhabi so ons gaan baie rondry en besig wees.

10 comments:

Thea said...

Jinne Sandra, ek is saam met julle dankbaar dat julle okei is!!

Ek is seker julle en die Schultze gaan kopstukke gesels oor kinderbediening! Mag hulle besoek vir almal betrokke 'n verrykende ervaring wees!

Anonymous said...

Ek is net dankbaar dat ek steeds my "ou" vrou het, sal maar goed nadink oor die "nuwe" kar.....opsie.

Dalkies 'n Porche of Ferrari?

Muriel said...

Genade amper verloor ek my geliefde (((maats)))!!! Nee, ek dink my Teddy moet my Abu Dhabi toe stuur dat ek gaan kyk wat gaan daar aan? *grin*
Sandra, Charmaine ek is baie bly julle is ok! :(

Die inskrywing is fantasties. Ek kyk net na hierdie mooi tafels en lekker kos en die interieur laat my mond water en ek is sommer lus om hierdie plek van my reg te ruk. It's time to shop baby ;) Dankie vir hierdie foto's Sandra, presies hoe ek van my huis se decoration hou!!!

En natuurlik *breƫ smile* is ek mal oor die foto van die Sheikas wat saam die Sheiks poseer!!

Sandra ek sien man van die blog gaan vir jou nuwe wiele koop, stem vir 'n ferrari hoor!! ;)

(Ek wil hoor hoe die ongeluk gebeur het, drink gou bietjie suikerwater en kom vertel)

(((Sandra))) en (((Charmaine))) ek gee vir julle 'n stywe drukkie. Het julle nie seer gekry nie?????
Liefde
x x

Desire Fourie said...

Dit lyk asof Tania and Christiaan 'n behoorlike vuurdoop tov restaurant tradisies onder die knie het, dankie aan hul gesoute vriende.

Dis interessant dat ek amper vir die eerste keer my man Conroy se naam (en presiese spelling, nie Conrad soos meeste mense dit ken nie) te siene kry.

Mooi bly.

Sandra said...

Baie dankie Thea ons het al klaar so baie by hulle geleer die laaste dag of twee.

Man-wat-moet-nuwe-kar-koop as jy dit kan bekostig, go for it!

Jy moet kom kuier Muriel! Ek sal volgende keer foto's opsit en wys. Ongelukkig is die "Ferrari" nie vir my nie want ek het met Eddie se kar bestuur wat die rede is hoekom ek vandag nog hier is. My motortjie sou onder die trok beland het.

Dankie vir die drukkie en ons wil daai shopping sien hoor!

Desire ons het hulle vodde gehad vandag hulle moes in 3 emirate kinderdienste gee.

Anonymous said...

Haai nee julle 2 moet extra versigig in hierdie malle stad van ons wees. -Wie gaan ek vir raad bel as julle iets oor kom?
Grap net.
Dankbaar om te hoor julle is darm veilig en dat ons Vader sy Hand van beskerming oor julle gehad het.

Sien dat julle darm lekker gekuier het.

groetetjies
Mariette

mariki said...

Ag, genadiglik het die Here julle bewaar! En dit omrede van met man-met-die-sakke-vol-geld se kar te ry, pleks van jou eie. So beplan die Vader ons gang.

Geniet die besoekers.

Anonymous said...

Ek hoop Tanya en Werner besef dat hulle in die beste hande in Abu Dhabi is, want tussen jou en Charmain sal hulle nie n verveelige oomblik he nie. Voorspoed en sterkte ook vir hulle twee in die tydjie wat hulle hier met die kinderbediening gaan besig wees.

Alle dank aan die Here dat hy julle in sy beskermmings hand gehou het tydens die ongeluk.

Lovies Heleen

Anonymous said...

Mariette af voete en skouers kan ons nie keer nie jong, ons kuier/werk baie lekker.

Die duiwel was maar listig met allerhande aanslae die afgelope paar dae Mariki - maar Vader se plan is groter en beter!

Dankie Heleen ons is lief vir jou ook :-)! EN wat bedoel jy geen vervelige oomblik met ons hmm? Sal julle nog vertel hoe amazing Hy ons beskerm het.

Jan and Miekie said...

Ons is baie dankbaar julle het nie iets ergers oorgekom nie! So iets is darem 'n aaklige ervaring! Dit lyk asof julle darem baie lekker gekuier het... dankie dat ons kon ssamkuier d.m.v die fotos. (Ek dink ek sou ook die vistafel "gepass" het en ek is nogal 'n viseter!)
Sterkte met die kinderbediening. Dit le my ook baie na aan die hart!