Sunday, January 4

Los en laaste drade van die vakansie

Al die feesdae is verby en dis seker ook tyd dat ek vir my eie "rekord" ook my SA vakansie van Desember afsluit. Die van julle wat nie weet nie, die eintlike rede vir my bonus na Septemer kuiertjie in die Kaap was vir my suster Tertia se dogter se troue. Ons het dit toe mos sommer gebruik om ook 'n bietjie aan die Weskus te kuier omdat die troue in Velddrif gehou sou word. hier is die voorgenome bruid, Mariska. Omdat so baie mense van ver af kom, word die kombuistee 'n aand voor die troue gehou. My drie was omtrent verspot met die aantrek en regkry vir die troue en vir 'n wonder was ek toegelaat om foto's te neem. Hier lyk hulle maar deur die wind, maar op die regterkant is nog twee foto's wat geneem is. Die troue word op Laaiplek gehou en hier is die bruid en bruidegom na die troue. Die bruid Mariska, haar boetie Viljoen en ousus Madre na die diens. Die ander foto's en stories van die kombuistee, troue en onthaal is op die familieblog hier. Na die troue breek ons laaste dag op Paternoster aan en die kinders speel al vroeg oggend by die see. Dis 'n pragtige dag en mens wil nie eers daaraan dink ons is oppad huistoe nie. Vir middagete kuier ons sommer op die strand by die Voorstrand Restaurant. Dis 'n baie ou huis van die area en sit op die strand. Die kinders kom met hulle grafies en emmertjies en speel buite terwyl die ouers op die stoep kuier. Die heerlikste seekosse .....Dis gelukkig baie ver maar net langs die trap sit ons klomp. My kinders stap sommer langs die see huistoe. Terwyl William vir oulaas in die water kuier gooi die walvis 'n skaduweer oor hom, so naby aan die vlakkant is hy. Kyk net waar breek die branders. Die niggies en nefies kom vir oulaas groet en natuurlik speel hulle by die see. En dan sak die son vir die laaste keer vir ons in SA vir die jaar na 'n baie lekker tydjie in die Kaap. As iemand dalkies die foto's van die vakansie gemis het, kliek bietjie op die label Des08 vir al die stories en foto's.

10 comments:

Anonymous said...

My kansie kom, nog net 8 of so slapies dan is ek weer in Suid Afrika. Gaan net so lekker karjakker en "my eie" troue bywoon!

Is veral die oudste wat uit hierdie twee besoeke voordeel trek, kuier sommer twee maal in die Kaap.

Nimsi se Blog said...

Hoop pa-wat-moes-tuisbly gaan ons klompie ook toelaat om saam te kuier in die kaap?
Nimsie
Sandra dankie vir hierdie laaste paar prag fotos van julle/ons vakansie.
Lekker week
Nimsie

Thea said...

Dankie Sandra, ek het heerlik saamgekuier!

Ek's mal oor Nelmari se rok en die manne het ook baie "handsome" gelyk!!

Besondere kleurskema vir die troue en dit pas perfek by die see en dis seker ook hoekom hulle dit gekies het!!

Ek moet nog tot April wag voor ek weer die see sien! :-(

O en pa-wat-moes-tuisbly - geniet jou vakansie in SA saam met jou oudste!

Anonymous said...

Pragtige fotos ... met pragtige mense!

Muriel said...

Dit lyk my julle maak beurte om of diere op te pas of Suid Afrika te besoek he he Ek kla natuurlik nie, want die see word tot in my huis gebring!

Heerlik ssaam julle in die Kaap gekuier!

Die laaste foto is pragtig!

Sandra wanneer kom Charmaine terug? Jy verlang seker al?

Ek hou baie van die kleurskema van die troue en jou 3 het pragtig gelyk!

*hugs*
M

Sandra said...

Eddie, mens kla nie met 'n witbrood onder die arm nie.

Was lekker gewees om jou saam op vakansie te he Nimsie!

Met die dae wat so vlieg THea is April net om die draai. Ek hou ook van seegroen en per toeval was my kleure dieselfde :-)

Sandra said...

Dankie Paula!

Met al die see besoeke moet jy oppas vir 'n vloed Muriel :-). Ek weet nie of Charmaine al reg is om terug te kom nie, maar ek dink sy moet WOensdag by die werk wees.Wat die troue betref, jy weet mos hoeveel probleme ek met die soeke na die rok vir die troue gehad het. Die seuns was soveel makliker hulle het gekyk wat hulle het en aangetrek en uitgeruil en aangetrek en dit het my niks gekos nie :-). xx

Jan and Miekie said...

Wat 'n wonderlike manier om 'n vakansie af te sluit! Troues bly maar spesiaal - ons was verlede maand by 'n susterskind se troue en gaan die naweek na 'n ander suster se kind se troue! Ons het julle vakansie d.m.v. die blog meegemaak - dankie!

Sandra said...

Desember bly maar die maand vir troues Miekie. Dankie dat julle saamgekuier het met die vakansie.

Charmaine said...

Hi maat, die kinders het regtig mooi gelyk... soos deel van die bruidsgroep. Die bruid en strooimeisie is pragtig. ek gaan nou eers op die familieblog ook loer. Ek het ernstig uitgemis op die fotos