Tuesday, January 13

Stella en Leo hierdie is vir julle

Op 'n vorige keer het ek vertel van ons besoek aan Ski Dubai hier Toe het ons egter net in die sneeupark rondgehang. Die park van 3000 vkm is die grootste binnehuise sneeupark ter wereld en ek het self 'n stukkie grond daar gekoop. Met die laaste daggie of twee wat oorgebly het van ons besoekertjies, moes die klein Switzers natuurlik gaan ski. Ski Dubai is deel van die Mall of the Emirates in Dubai. Vir julle ouens wat van statistieke hou .... 22,500 vkm (gelykstaande aan 3 voetbalvelde) is reg deur die jaar toe onder die sneeu. Die lelike grys deel is die ski gedeelte. Hier kan mens in die sneeupark of die ski heuwels (slopes) baljaar. Elkeen word toegerus met die regte klere, skoene en toerusting. Hier trek Stella en Leo hulle skoene aan - dis nie maklike skoene nie. Die plek kan 1500 besoekers op een slag akkommodeer en dis nogal baie dink ek. Nadat jy aangetrek is, word die regte ski's of snowboard, afhangende wat jy doen aan jou uitgereik nadat hulle eers seker gemaak het van die grootte. Leo is baie trots op sy ski's wat hy ontvang het. Die drie van hulle gereed om in te gaan en baie opgewonde. Vir mense wat nie kan ski of snowboard nie is daar "afrigters" beskikbaar vir lesse. Daar is 5 ski hellings/roetes wat gedoen kan word met verskillende moeilikheidsgrade. Die twee is baie lus om te begin en die temperatuur 'n "gemaklike" -1 tot -2 grade (Lekker in die woestyn!). En dan is hulle oppad boontoe met die ski-hysbak. Die hoogte van die helling is 85 meter hoog (25 verdiepings) met die langste helling 400 m met 'n val van 60 m. Vir twee uur het die drie op die sneeu rondgeski en blykbaar nie so baie geval nie. Hulle was lekker moeg aan die einde van die dag. Die laaste van die reeks golflesse het ook ten einde geloop en die hoogtepunt was 'n geleentheid op die groot golfbaan van die Abu Dhabi Golf en Equestion klub. Die tweetjies gereed vir die rit in die golfkarretjie. Lateraan het Leo ook die geleentheid gehad om die karretjie te ry en hy het dit omtrent geniet. Dis 'n verskriklike mooi golfbaan in die middel van 'n perderesies baan. Hier wys die pro Craig vir hulle hoe die baan werk. Stella oefen haar hou voordat sy slaan. Leo na een van sy dryfhoue. En dan is die Afrikaanse-vakansie op 'n einde ... met 'n roomys! Ons het julle kuiertjie geniet Stella en Leo en hoop julle het ook lekker saam met ons gekuier. Moenie ophou om julle Afrikaans te oefen nie!!
Christine in die foto-album (regs) is van die kinders se foto's vir jou om af te laai.

12 comments:

mariki said...

Is die laaste ene nie so 'n regte kyk-net-my-lekker-roomys nie! Hulle moes voorwaar lekker gekuier het.

retha said...

Dit lyk of dit werklik n baie lekker vakansie vir hul was. Dankie vir die toer saam met julle.

Desire Fourie said...

Julle het regtig gesorg dat Stella en Leo 'n ware Dubai ervaring (agter die skerms) gekry het. Eks seker hulle sal herinnering altyd saam met hulle dra. Mooi bly.

Nimsi se Blog said...

Ag siestog, ek is nou skoon hartseer om van hulle afskeid te neem.
Nimsi

Sandra said...

Mariki daai is 'n baie ondeunde kyk.

Ek hoop hulle het dit geniet Retha.

Desire dit was voorwaar Abu Dhabi op 'n ander manier wys want kleintjies is nie geinteresseerd in plekke en malls nie

Ek dink hulle is baie bly om weer terug by hulle mamma te wees Nimsi

Anonymous said...

Groot is my verbasing om te hoor dat daar in die middel van die woestyn sneeu is :)

Jan and Miekie said...

Jinne, maar het ek agter geraak met jou bloggery - laas was ek nog by die troue (ons het sopas ook 'n lekker troue gehad). In alle geval, het nou eers lekker ingehaal. Lyk my julle het 'n heerlike tydjie gehad met die 2 kinders - of altans hulle het 'n fees gehad. Ek stem saam met Mariki - daardie roomys lyk darem lekker en daardie glimlag! Die woestynstad is darem 'n verstommende plek. Wonder was kos dit om al daardie sneeu koud te hou? En die golf spelery? Is dit nie vreeslik warm nie? Ek hoor net van die verskriklike humiditeit ens. maar julle laat dit lyk soos die weer hier.

Sandra said...

Paula hierdie woestyn het enigiets waaraan mens kan dink :-)

Ons het nou 'n lekker koel winter maar binnekort raak dit erg warm. Mens raak maar gewoond aan die hitte Miekie alles het A/C. Die humiditeit is iets ysliks!

eilandkind/islandchild said...

Sjoe, enigiets is moontlik in die woestyn.

Charmaine said...

Maat ek dink steeds jy moet 'n toerbesigheid begin... jy is baie goed met die dinge. Hoop ons hoor weer van Leo en Stella.

Sandra said...

Eilandkind jy weet mos :-). Hoe lank terug was jy laas hier?

Sal jy my "sponsor" wees maat, jy's mos ryk :-)! Volgens mamma Christine het veral Leo gister lang stories vertel met die sien van hulle foto's.

Anonymous said...

ek stem saam met Charmaine, dit is beslis een van jou roepings! Dit lyk asof hulle vet pret gehad het.
lekker naweek