Monday, January 26

Kan jy dit glo?

'n Paar van julle was "verbaas" oor die reen in die woestyn wat ons verlede week gehad het en glo my Vrydagaand was daar selfs donderweerf!!! Maar Saterdag is selfs dit oortref met ...... SNEEU! Jip glo dit maar, maar hier in die woestyn waar ons behoorlik dood van die hitte in die somer was dit ysig koud en die berge van Ras Al Khaimah was toe onder die sneeu. Dit was die tweede keer in die geskiedenis van die land dat daar sneeu geval het en temperatuur tot so laag as 1C gedaal het. Volgens die koerant was die sneeu oor 'n 5 km area en 'n hele 10cm diep. Interessant is dat sneeu so skaars is in hierdie land dat daar in hulle woordeskat nie 'n woord is wat "sneeuval" beskryf nie. Die eerste sneeuval was gedurende Desember 2004. En net om te wys dat hierdie land nie "normaal" is nie, sal die temperatuur die volgende paar dae net so in 'n koue omgewing van 23/24 C grade bly.

(Die foto's kom van een van die plaaslike koerante Xpress)

18 comments:

Anonymous said...

Sandra...

Trek jy nie ons bene nie? Dis nie 1 April nie, so, ek weet nie! Is dit nou soos in rerig, erig? Ek kan dit nie glo nie!

Jan and Miekie said...

En ek dag daar is aardverwarming! Kan dit net nie glo nie! Nou verstaan ek waarom babatjies daar in slaapsakkies slaap!

Desire Fourie said...

Wow Sandra, nou het ek alles gesien en gehoor. Donderweer gevolg deur sneeu ... iets raars definitief en 'n bewys dat ons planeet se weer op sy kop is!. Hoop julle het darem 'n warm kledingstuk binne bereik gehad. Mooi bly.

Sandra said...

Dis net nog 'n bewys dat ons wereld se weer heeltemal op sy kop staan ne Boendoe.

Ek dink dit kan nie warmer hier raak nie Miekie - seker daarom dat dit so lekker afkoel nou :-)

Gelukkig vir getroue baadjies wat mens maar met alles dra Desire, maar die winkels is nou vol warmklere (wat mens nou weer wanneer hierna moet dra)

retha said...

Al wat ek kan se is my goeie genugtig!

Kon ju darem a sneuman bou en sneuballe gooi?

Charmaine said...

Dit was vir my net so amazing... die sneeu op die sand..:-) dalk moet ons die mense die naweek RAK toe neem maat. Ek het self lanklaas aan snee geraak.

Anonymous said...

Dit was vir ons net so 'n verrassing Retha :-)

Die naweek? Tyd wat jy waar kry maat? Die sneeu sal na ons toe moet kom :-)

mariki said...

Wel, Sandra, voor jy jou oë uitvee, KOM die sneeu dalk na julle toe -- gesien al die snaakse were wat julle beleef!

Muriel said...

My aarde ek het nooit kon dink dat dit in die woestyn sneeu nie.

Laat ek eers die nuus gaan versprei, en ek wed julle niemand gaan my glo nie!

Dit klink of dit net so dol gaan by julle Sandra ;)

Mooi bly
x x

Nimsi se Blog said...

Have you ever! Nou se die woord mos vir ons dat hierdie dinge in die laaste dae sal gebeur ne...
Geniet die koeler weer!
Nimsie

Thea said...

Wow!!! Wat gaan aan in die wêreld met die weer?? Dis ongelooflik... Voorwaar 'n land van uiterstes!

Anonymous said...

Dit lyk soos my wereld. Sandra, Charmaine was seker bly vir haar dik trui toe dit so bietjie koud raak daar by julle.
Annie

Charmaine said...

Ek hoor wat jy se maat, maar Abu Dhabi is soos Pretoria waar mens net hoor van die sneeu maar dit nooit sien nie. Iets soos... " na ons kom dit nie aan nie" En dis ook maar goed want Annie, die motte het my dik trui gate in gevreet. Ek het omtrent piep gekry daaroor.. :-(

Sandra said...

Mariki niks in hierdie woestyn blyk onmoontlik te wees nie - alhoewel hulle nie die weer met geld kan koop nie.

Muriel ons is nogal besig ja, maar dis met lekker goed :-). Jy moet net sien hoe die witrokke met allerhande warmgoed bo-oor lyk.

Dis baie waar Nimsi. Ek hou gelukkig van lekker koel weer.

Sandra said...

Die weer is darem besig om orals tot die uiterste te gaan is dit nie Thea.
'
Annie jy ken vir Charmaine en koue weer :-)

Maat is hier motte ook?! Genugtig wie het dit nou ingevoer?

Anonymous said...

Come on!!!! Dis flippen onregverdig! Ek vries nou al vir weke meer as net my gat af en GEEN sneeu! NIKS NIE!!!

Die hele Korea is spierwit, behalwe die provinsie waarin ek nou bly! DIe stad waar ek laasjaar gebly het, kan nie bybly met al die sneeu nie! Dit suck!!!

Hoop julle geniet dit darem ;-)

Sandra said...

Skuus kaalvoet ek dink julle sneeu het dalkies per ongeluk hier by ons geval want dit hoort regtig nie hier nie.

Ek geniet die koue baie ja!

Anonymous said...

Dis skade van die motte Charmaine, nie gedink daar is motte nie. Ons het so baie wol hier en ons is nie gepla met motte nie.
Annie