Eers moet ek noem dat ons ou dorpie heerlike reen gekry en dit opsigself is altyd nuuswaardig.
Muriel natuurlik moet ek dit vir jou ook wys. Ons kry koud en dis vreeslik lekker! Maar die verkeer mense want hierdie ouens is niks gewoond aan bestuur in reen nie, is iets ysliks. Drie uur die middag en ek's oppad skooltoe om vir Nelmari te gaan haal en die motors staan bankvas en hulle verwonder aan die reen.
Dan die ander ding wat wereldwyd nuus is en daarom gaan ek dit nie weer oorvertel nie, is die oorlog wat aan die gang is net hier bo-kant ons. Dat so 'n klein stukkie land sulke groot stofwolke kan opskop. Ek wonder partykeer wat kleintjies in hierdie land waar ek bly dink van die oorlog? Regtig egtig dink, want hier op skool is daar twee dinge/prente/woorde wat nie in die skoolboeke mag wees nie en dis "vark" en "Israel". Toe ek nog by die skool was, is menige varke in oulike storieboeke klere "aangeteken" en "hoedjies" op geteken sodat hulle nie kan sien dis 'n varkie nie. En kyk jy na die ouer kinders se boeke dan is 'n hele land se naam met swart pen doodgetrek. Vroeer is ons tydskrifte ook so met die swart koki bygekom maar ek sien dit al hoe minder. Maar dat mens 'n hele land van die aardbol kan vee en 'n vark verban ... wel dit word nog gedoen.
So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek.
Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....
Dan die ander ding wat wereldwyd nuus is en daarom gaan ek dit nie weer oorvertel nie, is die oorlog wat aan die gang is net hier bo-kant ons. Dat so 'n klein stukkie land sulke groot stofwolke kan opskop. Ek wonder partykeer wat kleintjies in hierdie land waar ek bly dink van die oorlog? Regtig egtig dink, want hier op skool is daar twee dinge/prente/woorde wat nie in die skoolboeke mag wees nie en dis "vark" en "Israel". Toe ek nog by die skool was, is menige varke in oulike storieboeke klere "aangeteken" en "hoedjies" op geteken sodat hulle nie kan sien dis 'n varkie nie. En kyk jy na die ouer kinders se boeke dan is 'n hele land se naam met swart pen doodgetrek. Vroeer is ons tydskrifte ook so met die swart koki bygekom maar ek sien dit al hoe minder. Maar dat mens 'n hele land van die aardbol kan vee en 'n vark verban ... wel dit word nog gedoen.
So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek.
Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....Maar wat ookal die "gelowe" betrokke en die redes vir die oorlog ... aan beide kante, dit is verkeerd om mense dood te maak en niks en niemand kan dit regverdig nie.