Saturday, January 3

Ons vat net bietjie grond

Ons kuiermensies het saam met hulle ook 'n onafgehandelde Kersvaderlys en goed wat hulle net moet doen gebring, en aan die lysie moes daar dadelik aandag gegee word. Rollerblades ....ai tog ek ek ken nie die Afrikaanse woord nie. Leo weer presies wat hy wil he en dit moet rooi wees. Hier help William en Nelmari die twee hulle skoene in die winkel aanpas. Hierdie man is so vinnig op die wiele om die skoene te toets dat hy amper binne die kamera is toe ek wil afneem. Stella is rustiger op haar nuwe pienk rollerblades. Baie gelukkig het elkeen hulle eie swaar sak gedra terwyl my kop al klaar somme maak met die swaar bagasie vir die terug vlieg. Die dag sal nie voltooi wees sonder 'n roomys by Marble slab nie, dis mos vakansie. Die twee manne gaan sit vir 'n rugmassering terwyl die roomys geeet word en gesels kopstukke. Die dag daarna is die weer beter en besluit ons om te gaan swem. Natuurlik is die water nie die gewone 30+ grade waaraan ons gewoond is nie en mens moet mooi dink voordat jy binne die water klim. Gou-gou is die vier besig om hulle lekker warmer te speel. Mens moet natuurlik elke nou en dan uitklim om bietjie in die son te ontdooi. Leo probeer om met sy flippers geloop te kry. Daar word ook ernstig skulpies opgetel by die see. Elke skulpie word mooi afgespoel en nou is dit skoene en skulpe ekstra in die tas. 'n Groot treffer is die speelpark in die water en eers is die twee bietjie skrikkerig vir die hoogte (hulle het hoogtevrees) maar toe die selfvertroue kom, word daar lank op die glybane ge- op en af. Vir julle wat wil weet my Franse woorde kom so stadigaan by alhoewel ek besig is om die woordeboek te herskryf.

11 comments:

mensesondergrense said...

Sandra, so 'n paar kleingoed kan 'n ou besig hou, Jong. Is dit familie of is hulle net daar om die taal te leer. Geniet hulle. Annatjie

Sandra said...

Tot so 7 dae terug het ek hulle nog glad nie geken nie Annatjie maar ons geniet hulle.

Muriel said...

Dit lyk alles so lekker!

Ek hou van die foto's van die kinders by Paternoster hier langsaan!
Uhmm ek wil graag weet van die "pose" op die 2de foto, is dit "007" pose?

Mooi bly

Nimsi se Blog said...

Hoe lyk dit met so n paar franse klasse hier op jou blog? Wou nog altyd graag in "vreemde tale" praat!
Groete
Nimsi

Thea said...

Ek kan sommer sien hierdie tweetjies gaan nie uitgepraat kan raak oor hulle lekker vakansie by tannie Sandra as hulle terug is by die huis nie!

Praat julle darem meer Afrikaans as Frans Sandra? ;-)

So terloops, ek lees 'n blog met die naam van "A French word a day". Jy kan na die uitspraak van die woorde ook luister. Die skakel is: http://french-word-a-day.typepad.com

Anonymous said...

Sandra, ek sien jy oefen lekker vir ouma-word...

Rolskaatse ? is dit die woord wat jy soek??

Jy het ons almal baie nuuskierig oor die 2tjies. Hoe het julle bymekaar uitgekom??

Ek kuier nogsteeds heeeeerlik met my Dubai kinders...

Sandra said...

Nee Muriel nie 007 nie maar Charlie's Angels :-).

Nimsie van my gaan jy net 'n afrifrans-slan leer dit kan ek jou verseker. Kyk bietjie na daai website wat Thea gegee het.

Thea ons praat eintlik net Afrikaans maar hulle vergeet nie die "reel" om my elke dag 'n nuwe woord te leer nie. Hulle het nou bietjie opgegee met die woorde en het my leer tel of altans hulle probeer :-)

Sandra said...

Nee .... Ronelle, het die goed met die een ry wiele nie 'n ander naam nie?

Hulle ma het inligting oor Afrikaanse kinders gegoogle en op my kindergroepblog uitgekom. Sy het my geepos en gevra of ek weet van 'n Afrikaanse kamp in SA oor Januarie. Natuurlik nie goeie tyd vir kampe in SA en om 'n lang storie kort te maak - hier is hulle :-).

Dorette said...

My Afrikaanse juffrou het ons geleer van rollemskaatse :-)

Is bly julle geniet die kinders! Klink na 'n besige storie om die tweetjies besig te hou

Sandra said...

Noudat jy dit noem Dorette ek het al gehoor van rollemskaats - miskien is dit dieselfde.

Charmaine said...

Die twetjies praat oulik Afrikaans. Julle het 'n goeie werk gedoen. Spyt ek het al die roomys eet gemis en dit is rolskaatse maat.