Friday, January 16

Die knie se eerste toets

Amper 'n jaar terug het Nelmari haar knie tydens 'n basketbaltoernooi lelik seergemaak. Die dr was wonderlik en het besluit om nie te opereer nie maar eerder te werk dat sy haar knie weer opbou. Die voorspelling was dat sy tussen 30-40% kans het om weer ten volle die knie in sport te kan gebruik. Natuurlik moes ons haar vreeslik aanspreek oor die erns van die saak en dit was nie maklik nie maar vir sewe maande moes sy sport los. September het sy gevolleybal en die knie het gehou en uitgesit met sokker en atletiek en nou is die eintlike toets, basketbal hier. Gedurende Desember is daar ernstig in die gym gewerk om te kyk hoe die knie hom gedra. Die eerste wedstryd was teen UAS (Universal American School Dubai) en juis die skool teen wie sy die knie beseer het. Ek kon hoor sy was bietjie bang want sy het gedink om nie te speel nie en vooraf gese sy weier om teen die speler wat haar "gestamp" te speel, maar mens moet jou vrese oorkom. Hier storm sy en Minri op 'n speler af om te verdedig ... Ons kuiermensies was ook daar om haar aan te moedig. Die knie hou en hulle wen 43 - 27 en ek dink sy voel baie gelukkig dat die eeste wedstryd goed afgeloop het. Die tweede wedstryd is moeilik en hulle speel teen hulle aartsvyande ACS. Dis 'n vinnige wedstryd en hulle bly kop aan kop tot die einde. ACS was gelukkig om te wen dink ek. Die volgende dag is dit 'n wedstryd teen Chouifat wat ons 47 - 17 wen en ek kan sien die selfvertroue is besig om stadig terug te kom. Hier is die span saam met hulle afrigters na die wedstryd. Die lojale ondersteuners van die span is 90% Suid-Afrikaners. Die belangrike toernooi is Februarie en nou moet ons net daai knie mooi oppas.

16 comments:

mariki said...

Alle sterkte vir daai knie se 100% herstel.

En 'n mamma leef darem so saam met haar kind(ers) deur al die dinge -- dis mos hoekom daar mammas is, né.

Charmaine said...

Ek is sooo bly die knie hou mooi Nelmari. Jy is 'n ster en die seisoen het goed afgeskop. Baie geluk en GO LIONS!!!

Anonymous said...

Mens besef nie die waarde van 'n knie voor jy hom nie seergemaak het nie. Vra my, ek weet!

Ek is bly die kniegie hou mooi!

Anonymous said...

Mooi sussie! Eks bly die knie loop mooi. Sal seker maak hulle kyk na jou van Februarie af.

Desire Fourie said...

So bly Nelmarie se knie het mooi herstel. Sy moet maar net geduldig wees en hom mooi 'nurse'. Mooi bly

Nimsi se Blog said...

Saam met julle dankbaar oor Nelmari se herstel. Bid saam vir algehele herstel van die knie!
You Go Girl!!
Nimsi

Anonymous said...

Dankie almal!
Ek kry my eie "coach" in so 2 weke en mama die toernooi is in Maart!
En ons het nou 2!! :D

Sandra said...

Mariki en die ma het self 'n knie probleem omdat sy nie geluister het nie :-).

Ek stem maat Go Lions vir die seisoen!


Jy ook nie ore gehad nie Boendoe? Mens moet die ou lyf mooi oppas as mens jonk is :-)

James sy kan nie meer wag om haar pesoonlike afrigter by haar te he vir die toernooi nie.

Sandra said...

Desire jy weet mos hoe geduldig die "jeug" is :-)

Dankie Nimsi, ek glo dit was net gebed wat maak dat sy wel weer kan speel.

Sussie ek's mos oud en wat is die verskil tussen Februarie en Maart nou eintlik. James kom Februarie en die toernooi is Maart :-)

Muriel said...

Aaaaa! ek is bly Nelmari het weer begin speel en dat dit so goed gaan met die knie!!! Baie geluk met die wen wedstryde Nelmari! ;)

Mooi bly Sandra
Liefde
x x x

retha said...

Ek is ook saam met jul bly oor die knie. Moontlik is dit vir my n groter ding dat sy wel weer die moed gehad het om te speel!

Anonymous said...

Lekker om van jou te hoor Muriel. Lekker werk!

Dit was maar 'n bruggie om oor te steek Retha, maar nou kan dit net beter gaan

Thea said...

Ek's bly om te hoor dat alles goed afgeloop het en dat die knie nog okei is!! En lei ek nou reg af dat James haar nuwe "coach" gaan wees? Het hy toe reggekom daar met werk Sandra??

Anonymous said...

Baie geluk met die wen en bly oor die kniee wat gehou het, ek sien oom Gerhard en Tannie Carline doen hulle deel met die ondersteuning!
Baie lovies
Tannie Heleen

Sandra said...

Ons hoop om baie binnekort te weet van James en sy werk Thea.

Heleen jy raak nou so oulik en is soooooo beindruk

Jan and Miekie said...

Ek bid dat die knie nie weer seer sal kry nie. Baie sterkte!