Daar is so 'n algehele "stilte" in die blogwereld, of altans die deel waar ek beweeg en ek weet dis nie omdat daar niks gebeur nie. Die jaar het net met 'n spoed begin soos nog nooit tevore nie en ons het al die wysheid en krag nodig om dinge in die regte verhouding te doen want ons kan baie maklik weghardloop saam met die jaar. Ons moet ook stilraak en rustig wees te midde van die gejaag rondom ons ... maar die tyd ....! Ek dink aan 'n voorbeeld wat Tania genoem het tydens die werkswinkel dat daar a168 ure in 'n week is waarvan kinders 70 uur slaap, 67 werk, speel en eet, 30 uur skoolgaan en dan 1 uur Sondae by die kerk is. Hoe lyk ons ure nadat dit ingedeel word en hoeveel tyd, ure, minute spandeer ons by die een wat vir ons rustigheid en vrede gee? Vertel bietjie?
Ek het die afgelope dag eers kans gekry om die kinderblog op datum te bring met Tania en Werner se besoek en as julle wil gaan loer na die pret tydens die werkswinkel gaan kyk gerus hier. Vandag dan die laaste foto's vir hulle van die besoek.
Die laaste dag is dan ook in Dubai deurgebring omdat dit naby die lughawe is en omdat ek nie weer 4 uur in die mis die pad wou aandurf nie. Dubai is bekend vir al sy indrukwekkende malls, maar ek het my gunstelinge en ons kyk of drie daarvan in 'n oggend ingewerk kan word. Tania pas 'n kameelhoed in IBN Battuta mall aan.
'n Laaste bietjie inkopies moet nog gedoen word vir die kinders en hier kyk pa en ma na juweliersware .... Werner was deurentyd 'n goeie shopper en het mooi met sy hande agter sy rug geloop.
Ietsie bekends en van die huis al is dit dan ook in 'n ander taal. Woollies raak al soos Mrs Balls en jelly tots, iets eie.
Al het ek al baie van die mall vertel bly dit darem 'n indrukkende een. Die twee stap deur een van die "lande" en is skoon verdwerg tussen die teels en mosiakwerke.
Dan koop ons iets en hierdie is spesiaal vir jou maat, balletjies roomys! Ek wonder wat beteken daardie glimlag op Werner se gesig.
En in Andulesia sit hulle op die leeu fontein en roomysballetjies eet.
Ons verlaat die mall deur China baie tevrede want die inkopies is afgehandel en die lysie afgetik. '
n Vinnige draai in Venesia by die Mercato mall is ons volgende stop.
Middagete by die Madinat Jumeirah mall by 'n restaurant van die huis af. Mens moet darem by die bekende Dubai baken ook afgeneem word. 

En met die tyd wat uithardloop word daar vir oulaas in die winkels gesnuffel vir nog 'n geskenkie of drie. Ek is seker die kinders het baie vrae en julle baie stories gehad!