Thursday, January 22

Die geld vloei

Eers moet ek noem dat ons ou dorpie heerlike reen gekry en dit opsigself is altyd nuuswaardig. Muriel natuurlik moet ek dit vir jou ook wys. Ons kry koud en dis vreeslik lekker! Maar die verkeer mense want hierdie ouens is niks gewoond aan bestuur in reen nie, is iets ysliks. Drie uur die middag en ek's oppad skooltoe om vir Nelmari te gaan haal en die motors staan bankvas en hulle verwonder aan die reen. Dan die ander ding wat wereldwyd nuus is en daarom gaan ek dit nie weer oorvertel nie, is die oorlog wat aan die gang is net hier bo-kant ons. Dat so 'n klein stukkie land sulke groot stofwolke kan opskop. Ek wonder partykeer wat kleintjies in hierdie land waar ek bly dink van die oorlog? Regtig egtig dink, want hier op skool is daar twee dinge/prente/woorde wat nie in die skoolboeke mag wees nie en dis "vark" en "Israel". Toe ek nog by die skool was, is menige varke in oulike storieboeke klere "aangeteken" en "hoedjies" op geteken sodat hulle nie kan sien dis 'n varkie nie. En kyk jy na die ouer kinders se boeke dan is 'n hele land se naam met swart pen doodgetrek. Vroeer is ons tydskrifte ook so met die swart koki bygekom maar ek sien dit al hoe minder. Maar dat mens 'n hele land van die aardbol kan vee en 'n vark verban ... wel dit word nog gedoen. So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek. Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....


Maar wat ookal die "gelowe" betrokke en die redes vir die oorlog ... aan beide kante, dit is verkeerd om mense dood te maak en niks en niemand kan dit regverdig nie.

12 comments:

Anonymous said...

Mens sien die foto's van die kinders wat dood is/seergekry het, en jou hart ruk. Ek kan nie help nie, maar ek probeer my altyd indink hoe EK sou cope in so situasie, magteloos om my kinders te beskerm.

Pragtige foto's van die woestyn. Ek sou dit regtig eendag wou sien.

Hoe gereeld kry julle reen? Snaaks om te hoor dit reen in die woestyn, maar dit moet seker af en toe daar reen!

Nimsi se Blog said...

Hello Sandra,
Weet jy ons hele gesin is versot op jou blog... vir al die feite en mooi foto's wat jy altyd met ons deel.
Dankie!!!
Nimsi

Anonymous said...

Ek stem saam Boendoe dis 'n baie sinnelose oorlog en soos ek se, mense se verskille regverdig nie 'n oorlog nie. As jy kan inkom, loer bietjie by 'n Midde-Ooste tv kanaal Jazeera en sien watter propaganda stuur hulle in die Midde Ooste rond.

Na al jou ekskursies in Angola sal die woestyn 'n lammetjie wees vir jou :-). En reen af en toe is presies wat ons kry alhoewel dit deesdae bietjie meer is, maar omtrent 2/3 keer per jaar en dan net in paar minute neerval.

Bly julle kuier lekker hier Nimsi, dis lekker om die inligting te deel.

mariki said...

Jiippiiiee vir julle reën! En dis kostelike foto's, ja, en verstommende bedrae geld. Ek herhaal my standpunt: oorlog is van die duiwel self.

Desire Fourie said...

Sjoe, ek kan amper nie glo dit kan ook reen daar by julle nie, geen wonder die verkeer staan stil in bewondering nie. Eks mal oor die foto van die kameel met die betontoneel agter ... sulke kontraste. Stem saam geld kan nie alles regmaak nie. Mooi bly.

Sandra said...

Stem saam Mariki. Ek dink nie hulle weet eers regtig hoekom hulle baklei nie

Mens moet die reen die paar minute wat dit val geniet Desire want dis so vinnig oor en verby en dan wag mens weer maande.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Baie dankie vir hierdie berig. Dit is nogal lekker om iemand anders se siening oor die gebeure ook te kan lees en om te weet dat ons almal dieselfde oor die gebeure voel.

Dit is nou maar eending - 'n oorlog saai verwoesting, maak nie saak hoe mens daarna kyk nie.

Groete

Desia said...

Hier leer ek al weer iets nuuts - geen varke en geen Israel? "Only in ..." seg julle seker gereeld!

Thea said...

Ai maar ek's bly dat julle darem ook so 'n ou bietjie reën gekry het! En dis vir my nog steeds baie snaaks om te dink dat dit koud en nat in 'n woestyn kan word. :-)

Ons het in die week met 'n persoon besigheid gedoen wat 16 jaar gelede uit Joegoe-Slawië (is die spelling reg??) moes vlug a.g.v. die oorlog daar. Hy is 'n elektriese ingenieur en het ook al in Irak gewerk. Hy't ons vertel hoe hy met feitlik niks hier in SA oor begin het. Sy dogter vlieg môre NZ toe om daar te gaan werk en bly omdat sy al twee keer in die loop van 'n rewolwer hier moes vaskyk.

Nee kyk, ek stem, oorlog is en bly verkeerd en dit moet verskriklik traumaties vir 'n kind wees om dit te beleef!

Sandra said...

Ek stem Beatrix mens kan dit nie goedpraat nie.

Desia kan jy dink hoe verbaas mens moet wees as jy 'n land ontdek waarvan jy nooit geleer het nie :-)

Thea ek's seker dis erg vir die kinders. Ek kan my skaars indink hoe dit vir die vroue en miskien van die mans moet voel om jaar na jaar oorlog te maak - ek wil amper vra "vir wat"

Muriel said...

Ag hoe mooi lyk die reën!!! Ek is bly julle het ook lafenis gekry! 17 grade soos ek dit nou sien is darem nie te koud nie!!

Ek het mos gesê hierdie Sheiks is oulike mense ;) Hulle deel hulle geldjies maklik uit. En ons weet mos:

Hoe meer jy gee, hoe meer kry jy terug!!

Weird van die varkies wat rokke aankry!!!

En nou gaan ek Jazeera kyk! :)

Charmaine said...

En nie net reen nie maar ook sneeu op berge wat net twee uur se ry van Abu Dhabi af en hier sit ek met sandale aan my voete. Ek geniet die reen en die koue... en ja, oorlug in grusaam. Ek kan my net verstom aan die eensydige berigte wat mens hier kry... mens weet van elke Palestyn wat doodgaan, maar die dorpe in Israel word gebombardeer en daar gaan nie mense dood nie ?!?!?!!!