Wednesday, October 8

En weg is hulle .....

Vanoggend vroeg toe die kwik nog op 27 grade was, is die Varsity seuns en meisies weg vir hulle toernooi na Oman waar hulle teen spanne van Oman, Egipte, Qatar ens gaan speel.Dit was omtrent 'n gelag en giggel van omgewondenheid, want vanjaar dink ons, vermoed ons, hoop ons, het ons 'n kans om met die trofee terug te kom. Hier is Nelmari en twee vriendinne, Jovanna en Olivereen. (Terloops nr 25 is die baba van die span) En soos altyd moes hulle wag en wag vir 'n paar maats wat laat is terwyl die sportdirekteur op en af stap want met 'n internasionale vlug moet jy mos 2 uur voor die vlug daar wees. James, mnr Campbell het vanoggend van sy eerste toer na Oman vertel toe hulle met jou twee paspoorte gesukkel het. Onthou jy dit nog? En dan besluit hulle dis tyd om te gaan en bagasie en kinders word gepak. Weereens is Suid-Afrika goed in die span verteenwoordig met Nelmari, Olivereen, Marcelle en Wynand wat daar is. Ons hoop dat dit 'n heerlike toernooi gaan wees. GO LIONS!!!

18 comments:

Charmaine said...

Ek skreeu saam... GO LIONS. Ons hou baie styf duimvas Nelmari. Geniet dit!!

Anonymous said...

Geniet dit Nelmari!!

Desire Fourie said...

Mens kan al die opwinding bespeur in jou weereens uitstekende dokumentere fotos. Ek dink dis meer 'ons skree vir Suid-Afrika' hier en veral vir die baba no.25. Kan net dink hoeveel pret hulle gaan he. Groete

Anonymous said...

Dankie julle, Nelmari sal baie in haar skik wees met al die ondersteuning!

En ja Desire niemand hier in Abu Dhabi sal vir my kan se dat die mini-SA span nie die sterre is nie. Ons kan trots wees op hulle.

En ek begin nou scrapbookstudie dink met foto's. Daar word nou gekrap na oues en beplan aan nuwes.

Anonymous said...

Sterkte Lions en my sussie! Hoop maar dit gaan baie goed. Ek onthou daardie sukkel by die lughawe. Eers wou oman my nie inlaat nie en toe wil hulle my nie uitlaat nie.AI!

Anonymous said...

Seun en wat mnr Campbell vanoggend dit laat onthou het, is die feit dat 3 SAfrikaners vanoggend vir hom twee paspoorte elke gegee het -- Nelmari nogal ook. Het gelukkig nie gehoor dat sy by doeane sit nie.

Paula said...

Mag hulle oorwinning smaak! Sterkte!

Anonymous said...

ja ja Lucky!!! i miss the good old days of traveling by plane for sport... good luck sis
!!!!!!!!!!GO!!!!LIONS!!!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

dankie almal!!
Mam you forgot Jessica!!
We are 5 not 4...
Dankie Will..en James...(lol)
Im sitting in Oman and writing to you all.
(Ma, where is the camera's memory card? I only have 12 pictures left!!)
GO LIONS!!!

Anonymous said...

Skuus ja sussie ek het van Jessica vergeet. Bly jy neem foto's :-) en jy moet maar die wat jy geneem het solank aanstuur.

Sterkte vir vandag se wedstryde!
ttus ;-)

Anonymous said...

MAMA!!
You didnt give me the cable!!
We won all three games today and play two tmrw.
GO LIONS!!!

Anonymous said...

Mooi so LIONS. Se vir die span ons se baie geluk en hou styf duimvas vir more. Bly julle het Egipte hierdie keer kon wen! Kuier jy lekker?

Anonymous said...

Hai everyone
Just wanted to let u all know we are placed at Seed 1 and we will be playing in the semifinal against either the 4th or 5th Seed.
Will let u know tonight about the outcome.
tc

Anonymous said...

Sussie ons is baie trots op julle. Sterkte vir die semi en die finaal!!

Anonymous said...

Ons het GEWEN!!!!!!
GO LIONS!!!
Die seuns het sportmenship gekry...

Muriel said...

Baie geluk Nelmari!!!!!

Anonymous said...

Ons is trots op julle sussie.
GO LIOINS!!!

Anonymous said...

Mooi Sussie en Lions, die eerste keer in jare wat ek nie self gaan ondersteun nie en julle wen........ag nou ja!

Jy kan nou maar huistoe kom dat ons kan gaan roomys eet om te vier daar by Al Wahda Mall.