Sunday, May 25

Dankie funksie

Dis daai tyd van die jaar by ons wat altyd by die huis gedurende November gebeur. Die afsluiting van goeters en die gejaag om alles vir "oulaas" gedoen en afgehandel te kry. Die skole begin volgende week met eksamen, so alles moet nou "afsluit" en hier verlaat 80% van die westerlinge mos die land gedurende die somervakansie wat 3 maande lank is. (Baie Arabiere besoek ook kouer plekke maar hulle is nou nie deel van ons groepe nie). Gisteraand was dit die ECC kerk se dankie-se funksie vir almal wat by die kinder en familie bediening betrokke is. Hier staan Charmaine by Adriana wat van een van die Russiese lande af kom. Gewoonlik word dit by 'n hotel gehou, maar met die nuwe kerk kompleks wat halfpad klaar is, was dit lekker om die funksie daar te he en alles was soveel meer gemakliker. Hier kuier Corine met 'n ander Suid-Afrikaner. Ek moet se dat "ons" mense baie goed verteenwoordig was.
Alhoewel die kos amper alles dieselfde gelyk het (dis 'n indiese/arabiese ding) was dit baie lekker en het ons heerlik geeet en gekuier. Corine en Charmaine skep kos in .... terwyl Heleen baie diep dink oor wat sy gaan eet.
Elke persoon het vanjaar een van die kruise met blomsaadjies opgekry en kon daarna vir hulle 'n potjie met sand uitsoek om die saad in te saai. Corine hou een vas maar dit was nie haar finale keuse nie. Heleen aan die ander kant wou al voor die funksie die "koei" steel. Kan jy dit glo, 'n kerkfunksie en sy wil steel :-)! Min het sy geweet sy sal dit self kan kies. Baie in haar skik wys sy wat sy wil he. Charmaine het tussen al die potte met blommetjies ene moes kies en na 'n paar probeerslae hierdie een geneem.Als en als was dit 'n heerlike aand. Die "span" wat help met die Suid-Afrikaanse kinders sluit volgende Maandagaand af en ek sal beslis foto's plaas (spesiaal vir jou Heleen).

2 comments:

Anonymous said...

En toe breek Dee my blommetjiespot net so halfuur nadat ek by die huis aangekom en 'n staanplekkie gekry het vir die mooie pot... ag tog. Charmaine

Anonymous said...

Hallo Tannie, dit lyk lekker by daai kerk funksie asof julle dit geniet het, en my ma is nie goed daarmee om haar speelgoed vir die kinners weg te steek nie ne? Groete en liefde, Elriza