Showing posts with label Basketball 2008. Show all posts
Showing posts with label Basketball 2008. Show all posts

Saturday, March 8

Kort toernooi vir Nelmari

Soos met enige sport werk mens mos maar op na 'n hoogtepunt toe, en hier met die basketbal is dit die ISAC toernooi. Dis wanneer skoolspanne van ander lande teen mekaar deelneem. Die afgelope paar weke wou Nelmari nie ski Dubai toe gaan of met track and field begin nie, net ingeval sy seerkry en die ISAC toernooi mis. Met groot opwinding is daar dus Donderdag Dubai toe vertrek. (Groot genade dat hulle nie hierdie jaar in die buiteland speel nie)
Die meisies besig om op te warm voor hulle eerste wedstryd. Slegs tien spelers per span word in die toernooi toegelaat, so van die spelers moes agterbly. Al 4 Suid-Afrikaners is egter gekies om te speel.
Die eerste wedstryd is teen die tuisskool en Nelmari en Minri verdedig 'n hond uit 'n bos uit. En as hulle by hul verbykom wag Jessica nog.
Nelmari in die lug besig om 'n doel te skiet.
Dis 'n harde wedstryd met 'n bietjie "vuil" spel en die maskot en span lyk bekommerd en nie verniet nie ....
Nelmari word afgehelp nadat sy "per ongeluk" val en haar knie beseer. Ek wonder hoe sag moet 'n stampie wees as iemand wat soveel groter as die teenstaander is, plat val?
Sy's uit vir die wedstryd en saam met haar op die bankie sit twee ander SAfrikaners wat ook beserings opdoen. Lyk my die vraag is "hoe wen mens 'n toernooi? - jy skakel die Suid-Afrikaners uit?" Nodeloos om te se die span verloor die wedstryd, alhoewel net met een punt.
Het Nelmari ore? Nee! Sy speel in die tweede wedstryd en moet vroeg afgaan. Gelukkig wen die span die wedstryd.

Wanneer Nelmari Maandag terug is van die toernooi wat sy nou in 'n rolstoel/krukke bywoon, en nie iets wil mis nie, sal ek 'n update oor die knie en hopelik foto's van gebeure gee.

Wednesday, March 5

Sport hou ons besig

So kry ek die ou rekenaar terug van die hospitaal nadat hulle reggemaak het en geback-up het en raai wat? Net 'n tiende van die foto's is op die backup file, so waar is die res? Nou moet ons alles weer oordoen en die ouens wat ek nog nie kon blog nie, kom nou skotvry. Hoe regverdig is regverdig?
Intussen het daar darem nie niks gebeur nie, Nelmari het twee basketbal wedstryde gespeel ter aanloop van die Internasionale toernooi (ISAC) wat hierdie naweek in Dubai plaasvind.
Maandag het hulle weer teen die Britse skool Al Khubairah gespeel en hulle goed gewen. Hier is 'n paar aksie foto's. Klein Maddie moet behoorlik in die lug hang terwyl sy vir doel skiet.
Nelmari en Minri gee vir die spelers 'n harde tyd met die verdediging. Die maskot Lion staan en toekyk.
Kyk net hierdie SA verdedigingstoebroodjie --- waar moet die speler nou heen?
Die eindtelling en ons wen goed. Die span het ook gister (Dinsdag) teen Emirates National skool gespeel en 35 - 0 gewen. Of dit nou genoeg voorbereiding is om die spanne van die ander lande hierdie naweek aan te durf, weet ek nie, ons hoop so.

Thursday, February 21

Basketbal ADSAC

In hierdie dorp begin die sport seisoen vinnig en na drie wedstryde speel hulle al die eerste toernooi. Dis nie soos by die huis wat die kinders laaaaaank voor die tyd begin oefen nie, die arme goedjies moet dadelik in die diep kant ingegooi word. Vanjaar se ADSAC was maar vinnig op ons en ons ouers se arme senuwees is behoorlik beproef.
Die dogterspan wat ek nog steeds sê is 'n baie goeie span ondanks gemengde welslae, het hard gespeel, maar ai tog wanneer hulle by die doelskiet kom was dit 'n gesukkel. Seuns ek weet nie wat is dit met hierdie ringe dat ons spanne altyd hier by ACS so sukkel nie? Hulle het nouwel nie in die finaal gespeel nie, maar kon al die wedstryde wat hulle gespeel het, gewen het. Die twee wat hulle verloor het, was beide slegs met een punt. Nelmari was glad nie gelukkig nie en het heeltyd gekla dat sy dit haat om met een punt te verloor.Maar soos haar ander vyf maats het hulle hul harte uitgespeel en kan ons trots wees op die dogters. Binnekort is dit die ISAC (Internasionale kompetisie) en dan gaan die dogters teen nog sterker opposisie deelneem. Die foto's is sommer net Nelmari in aksie tydens die toernooi.
'n Ernstige spanpraatjie teen ACS.
Nelmari langs die baan af teen AIS
Hier gaan sy weer. Sy het 'n paar goeie doele geskiet en ook goed verdedig. Die arme ander spanne wat met die 3 lang SA verdedigers sukkel maar.

Die meisies vat 'n ruskansie. Hulle eindig algeheel 3de. GO LIONS!!

Wednesday, February 13

Naelbyt stryd

Vroeer die week het ons teen AIS (Abu Dhabi International School) gespeel en ons het nogals gedink dit sal 'n baie maklike wedstryd wees. Maar o wee, hulle het 'n meisie wat 3e skiet (seuns wat is die regte naam vir dit?) en dit beteken dat haar span nie veel hoef te doen behalwe om die bal iewers in sig van die doel vir haar te gee nie. Sommer gou-gou was ons agter.

Die leeu wys sy spiere en moedig die span aan.
Die juffrou bespreek ernstig verandering in taktiek en hoe om nr 9 te keer om doele te skiet en die kinders luister mooi want na rustyd verander hulle spelpeil. Nelmari het 'n paar goeie bewegings af na die doel toe waar sy punte aanteken en gou-gou is ons voor met genoeg punte dat die ouers op die pawiljoen se senuwees kan rus.

Hier skiet sy 'n strafdoel.

Friday, February 8

Sport met gemengde welslae

'n Koue en besige sportweek sal hierdie week seker die beste beskryf. Ons het regte winter hier in die woestyn en die bietjie warm klere wat mens het, word behoorlik opgebruik.
Sondag is Nelmari hulle Dubai toe vir 'n wedstryd teen DAA. Die span het goed vertoon en waar DAA hulle gewoonlik ore aansit, was die eindtelling slegs 3 punte verskil. Dit voorspel 'n goeie seisoen.
Dinsdag kyk ons na 'n baie eensydige wedstryd toe die dogters teen Al Nahda speel. Hulle loop so ver voor dat daar by tye groot insinking in die span en toeskouers se aandag is. Hier is Nelmari oppad om 'n doel te skiet. Die skeidsregter verduidelik en Minri se kyk vertel my sy glo hom nie eintlik nie.
Ek het hierdie week ook na 'n klein Suid-Afrikanertjie Jennifer gekyk. Sy het haar eerste wedstryd bygewoon en elke keer as sy Nelmari op die baan herken hierdie gesiggie opgesit.Woensdag het 'n moee span teen hulle aartsvyand ACS te staan gekom. Hier word die spelers aan die toeskouers voorgestel.
Al verdedig Nelmari en haar spanmaat goed, het ACS nie 'n probleem om die punte teen ons op te stapel nie.

Hier kry sy die bal weg van die teenstaander, maar dis nie genoeg om die wedstryd te wen nie. 'n Lekker verloor maar die seisoen het nou net begin en ek het moed vir die span.

Wednesday, January 16

Nog 'n sport

Ek en William is nouwel al vir 'n paar dae in Suid-Afrika, maar in Abu Dhabi gaan nie normale werk en skoolprogram voort tot more wanneer die balans van die Holloways SA toe vlieg. Nelmari se nuwe basketbal seisoen begin in alle erns, en hier is die verslag vanaf Abu Dhabi

So begin die 2008 Basketbal seisoen weer in alle erns, na slegs 3 of 4 oefeninge.
AISA speel hul eerste wedstryd van die jaar teen hul aardsvyande ACS, en nogal by hulle skool. Kinders almal opgewonde oor hulle weer kan speel, maar vir een was die Pa nie so seker van die saak nie. Rede hiervoor is dat die span vanjaar omtrend heeltemal nuut is, met slegs 4 wat al 'n tydjie saam aankom en waarvan 3 van die 4 in elk geval Suid Afrikaners is. Hier warm die spanne op. Die span speel hul hart uit en Nelmari blink uit in haar nuwe posisie, die van "blokker", maar dit gaan maar erg swaar vir die span.(AISA doen dit altyd met die eerste 3 wedsryde, net om die ouers se senuwees nerwe te hê) Na die eerste periode is hulle 12/2 agter, na die tweede 18/2 (hard gespeel tydens daardie 7 minute), na die derde 25/8 en die wedstryd eindig op 29/12.
Nelmari skiet dan ook op 'n stadium vir doel nadat sy uit die pad gestamp is. Punte! Hulle doen egter heelwat beter as the Varsity span, wat 43/6 verloor.

Aan ondersteuning ontbreek dit ook nie, want soos altyd sit die Suid Afrikaanse ouers getrou lanks die baan. 'n Sekere sussie het ook haar ouboet van Bloemfontain af daar, maar die lyk nie erg opgewonde oor die spulletjie nie!

Dit is duidelik dat Minri en Nelmari se lengte vanjaar deel van die span se "plan" sal uitmaak, maar met Nelmari se lang arms wat orals kan bykom sal sy seker baie afklapwerk moet behartig. Daar is juis 'n ACS dogter of twee wat baie groot geskrik het toe sy teen die "Amazone" te staan gekom het, wat dadelik tot 'n nuwe bynaam aanleiding gegee het.Nelmari se ander blok foto hier!