Showing posts with label Marcel. Show all posts
Showing posts with label Marcel. Show all posts

Monday, August 20

William groet sy pelle

Julle weet nou dat die man SA toe vertrek het vir 'n kuiertjie saam met James en om in te skryf by die universiteit en nog 'n klomp ander goed op 'n lysie. Hy's veilig daar en het reeds sy "eerste" verslaggie gestuur, wat ek bietjie later die week met julle sal deel. Wil darem eers die foto's wys van sy "laaste" aand in Abu Dhabi saam met sy pelle. Ek het nou nie 'n verslag van hom van die aand gekry nie, net so die hoofopskrifte.
Marcel, William en Marnus by Chilli's
Dit sal net William wees wat sy Chilli fries afneem. Ek wonder sal hy dit mis?
Oppad na die mall langs Chill's. William spring oor Marcel. Lyk amper nie of hy dit maak nie.
Die manne gaan sing bietjie en "sny" 'n CD vir oulaas
Dit lyk na 'n liedjie met gevoel .....
Ja, nee kyk ..... baie gevoel
Selfs 'n paar danspassies
William neem 'n klein videotjie van die manne wat sing en ek hoop julle sal dit kan sien. My eerste keer om so iets op die blog te probeer. Ek vermoed dat hulle dit wel ver in die musiekbedryf sal bring ..........veeeeeeeeeeeer van mense af.











Saturday, May 19

EERSTES en LAASTE

Die afgelope week het ek ietsie van elk beleef. Verlede Vrydag was dit die eerste byeenkoms van ons tweede kindergroep wat afgeskop het. Daar was nie baie kinders nie, ons moet nog ernstig "reklame" maak, maar die paar wat daar was het vinnig die liedjies en bewegings opgetel en gou-gou saam gedans en sing. Ons het 'n kort lessie oor Praise en Worship gehad, waarna hulle "harpe" gemaak. Ek wil amper sê hou hierdie spasie dop, want ek's seker dat hierdie groepie nog mooi sterk gaan groei.

Hier sing hulle ons God is 'n Wonder God
Hard aan die harpe maak

Die omgeegroep het ook 'n nuwe "baadjie" gehad. Ons ou groep het opgedeel in klein groepies wat elkeen sy eie "tydelike" groepie moes stig om so uit te reik na ander en ook uit te gaan en nuwe mense te betrek. Dit was 'n sterk boodskap wat ek gehoor het ons moet doen en die gedagte was dan ook om weer as 'n groep bymekaar te kom na 7 weke met nuwe lede. Eerlik weet ek nie of die hele "ou" groep weer na die breuk bymekaar gaan kom nie, maar ek het gedoen wat ons aangesê was om te doen en nou kan ons dit net in Vader se hande los.



Die nuwe groepie waarna ons uitgereik het is almal vrouens en het Sondag vir die eerste keer bymekaar gekom. Alhoewel almal soort van nuut vir mekaar was, het die groep gou "gekliek". Toe een van die dames 'n swak oomblik beleef was dit asof hulle onmiddelik laer trek en ondersteun het. Dit was wonderlik om te sien hoe mense mekaar aanvaar en "vat" sonder voorbehoud. Ek's geweldig opgewonde oor die res van die 5 weke met hierdie groepie vroue. Omdat dit Moedersdag was, is ons elkeen ook huis toe met 'n roos.
Verversings na die tyd. Hier is drie van die vrouens. Die ander is gelukkig die foto's nie so goed uitgekom nie. Volgende keer ouens!


Maar daar was ook 'n laaste keer... 'n Laaste keer waar William die Kindergroep bygewoon het as 'n skolier. Ek's baie trots op hom dat hy ondanks sy ouderdom nog getrou (partykeer met 'n bietjie dwang) die groep bygewoon het.



Dit was so goed vir die jonger manne wat nou begin skaam wees en dink dis nie "cool" om te sing en dans nie, om die ouer manne te sien dit doen. Hier is hy en Marcel besig om saam te dans en dit was nie lank nie, toe is die jonger manne ook besig om dit te doen.



Wys jou mens kan orals n goeie en slegte invloed op die jonger kinders hê en Maandagaand het die twee jong manne 'n goeie voorbeeld gestel wat nagevolg is.



Mooi so Marcel en William!!!