Tuesday, July 10

Ons pas baba op en sy word groot!

Ons het weer bietjie kans gehad om na klein Emily te kyk en weereens het ons dit so geniet. Soos 'n ouma spog ek graag met haar vordering en hoe oulik sy nou is.



Baie gou is die boks met sagte speelgoed van Nelmari uitgepak

Is sy nie oulik met daai donker ogies nie?
'n Bietjie moeg dink ons ....


Dit was net skyn en sy glimlag omdat sy ons so lekker uitgevang het.

Nooit te jonk om kitaar te leer speel nie. Sy hou van die klank en "pick" baie saggies die snare.
Dan is dit tyd vir bietjie storielees - in Afrikaanse boeke! Die Spaans en Engels moet maar wag tot by die huis.
Die sagte speelgoed kry ook bietjie water om te drink. Sy's veral lief vir die kat. Arme Begeera bly maar net ver en uit die pad.
En dan eindelik gaan sy lê op die kussinkie wat Nelmari vir haar gemaak het. Dit hou net vir 10 minute.


Toe is dit tyd vir die apie om water te drink.

Dit was 'n lekker besige dag en ons het 'n moee Emily vir haar ma gegee. Toegegee ons was net so uitgeput maar kan nie wag tot die volgende keer wat sy weer kom kuier nie.








3 comments:

Anonymous said...

WOW! Ek het al daai kitaar al gesien maar agter iemand anders.
Ek wonder wie dit was??

Sandra said...

Ja jy is reg sussie. Ek dink ek moet dit vir almal wys later die week. Wonder of hy braaf genoeg sal wees om die vriendin te wys?

Anonymous said...

Julle is net jaloers op my sexy lyf! :P