Showing posts with label Ou foto's. Show all posts
Showing posts with label Ou foto's. Show all posts

Saturday, September 22

Familie - deel 2

Soos belowe hier is nog 'n paar foto's vir die familie om te help identifiseer. Ek hoop dat die spoed bietjie beter is, en dat die oe en die brille goed werk ......

Daar is nog geen nuwe inligting oor die reunie nie, en ek hoop regtig dat ons die terrein hierdie week uitgesorteer sal kry. Alles is half op "ys" op die oomblik totdat ons hierdie deel afgehandel het.
Ek het oulike staaltjies begin ontvang, en ek glo dat die foto's ook heelwat herinneringe sal terugroep .... baie dankie daarvoor en ook vir die foto's wat ek elke dan en wan ontvang.


Laat my bietjie weet wie julle hierop herken!!! Ek het die spoed stadiger probeer maak.

Wednesday, August 8

Vat 'n raai ....



Sommer 'n ietsie anders vandag.

Hier is ou foto's en nuwe foto's wat ek nooit andersins kan wys nie. Raai bietjie wie die 15 persone op die 13 foto's is en staan 'n kans om iets te wen.

Ek weet party sal baie maklik wees en ander nog meer maklik, maar probeer tog. Die een met die meeste reg name wen ... indien van die UAE "iets van die huis" en indien van SA "iets van die UAE".

Ek weet dis slegs vir 'n klein groepie mense, maar hou dop, binnekort het ek iets waaraan almal kan deelneem.

Friday, July 13

Nuus oor Reunie











Die insameling van inligting met die beplanning van die Reunie het met 'n spoed weggespring en op die oomblik gaan dit stadig om die laaste bietjie in te win. Hier is 'n volledige "update" tot dusver ....


Eerstens het die volledige inligting van al die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gesoek sodat ons ALMAL kan kontak en probeer om ALMAL daar te hê. Dit was sover wonderlik om van niggies en nefies te hoor wat ek jare laas mee kontak gehad het. Daar was nie regtig direkte kontak met die Viljoen broers/susters nie, maar ek aanvaar ook dat dinge soos rekenaars ens. nou nie so hoog op hulle prioriteitelys is nie. Die uitsondering was tannie Omie wat gereeld vir my sms (en nog steeds het ek nie al haar inligting nie). Op hierdie stadium het ek ten minste EEN van elke gesin wat ek inligting van kan kry en dis wonderlik! "Head count'' van mense wie se inligting ek sover het is: 14 van die kinders en hul gades, 50 kleinkinders en gades (hier is nog 'n paar uitstaande), 42 agter-kleinkinders en gades (heelwat uitstaande) en 10 agter-agter-kleinkinders. Die idee is om op die reunie 'n boekie of iets beskikbaar te hê vir elke gesin waar almal se name, kontakbesonderhede en verjaarsdae in is.


Tweedens 'n datum vir die reunie .... Volgens die peiling wat ek op die blog het, is die naweek van 19/20 Januarie die keuse. So mense boek solank daardie datum!!!


Derdens 'n terrein. Daar sal binne die volgende tien dae hieraan aandag gegee word en ek laat weet julle sodra ons meer inligting het. Ek kan net noem dat die eerste keuse in die Kaap is met Abu Dhabi die tweede keuse :-). As julle van 'n lekker terrein weet, laat my weet.


Die program? Daar is nog nie veel aandag aan gegee nie behalwe die rondgooi van gedagtes en terugvoering van julle sal waardeer word. Ek weet dat ons gaan KUIER en OPVANG met al die nuus en daar SAL geEET word! Enige idees is BAIE WELKOM en NODIG!!

Dus ouens ek het julle hulp, inligting en raad nodig .... laat van julle hoor!


Kyk bietjie na die slide-show van die broers/susters/kleinkinders op vorige reunies!! Dankie Ronelle vir die foto's. Wie herken vir wie?



EK BENODIG NOG KLOMPE OU FOTO'S VAN ALMAL EN STAALTJIES EN STORIES!!










Tuesday, July 3

Wie herken jy?


Soos julle sal agterkom, die ouens wat gereeld lees, is ons besig om te beplan aan 'n lekker familie Reunie iewers in die nabye toekoms. Dit was so lekker om van die ou foto's te kry, dat ek 'n paar deel. As julle iemand herken, laat bietjie weet deur te "comment" of 'n boodskap in die gasteboek te los. Wie weet daar mag dalk 'n prys wees ... (Ronelle jy mag nie deelneem nie).