Tuesday, June 5

Mens se pa is nie altyd reg nie

Dis goed om te luister na "ouermense" se raad, en te kyk na hulle voorbeeld, maar dit beteken nie jy hoef alles na te volg nie. Meeste van die kere is dit wyse raad wat praat uit ondervinding, maar sommige tye is dit "te slim wees" raad en voorbeelde wat nie noodwendig wys is nie. Dit het William gister agtergekom en gelukkig het dit hom nie gekos nie.




Naby ons huis is daar 'n vierlaan "straat" wat onlangs gehou is. Sonder dat ons hoef ompad te ry is daar spesiaal 'n U-draai vir ons om die middeleiland gebou. Dis net hier wat ons moet draai om in ons straat te kom.




Aan die einde van die U-draai is waar ons probleem begin. Sien ons afdraai straat is eintlik na regs langs daai villa af en nie na links soos die pad gaan nie.
Die foto is geneem by die U-draai stop en wys die pad waar ons eintlik moet afdraai na regs.

As jy hom nie kan vat nie is die volgende afdraai hierdie pad wat soos julle kan sien eintlik 'n uitglip baan is. Dus ...volg mens jou pa se voorbeeld en draai regs by die U-draai pad teen die verkeer in om in ons straat te kom.

Tot jy by die huis stop en agter jou in die stilligheid het 'n verkeerspolisie ingetrek... Dan krises op krises verstaan die man g'n Engels nie (Afrikaans kan mens nie eers probeer nie). Hy wil die motorpapiere en lisensie sien. Arme William probleem verduidelik dat mens g'n ander manier by die huis kan kom nie, want die man verstaan nie en eintlik nie, bly sĂȘ "illegal turn". Hy moes toe agter die man verkeersafdeling toe ry sodat iemand wat kan Engels praat vir hom dit verduidelik.

Gelukkig het hy 'n geldige lisensie wat amper 'n jaar oud is en hy mag huistoe met slegs 'n vermaning om "round the block" te drive om by die huis uit te kom. Sy kommentaar - "Dis hengs warm en daai ou lyk net so warm onder die kraag toe hy agter my stop, vir wat ry hy in die hitte op 'n motorfiets? Dankie tog die ander ou was vriendeliker, maar dink ma nie dis cool dat ek dit so goed hanteer het nie?"





1 comment:

Anonymous said...

O ja! En nou wonder my gesin hoekom het ophou gebruik maak het van daardie "kort afdraai" en nou tot by die einde van die straat (verkeersligte)ry en dan terug draai.

Onthou, hierdie is die Golf. Dink wat maak sin en doen die teenoorgestelde!