Anders as die rugbykoors wat hoog loop in SA en dit 'n blou- of oranjekoors is, is dit die rooi koors wat hierdie week in Abu Dhabi loop. Natuurlik sal ons ook in die dorp mense met bloubul of cheetah hempies sien, maar meeste wat leef en beef praat net Grand Prix en wat alles daarmee gepaart gaan.
'n Hele paar maande terug het Eddie en James reeds kaartjies vir die geleentheid gekoop en in my oe was dit vrekduur. Die passiespele se pryse is vulletjies (meer daaroor later). En net toe hulle verlede week die kaartjies aflewer, wen hy 2 beter kaartjies. Gelukkig kon die ander verkoop word, maar dis waaroor dit hierdie week in die Holloway huishouding gaan en kyk net hoe gelukkig lyk die man met sy 4 dae kaartjies in 'n losie nogal met al die konserte ingesluit. Prys waarde van R20 000. (Dis darem nou vir 2 mense)
Donderdag reeds is die eerste besoek na die nuwe besonderse baan wat spesiaal vir die resies gebou is gemaak - om die "pits te besoek" nogals. Kyk ek is nou nie 'n karretjie fan nie, want mens hoor net woooerrrrm woooooeerrrm elke paar minute vir 50+ rondtes. Maar aan die aantal mense wat by die hekke in is om net te "gaan kyk" is daar heelwat mense wat fans is.
En dan gaan jy nou om iewers te staan en te kyk hoe ander mense hulle karre skoon maak? Ek wens iemand wil myne kom was :-).
Dis baie duidelik dat hierdie baan ook sy eie unieke kenmerke gaan he. Waar anders gaan jy 'n kameel by die kinders se Porsche speelplek kry of arabiese sitplekke onder grasdak? Of beamptes met wit en swart rokke.
Alles is deur die mense beloer en die bestuurders en hulle spanne het rustig aangegaan met voorbereiding om die motors reg en skoon te kry - soort van 'n karretjie dieretuin lyk dit vir my.
Kyk net hoe het die troppe mense orals rondgestaan en foto's geneem.
Dele van die besonderse baan van hierdie wedren wat anders as ander in die aand gaan plaasvind. Natuurlik saam met die wereld sportgebeurtenis is daar ook 'n klomp kunstenaars ingevlieg wat elke aand 'n vertoning lewer. As jy kaartjies vir die GP het, sluit dit die konserte in. Van die kunstenaars wat optree is Beyonce en Aerosmith. Skuus ek weet nie regtig wat hulle sing nie maar die kinders sal weet.
Maar die GP gaan mos eintlik oor die karretjies en vir dit is die manne reeds vroeg dag 2, gisteroggend uit om die proefrondtes te gaan kyk - hoekom? Omdat hulle kaartjies het en kan dink ek.
Hulle sitplekke is in 'n losie iewers met 'n great uitsig en 'n lekker eetplek met hope kos.
James wou duidelik nie heeltyd stilsit nie en hy't bietjie gaan shopping doen in die GP "winkels". Leane onder regs word jou geskenkie gekoop aangesien jy 'n McLaren fan is.
En so tussen die karretjies, eet en shop deur het die dag uitgehardloop en dit het begin aand word. Maar kom more is ek seker die manne is weer daar om te kyk totdat die rugby begin.
Ek self gaan bietjie uitmis op die rugby want ek gaan in die hospitaal wees, maar aangesien die beste span nie speel nie, sal ek nog steeds vir die tweede beste span duimvas hou!
Lekker rugby kyk!
 
 
 Die seuns wat nie 'n te goeie tyd beleef het voor die toernooi nie, lyk baie ernstig voor hulle vertrek, met een van hulle ster spelers in gips.  Die jongspan het 'n nie te goeie toernooi beleef nie, maar volgende jaar is hulle nie meer groentjies nie.
Die seuns wat nie 'n te goeie tyd beleef het voor die toernooi nie, lyk baie ernstig voor hulle vertrek, met een van hulle ster spelers in gips.  Die jongspan het 'n nie te goeie toernooi beleef nie, maar volgende jaar is hulle nie meer groentjies nie.   Die dogters wat 'n redelike goeie seisoen beleef is vol smiles met hulle lionette paws en al, reg vir die groot toernooi oppad lughawe toe.
Die dogters wat 'n redelike goeie seisoen beleef is vol smiles met hulle lionette paws en al, reg vir die groot toernooi oppad lughawe toe.  Die toernooi vind plaas in Muscat wat die hoofstad van Oman is.  En dis omtrent al foto's, behalwe nog van haar host se kat wat ek oor die dorp gekry het - duidelik was dit nie eerste op die lys nie.  Op die foto bo-regs is een van die spanmeisies met 'n stukkie lap om haar (deel van 'n bellydance uitrusting) - die spanlede het elkeen een gekoop .... vir wat weet ek nie.
Die toernooi vind plaas in Muscat wat die hoofstad van Oman is.  En dis omtrent al foto's, behalwe nog van haar host se kat wat ek oor die dorp gekry het - duidelik was dit nie eerste op die lys nie.  Op die foto bo-regs is een van die spanmeisies met 'n stukkie lap om haar (deel van 'n bellydance uitrusting) - die spanlede het elkeen een gekoop .... vir wat weet ek nie.  Hulle speel uitstekend in die toernooi en word na die uitdunrondtes eerste gekeur.  Die semi's verloop ook goed en uiteindelik is dit tyd vir die finaal - en nou behalwe vir die paws en voete moet die gesigte ook gedoen word.  Iewers het van die spanlede deurmekaar geraak met die haka dink ek.
 Hulle speel uitstekend in die toernooi en word na die uitdunrondtes eerste gekeur.  Die semi's verloop ook goed en uiteindelik is dit tyd vir die finaal - en nou behalwe vir die paws en voete moet die gesigte ook gedoen word.  Iewers het van die spanlede deurmekaar geraak met die haka dink ek. Soos julle kan sien was sy orals, op die grond, in die lug en het verskeie blou kolle as bewys.  Volgens haar broer het sy 'n uitstekende wedstryd en toernooi gehad en dis nogals baie gese want hulle is ook mekaar se grootste kritikus.  Net soos die curriebeker halfeindstryde is dit 'n taai wedstryd met slegs 'n twee punte verskil op die einde - jammer Lionettes julle het hard probeer, met mode en spel .... maar volgende jaar gaan julle dit doen!!! Ek sien 'n sekere afrigter wil al klaar 'n plek boek om julle afrigter te wees :-).
Soos julle kan sien was sy orals, op die grond, in die lug en het verskeie blou kolle as bewys.  Volgens haar broer het sy 'n uitstekende wedstryd en toernooi gehad en dis nogals baie gese want hulle is ook mekaar se grootste kritikus.  Net soos die curriebeker halfeindstryde is dit 'n taai wedstryd met slegs 'n twee punte verskil op die einde - jammer Lionettes julle het hard probeer, met mode en spel .... maar volgende jaar gaan julle dit doen!!! Ek sien 'n sekere afrigter wil al klaar 'n plek boek om julle afrigter te wees :-). Die "brandstof" kan dan gebruik word vir taxis, trokke en busse waarvan hier duisende is. Ek vermoed dit sal ook meer "groen" wees as die huidige brandstof.
Die "brandstof" kan dan gebruik word vir taxis, trokke en busse waarvan hier duisende is. Ek vermoed dit sal ook meer "groen" wees as die huidige brandstof.