Saturday, October 17

Ai, wat’s volgende

Dis 'n sportdag soos min met halfeindstyde orals. Selfs daar in Oman waar die kinders tans besig is met hulle volleyball toer is dit die dag van halfeindstryde. Ongelukkig kan ons slegs die rugby op TV volg, maar in die gees is ons ook by ons Lions en hou styf duimvas vir die eindstryd. Dis omtrent waar die ooreenkomste eindig want "my" spanne se voorbereiding was toetentaal verskillend. Waar die rugbyspelers hard voorberei het, het die dogters besluit om die aand voor hulle vlug hulle naels te laat doen.

Page6
Ok onder normale omstandighede is dit 'n heel girly ding om te doen, maar voor 'n toernooi wat die meisies se naels nagegaan (en selfs geknip word as dit te lank is) en waar die bal die naels kan breek, en en en .... hoe normaal is dit?


Omdat die tipe "besighede" agter geslote deure en gekleure glasvensters plaasvind, was die plekkie nogal 'n groot verrassing - siende dat ons ook gereeld by die deur verbystap in die sentrum. Alles, glo my net mooi alles was in die ses kleure van die plek en met 'n waterfontein in die middel en sagte musiek wat speel was dit regtig 'n besonderse atmosfeer - totdat die dogters, direk na hulle wedstryd teen die onnies lawaaierig daar inloop. Ek dink nie die plek gaan ooit weer dieselfde wees nie.

Page2

Nadat ek "toestemming" gekry het om foto's te neem - only the girls mam, het ek 9 baie ywerige modelle gehad. Dit was hande en voete wat behandel is .... ja die voete moes ook gedoen word ... en ek het gewonder wie die toonnaels in die "span-kleure" gaan sien tydens die wedstryd waar hulle veronderstel is om volleybal skoene te dra!

Page4

En toe die soektog om die regte "blou" te kry vir die naels! Wat ook 'n geskarrel afgegee het is dat die dogters "lion-paws" en in goud nogals ook op die naels wou he. Nelmari was die proefkonyn vir die eerste paws en daarna is almal s'n gedoen!

Page5

En ja .... die voete het ook "paws" gekry :-). Amper drie uur later het daar 'n stilte oor die salon gesak toe die "lionettes" (nou is hulle nie meer lions nie) met hulle blou en goue paws uitstap oor die glasvoer met klippertjies - reg vir die toernooi!!

Of dit vandag gaan help weet ek nie, ek kan net se....


GO LIONS of LIONETTES

14 comments:

Desire Fourie said...

Dit lyk na groot pret ... en ek moet se daardie blou is perfek. Voorspoed met die wedstryde.
Mooi bly

retha said...

Seker n aand by die spa.

Sandra said...

Hulle het dit geniet Desire en hulle het so pas deurgedring na die finaal toe - ons hou styf duimvas.

Ek sal dit nogal nie by hulle laat verby gaan nie Retha, hoop maar niemand dink daaraan nie.

Anonymous said...

LOL! Sies, Sandra! Daar dring hulle deur na die finaal, met die paws and all! :-) Wanneer is/was die finaal?

Go LIONETTES!

Sandra said...

Moenie lag nie Boendoe. Met 'n dogter van dieselfde ouderdom moet jy mos presies weet waardeur ek gegaan het :-).

Ek dink nie dis die paws wat hulle laat deurdring het tot die finaal nie - hoop elk geval nie hulle dink so nie want dan sal ek nog baie tyd met ander toernooie daar in die salon moet gaan sit.

Die finaal was gistermiddag en vanaand is hulle terug dat ek al die nuus kan kry.

Jan and Miekie said...

Dit lyk na groot pret! Hoop hulle kom terug met goeie nuus - sal maar later vanaand weer jou blog "check".

Charmaine said...

Die naels het te oulik gelyk en baie geluk met 'n goeie toernooi.

Sonja said...

Dit lyk na groot pret!Lekker om jonk te wees en drome te droom en snaakse dinge te doen wat nooit weer vergeet sal word nie!Geniet dit!

Sandra said...

Nou moet ek eers deur al die foto's en stories van beide kinders deurwerk Miekie :-). Altwee het ook siek teruggekom.

Dit sal jy wees wat haar steek in haar kwaad maat.

Hulle het pret hiermee gehad en tydens die toernooi nog meer, maar daarvan vertel/wys ek later

Anonymous said...

Tensy ek teen my oogklappe vaskyk, sien ek nie 'n update oor die uitslae nie? Of is dit vir die volgende posting? ;-)

Nimsi se Blog said...

Ek wag ook in groot afwagtig op die uitslae...
Hoop die siek kinders voel al beter.

Sandra said...

Moenie kommer nie Vlam jou "ouderdom" het niks aan jou oe gedoen nie :-).

Nims die kinders is erg siek. James het huistoe gekom vroeg al en die skoolsuster het Nelmari later ook huistoe gestuur en nou volgens Ministry reels mag sy eers weer volgende week skooltoe - hulle bang mos enigiets varkerig:-).

Wat die uitslae betref is ek besig om deur al die foto's te werk, dit regverdig 'n eie blog :-)!! Dankie vir die vra.

Anonymous said...

Nou ja toe, wikkel, wikkel. ;-)

Heleen said...

Nelmari ek like daai paw designs op die naals!!
Heleen