Friday, October 2

Ons jaar is lekker besig

In hierdie woestynland begin die "nuwe" akademiese jaar mos in September, en vanjaar was dit selfs later met die Ramadan vieringe, maar toe dit verby is, het alles met 'n groot "bang" begin. Daar uit die Langkloof vra Riana so 'n tydjie terug wat het gebeur met ons poppekas, so hier is 'n kort update van die aktiwiteite waarmee ek myself die laaste tyd besig gehou het. Nadat ons orals in die land gegaan het om vir die kinders 'n poppekas te doen het die kerk in September 'n gesamentlike diens gehad waar 'n ds Elsa gepreek het.
Page1

Ons kinders het toe bymekaar gekom vir 'n groot poppekas aanbieding. Die gesiggies terwyl Flatman & Bobbin gepraat het, was iets om te aanskou.

Page2

Dis ongelooflik hoe vinnig die jonger kinders met hierdie poppe gebond het. Hulle het kom groet asof dit 'n spesiale maatjie is wat hulle lank laas gesien het - daar was drukkies en koppe vryf.
Page1

Hierdie klomp het nie gepoppekas nie, maar ons vrouegroep het alweer gaan uiteet omdat sommer 3 van ons groeplede in September verjaar het. Nodeloos om te se dat ek ernstig moes sukkel om hulle te beheer. Die lang beloofde foto's Vanessa. Elke keer as ek een afneem het hulle vir my iets teruggese. Ek het 'n spesiale prys hier uit die land van die sand as iemand kan raai wat hulle terwyl hulle groot smile vir my se :-).


Page3

En dan is dit fototyd met die Marina Mall op die agtergrond. Lyk hulle nie goed "afgerig" vir die foto's nie? Behalwe natuurlik die een wat die boom wil klim. Sal nie jou naam se nie Heleen. Annie jou "pose" gaan ver ne? Links onder is twee van ons verjaarsdagmaats terwyl die derde een besig is om in 'n land te toer wie se naam ons nie in hierdie land mag se nie. Intussen het ons groepe met ons lesse begin, dis nou die kinders en vrouens.
Page3

En hierdie naweek was daar weer 'n gaspredikant en het almal in Dubai bymekaar gekom - en weer was Flatman & Bobbin daar met 'n lessie wat hierdie keer oa gegaan het oor 'n donut dief. Ons groep was 30% meer as die vorige keer en die kinders begin nou vreeslik goed reageer op die poppe en hul lesse.

Page4

Natuurlik om by die les te pas het ons lekker donuts geeet, kyk net hoe geniet van die kinders dit.
Page5

Die poppekas is ge-high-5 en gedruk en noudat die band tussen die kinders, is die interaksie tussen die poppe en die kinders tydens die lessies iets baie besonders. Groot pret en oor 2 weke doen ons dit weer.

Geniet julle naweek!


7 comments:

Heleen said...

Hey jy, dit is altyd so nice om na al die foto's en info op jou blog te kyk. Wil net nogmaals vir jou en Charmain dankie se vir die lekker ete, julle het ons regtig bederf. Weet jy ek kan regtig nie onthou wat die woord was nie, he he he ...
Lovies Heleen

nikita said...

Julle lyk behoorlik besig. Ons het ook met 'n "bang" begin en sommer die afgelope week 'n Ofsted Inspeksie (skool inspekteurs) gehad...als het darem goed afgeloop, ek voel al klaar ek het 'n vakansie nodig! :) Sterkte met al jul aktiwiteite.

Sandra said...

Heleen, "Jy kan nie onthou nie?" - en dit van die vrou wat dit eerste gese en die ander beinvloed het!?!?

Nikita ek's bly ek hoef nie nog met 'n inspekteur te deel nie. Sterkte met al jou besig wees!

Thea said...

Te oordeel aan die foto's kan mens sien julle is baie besig maar ek kan ook sien daar's nog tyd vir "sports" ook. Kan ook sien daar's al goed geoefen aan die "Annie pose". Kom dit nog nie natuurlik nie Sandra? Moét daar eers 'n sekere woord gesê word voor almal smile? *wink*

Jan and Miekie said...

Lyk my julle was (is) lekker besig! En dan hou jy nog jou blog so oulik op datum ook. Ek het jou fotos baie geniet. Die kinders is duidelik mal oor die poppekas. Doe so voort!

Sandra said...

Ja Thea hulle het die "Annie Pose" al mooi onder die ken :-). Nee Thea dis 'n woord wat hulle vir my gese het omdat ek die foto's neem :-). (En dit komende van my omgeegroep)

Dis nogal fyn beplanning om 3 blogs op datum te hou Miekie, maar elkeen het sy eie dag en dan doen ek sommer 'n inskrywing of twee vooruit :-). Die kinders is mal oor die poppe en nou kan mens hulle regtig begin "gebruik".

Sonja said...

Dit lyk tog te oulik- al die kindertjies wat so aandagtig luister! En ai, daai saam kuier lyk baie vrolik en plesierig!