Tuesday, October 20

Die eiland word groter

Ek dink om die storie te vertel moet ek net 'n klein bietjie teruggaan in die geskiedenis van die dorp waar ons tydelik bly. Soos ek al vele kere gese het, is Abu Dhabi 'n eiland wat nie so baie jare terug begin ontwikkel het nie.

DSC_0083


Hier op 'n foto van die GPS kan julle die eiland kan bereik word deur twee paaie (rooi) en rondom Abu Dhabi is daar nog 'n klomp kleiner eilande.


Page1

As mens ou geskiedenis stories lees, kom die "tolbrug/fort" by Al Maqtaa voor. Hierdie klein fort is al 200 jaar oud en het jare terug gedien as 'n waghuis om ongewensde persone te keer om die eiland te bereik. Dis een van die min werklik ou geboue wat nog behou gebly het. Later het die Maqta brug gekom - dis ook die pad wat ons die dorp die eerste keer bereik het, en nog later vir al die verkeer is daar nog 'n brug direk langs hom gebou. Op die foto regs kan ook gesien word dat daar selfs nog 'n brug gebou word! Maar mens kan ook net soveel op 'n eiland ontwikkel en dan is dit vol - en glo my die helfde van die ontwikkeling het ek nog nie eers gewys nie. Dus was dit tyd om 'n nuwe eiland te ontwikkel en die dorp uit te brei.


Page2

So onder ons neuse het geboue skielik van buite die dorp uit die water begin rys en stil-stil is daar toegangs paaie vir hierdie nuwe plekke gebou. Hierdie week is die eerste van die brue, vernoem na die President van die land amptelik geopen - hulle noem dit die nuwe gateway na die UAE hoofstad.


Page5_0


'n 27 km brug oor die see, wat een deel van die vasteland, oor die eilande Yas die Saadiyat eiland met die hoofeiland verbind. Hierdie 10 lane snelweg loop oor sand en see en is alles deel van die groot 2030 ontwikkelingsplan. Terloops Saadiyat eiland beteken "Island of Happiness".

DSC_0076

Met die ry van die nuwe pad het selfs die GPS verduidelik die pad bestaan nie volgens hulle rekord nie - en binnekort glo ek dit gaan dol besig wees.


Page4_0

Een van die dinge wat ek van die land waardeer is die effort wat in stadsbeplanning en uitleg ingaan. Hier word 'n splinternuwe pad gebou wat eintlik nog deur nerens loop nie en alreeds is hulle besig om die mooiste tuine langs die pad uit te le. Op die boonste foto in die regterhoek as jy mooi jou oe op skrefies trek sal jy die Ferrari paviljoen by die nuwe Grand Prix baan sien en ook 'n groot rollercoaster wat deel uitmaak daarvan. Moenie vra hoekom nie - ek meen as mens gaan karretjies kyk hoekom sal jy op 'n rollercoaster wil ry?


Page6_0



Die ontwikkeling langs die paaie is ook in volle swang en ek sal graag die prentjie oor 'n jaar of twee wil sien.


Of mens nog deel gaan wees van die dorp se ontwikkeling weet ek nie, maar wat ek wel weet is dat Abu Dhabi nie meer die slapende dorpie van 40 jaar terug is nie.


Ek het ook geen idee hoekom hierdie foto liewers in die linkerhoek wil bly sit nie :-).

Mooi dag vir julle!


7 comments:

Anonymous said...

Amazing! Nee, regtig, lyk my die klomp Arabs is nie heeltemal toe nie, ne? ;-) (Ek sal net bietjie grillerig voel om 27 km op 'n pad oor die see te ry?)

Sandra said...

Nie heeltemal nie Vlam, net bietjie :-). Ek dink die ontwikeling en idees kom van mense wat daarvoor betaal word. Die see hier lyk soos 'n spieel en mens sal glad nie agterkom jy's in 'n rerige see nie.

Ronelle said...

Ek was 10 jaar gelede in Dubai, en as ek nou na ons Dubai vakansie foto's kyk en na Dubai soos dit nou lyk - ongelooflik !!!

Sandra said...

Luister ou nig ... jy moet ons ou dorpie Abu Dhabi nie met Dubai vergelyk nie hoor! Volgens SA tydskrifte is Dubai die bankrot stad en volgens finansiele tydskrifte is Abu Dhabi die rykstad :-).

Die verskil in ontwikkeling tussen die twee is dat Dxb die een hoe gebou na die ander bou en hier word daar ook tuine en oopruimtes as deel van die ontwikkeling gemaak. Bietjie "plaas" :-)

Ronelle said...

jammer jammer! jy weet tog wat ek probeer se?!

sal nie weer op Abu Dhabi tone trap ;-)

en... ek probeer Abu Dhabi vergeet want dis waarheen ek 'ontvoer' was vanuit Dubai

Desia said...

Jy kan al seker 'n lekker dik "before&after" foto-album saamstel met al die veranderinge, net in die kort tydjie wat ek hier lees!

Sandra said...

Ek weet :-). En jy was nie Abu Dhabi toe ontvoer nie man dit was Sharjah of Hatta se kant toe as ek so na die stories geluister het!

Ek het net nie so baie "before" foto's geneem nie Desia - wie het gedink dat die plek so kan verander. As mens na die toekomsplanne kyk lyk dit soos een van daai flieks van die toekoms.