Showing posts with label Oman. Show all posts
Showing posts with label Oman. Show all posts

Sunday, October 13

Dhow vaart om die kus

En so kry ons eintlik kans om met 'n tradisionele dhow langs die kus van Oman te vaar...

Page1

'n Paar van die Oasis groep en vriende pak die 3+ uur busrit saam met ons aan Dibba toe.  Dis altyd lekker om saam met mense te ry wat plekke vir die eerste keer sien, en die berge van Fuijerah en Friday Market is 'n lekker nuutjie vir die mense.  Natuurlik moes ons gaan koffie koop met die kort stop by die mark.
Page3

Eintlik na 'n laaaaaaang tyd by paspoortbeheer tussen die UAE / Oman kan ons op die dhows klim en sommer gou-gou is klein Bradley aan die slaap terwyl die dominee en haar vriendin bietjie oefening doen na die lang sit op die bus :-).  
Page4

Dis regte mooi so al langs die Oman kuslyn en dan eintlik is ons by die klein hawe/inham waar ons die dag gaan kuier en aan allerhande wateraktiwiteite deelneem.

Page5

Daar word geswem, gesnorkel, gekayak, en piesangry die heeldag.  Daar word vir ons tradisionele kos vir middagete voorgesit

Page6

'n Paar uur later, met die son wat sak, is dit tyd vir die terugvaar.  Party ouens is behoorlik opgespeel.
DSC_1150
Terug by die hawe in Dibba

DSC_1145
Terwyl die son heeltemal sak, vat ons die lang busrit terug.  Wat 'n lekker dag saam met wonderlike mense!

Saturday, October 17

Ai, wat’s volgende

Dis 'n sportdag soos min met halfeindstyde orals. Selfs daar in Oman waar die kinders tans besig is met hulle volleyball toer is dit die dag van halfeindstryde. Ongelukkig kan ons slegs die rugby op TV volg, maar in die gees is ons ook by ons Lions en hou styf duimvas vir die eindstryd. Dis omtrent waar die ooreenkomste eindig want "my" spanne se voorbereiding was toetentaal verskillend. Waar die rugbyspelers hard voorberei het, het die dogters besluit om die aand voor hulle vlug hulle naels te laat doen.

Page6
Ok onder normale omstandighede is dit 'n heel girly ding om te doen, maar voor 'n toernooi wat die meisies se naels nagegaan (en selfs geknip word as dit te lank is) en waar die bal die naels kan breek, en en en .... hoe normaal is dit?


Omdat die tipe "besighede" agter geslote deure en gekleure glasvensters plaasvind, was die plekkie nogal 'n groot verrassing - siende dat ons ook gereeld by die deur verbystap in die sentrum. Alles, glo my net mooi alles was in die ses kleure van die plek en met 'n waterfontein in die middel en sagte musiek wat speel was dit regtig 'n besonderse atmosfeer - totdat die dogters, direk na hulle wedstryd teen die onnies lawaaierig daar inloop. Ek dink nie die plek gaan ooit weer dieselfde wees nie.

Page2

Nadat ek "toestemming" gekry het om foto's te neem - only the girls mam, het ek 9 baie ywerige modelle gehad. Dit was hande en voete wat behandel is .... ja die voete moes ook gedoen word ... en ek het gewonder wie die toonnaels in die "span-kleure" gaan sien tydens die wedstryd waar hulle veronderstel is om volleybal skoene te dra!

Page4

En toe die soektog om die regte "blou" te kry vir die naels! Wat ook 'n geskarrel afgegee het is dat die dogters "lion-paws" en in goud nogals ook op die naels wou he. Nelmari was die proefkonyn vir die eerste paws en daarna is almal s'n gedoen!

Page5

En ja .... die voete het ook "paws" gekry :-). Amper drie uur later het daar 'n stilte oor die salon gesak toe die "lionettes" (nou is hulle nie meer lions nie) met hulle blou en goue paws uitstap oor die glasvoer met klippertjies - reg vir die toernooi!!

Of dit vandag gaan help weet ek nie, ek kan net se....


GO LIONS of LIONETTES