Friday, October 23

Uiteindelik Oman ISAC

Uiteindelik kan ek ampertjies rustig 'n blog oor die ISAC toernooi in Oman doen. Soos elke seisoen werk alles op na hierdie geleentheid, die ISAC. Dis wanneer skole van verskillende lande bymekaarkom om teen mekaar deel te neem. Ons skool neem deel aan die volleyball, basketbal, pluimbal en sokker ISAC gedurende die skooljaar. Die seuns wat nie 'n te goeie tyd beleef het voor die toernooi nie, lyk baie ernstig voor hulle vertrek, met een van hulle ster spelers in gips. Die jongspan het 'n nie te goeie toernooi beleef nie, maar volgende jaar is hulle nie meer groentjies nie. Die dogters wat 'n redelike goeie seisoen beleef is vol smiles met hulle lionette paws en al, reg vir die groot toernooi oppad lughawe toe. Die toernooi vind plaas in Muscat wat die hoofstad van Oman is. En dis omtrent al foto's, behalwe nog van haar host se kat wat ek oor die dorp gekry het - duidelik was dit nie eerste op die lys nie. Op die foto bo-regs is een van die spanmeisies met 'n stukkie lap om haar (deel van 'n bellydance uitrusting) - die spanlede het elkeen een gekoop .... vir wat weet ek nie. Hulle speel uitstekend in die toernooi en word na die uitdunrondtes eerste gekeur. Die semi's verloop ook goed en uiteindelik is dit tyd vir die finaal - en nou behalwe vir die paws en voete moet die gesigte ook gedoen word. Iewers het van die spanlede deurmekaar geraak met die haka dink ek.
Arme nr 25 (lees Nelmari) beleef 'n uitstekende toernooi en sy kry die slegte voorreg om eerste af te slaan vir die span. Loer bietjie na die video en hou nr 25 dop :-). As julle nie die nr kan sien nie, die een met die blou kniestut. Soos julle kan sien was sy orals, op die grond, in die lug en het verskeie blou kolle as bewys. Volgens haar broer het sy 'n uitstekende wedstryd en toernooi gehad en dis nogals baie gese want hulle is ook mekaar se grootste kritikus. Net soos die curriebeker halfeindstryde is dit 'n taai wedstryd met slegs 'n twee punte verskil op die einde - jammer Lionettes julle het hard probeer, met mode en spel .... maar volgende jaar gaan julle dit doen!!! Ek sien 'n sekere afrigter wil al klaar 'n plek boek om julle afrigter te wees :-).
Nou vir die basketbal
GO LIONS!

12 comments:

Sonja said...

Dit lyk of hulle sommer groot pret gehad het! Die "paw" mode lyk of dit goeie geluk bring!

Anonymous said...

Ai tog!!!

Sorry, Lionettes, maar julle was verseker eerste op die modefront!

Sandra said...

Jinne Sonja dit het nou weer 'n nuwe "mode" begin - arme ouers.

Nooit so daaraan gedink nie Vlam, en dit sal hulle verseker baie bly maak. Dis darem anders om seuns reg te kry vir 'n toernooi dan meisies :-)

retha said...

Haka, bellydancing en paws. Mens sou nou nooit dink dit het enige iets met sport uit tewaai nie. Sekerlik se dit hul het die toernooi geniet.

Ek sien sy het darem n foto van die moskee ingeval hy vergeet het van die Muslim ;o)

William said...

I know it was fun, just sorry it ended like it did, i know both teams played there hearts out lke the lions always do and sis u almost had it. Now its time for some bball... GO LIONS

Sandra said...

Ja Retha daai goed het net mooi niks met volleyball uit te waai nie.

Sy weet haar ma hou van die mosiak op die geboue en daarom die moskee toring, om te wys hoe dit versier is - ek neem self graag mooi moskees af :-).

Jy sal mos weet hoe's die toernooie in Oman seun en ja Nelmari het hard gespeel. Die seunsspan mis jou en James :-)

Jan and Miekie said...

Ai tog - jammer oor die 2e in die finaal, maar julle het darem DAAR gekom!!! Dis baie meer as wat baie ander kon se! Veels geluk. So gaan dit maar in sport ne - as ek na die Olimpiese Spele kyk en 'n gimnas val af van die balk of dergelike, bloei my hart vir haar: soveel jaar se opoffering en dan dit.
Hou aan om die sport so te GENIET - dit lyk asof dit groot pret was met die mode en al. Baie oulik. Ek verlang skielik na die dae toe ek Dorette nog S.A.'s toe gevat het. Wonderlike herhinneringe!

Sandra said...

Dis een van die dinge wat my kinders hier op uitgemis het Miekie. Daai lekker interskole saamsing en gees vang. Hier mag die seuns en meisies nie eers in dieselfde vertrek wees nie. Maar met 'n bietjie westerse invloed vang hulle tog gees al is dit met paws ;-)

Desire Fourie said...

Lyk my die Lionettes stof skop in die van die seunspan. Die bussie waarin die Lionettes reis, lyks nogal baie luuks!
Mooi bly

Sandra said...

O ja hulle het die seuns ore aangesit :-). Dis een van die skoolbussies Desire.

Lekker dag vir jou

Charmaine said...

Ek het kommentaar gelewer op die blog maat maar dis weg. Dis nou ernstig mostert na die maal, maar ek is baie trots op julle twee James en Nelmari en ek het sommer baie van daardie leeukloutjies gehou.

nikita said...

Lyk of dit lekker pret was. Mooi foto's! - soos altyd. Lyk na 'n spul oulike meisies.