Showing posts with label GP2010. Show all posts
Showing posts with label GP2010. Show all posts

Saturday, October 31

Die koors loop hoog

Anders as die rugbykoors wat hoog loop in SA en dit 'n blou- of oranjekoors is, is dit die rooi koors wat hierdie week in Abu Dhabi loop. Natuurlik sal ons ook in die dorp mense met bloubul of cheetah hempies sien, maar meeste wat leef en beef praat net Grand Prix en wat alles daarmee gepaart gaan.

DSC_0008

'n Hele paar maande terug het Eddie en James reeds kaartjies vir die geleentheid gekoop en in my oe was dit vrekduur. Die passiespele se pryse is vulletjies (meer daaroor later). En net toe hulle verlede week die kaartjies aflewer, wen hy 2 beter kaartjies. Gelukkig kon die ander verkoop word, maar dis waaroor dit hierdie week in die Holloway huishouding gaan en kyk net hoe gelukkig lyk die man met sy 4 dae kaartjies in 'n losie nogal met al die konserte ingesluit. Prys waarde van R20 000. (Dis darem nou vir 2 mense)

4

Donderdag reeds is die eerste besoek na die nuwe besonderse baan wat spesiaal vir die resies gebou is gemaak - om die "pits te besoek" nogals. Kyk ek is nou nie 'n karretjie fan nie, want mens hoor net woooerrrrm woooooeerrrm elke paar minute vir 50+ rondtes. Maar aan die aantal mense wat by die hekke in is om net te "gaan kyk" is daar heelwat mense wat fans is.

5

En dan gaan jy nou om iewers te staan en te kyk hoe ander mense hulle karre skoon maak? Ek wens iemand wil myne kom was :-).

Page1

Dis baie duidelik dat hierdie baan ook sy eie unieke kenmerke gaan he. Waar anders gaan jy 'n kameel by die kinders se Porsche speelplek kry of arabiese sitplekke onder grasdak? Of beamptes met wit en swart rokke.

Page2

Alles is deur die mense beloer en die bestuurders en hulle spanne het rustig aangegaan met voorbereiding om die motors reg en skoon te kry - soort van 'n karretjie dieretuin lyk dit vir my.

Page3

Kyk net hoe het die troppe mense orals rondgestaan en foto's geneem.

Page1_0

Dele van die besonderse baan van hierdie wedren wat anders as ander in die aand gaan plaasvind. Natuurlik saam met die wereld sportgebeurtenis is daar ook 'n klomp kunstenaars ingevlieg wat elke aand 'n vertoning lewer. As jy kaartjies vir die GP het, sluit dit die konserte in. Van die kunstenaars wat optree is Beyonce en Aerosmith. Skuus ek weet nie regtig wat hulle sing nie maar die kinders sal weet.

Page2

Maar die GP gaan mos eintlik oor die karretjies en vir dit is die manne reeds vroeg dag 2, gisteroggend uit om die proefrondtes te gaan kyk - hoekom? Omdat hulle kaartjies het en kan dink ek.

Page4

Hulle sitplekke is in 'n losie iewers met 'n great uitsig en 'n lekker eetplek met hope kos.

Page3

James wou duidelik nie heeltyd stilsit nie en hy't bietjie gaan shopping doen in die GP "winkels". Leane onder regs word jou geskenkie gekoop aangesien jy 'n McLaren fan is.

Page5

En so tussen die karretjies, eet en shop deur het die dag uitgehardloop en dit het begin aand word. Maar kom more is ek seker die manne is weer daar om te kyk totdat die rugby begin.

Ek self gaan bietjie uitmis op die rugby want ek gaan in die hospitaal wees, maar aangesien die beste span nie speel nie, sal ek nog steeds vir die tweede beste span duimvas hou!

Lekker rugby kyk!