Tuesday, October 27

Kyk hoe lyk sy nou

Die van julle wat die blog al lank volg, ken vir klein Emily. Die afgelope twee Saterdae het ons weer 'n bietjie met haar kon kuier en het die meisiekind groot geword.

Page1

Kyk net hoe pragtig! Sy was heeltemal ok om vir 'n foto of klomp te pose.

Page2

Sy's nou 'n regte klein lady en het eers die ogies en lippies "geverf" voor ete. Haar mamma se lippe is ook geverf. Kyk net die "cool" look.

Page3

Na 'n lekker ontbyt het sy die tamatiesous of ketchup soos dit hier genoem word opgeeet. Uggg nie my idee van iets lekkers nie, maar sy het dit baie geniet.

Dankie vir die lekker kuier Emily en een van die dae as die nuwe boetie kom, kuier ons met twee van julle.

11 comments:

Sonja said...

Sy is te pragtig!

Desire Fourie said...

Ag hete, Emily het 'n regte oulike meisie geword. Kan nie glo die kleingoed word so gou groot nie ... ai die tyd wat ons net nie kan beheer nie ...
Mooi bly

Sandra said...

Sy is Sonja!

So vinnig Desire, voel soos nou die dag dat ons haar met 'n lepeltjie probeer melk ingee het :-)

Ronelle said...

Emily is pragtig !!

Jy oefen mooi vir ouma word Sandra ;-)

Charmaine said...

Ja nee, die klein meis groei soos 'n pampoen. Sy word al mooier.

Sandra said...

Ons geniet die oefening baie Ronelle :-).

En bekkig nou maat. Maar iewers het ons iets verkeerd gedoen, sy hou dan nie van "shop" nie :-)

nikita said...

Sy's te prastig!! 'n Mej Wereld eendag!! Baie, baie cute, ek sal haar opvreet!

Anonymous said...

Sy is regtig 'n mooie meisiekind!

Sandra said...

Ons geniet haar so Nikita!

Ons voel soos oumas oor haar - sy is 'n pragige meisietjie.

Nimsi se Blog said...

Groen... gras groen!

Sandra said...

:-) ek verstaan dit Nims.

Mooi dag vir jou en sterkte!