Saturday, October 31

Die koors loop hoog

Anders as die rugbykoors wat hoog loop in SA en dit 'n blou- of oranjekoors is, is dit die rooi koors wat hierdie week in Abu Dhabi loop. Natuurlik sal ons ook in die dorp mense met bloubul of cheetah hempies sien, maar meeste wat leef en beef praat net Grand Prix en wat alles daarmee gepaart gaan.

DSC_0008

'n Hele paar maande terug het Eddie en James reeds kaartjies vir die geleentheid gekoop en in my oe was dit vrekduur. Die passiespele se pryse is vulletjies (meer daaroor later). En net toe hulle verlede week die kaartjies aflewer, wen hy 2 beter kaartjies. Gelukkig kon die ander verkoop word, maar dis waaroor dit hierdie week in die Holloway huishouding gaan en kyk net hoe gelukkig lyk die man met sy 4 dae kaartjies in 'n losie nogal met al die konserte ingesluit. Prys waarde van R20 000. (Dis darem nou vir 2 mense)

4

Donderdag reeds is die eerste besoek na die nuwe besonderse baan wat spesiaal vir die resies gebou is gemaak - om die "pits te besoek" nogals. Kyk ek is nou nie 'n karretjie fan nie, want mens hoor net woooerrrrm woooooeerrrm elke paar minute vir 50+ rondtes. Maar aan die aantal mense wat by die hekke in is om net te "gaan kyk" is daar heelwat mense wat fans is.

5

En dan gaan jy nou om iewers te staan en te kyk hoe ander mense hulle karre skoon maak? Ek wens iemand wil myne kom was :-).

Page1

Dis baie duidelik dat hierdie baan ook sy eie unieke kenmerke gaan he. Waar anders gaan jy 'n kameel by die kinders se Porsche speelplek kry of arabiese sitplekke onder grasdak? Of beamptes met wit en swart rokke.

Page2

Alles is deur die mense beloer en die bestuurders en hulle spanne het rustig aangegaan met voorbereiding om die motors reg en skoon te kry - soort van 'n karretjie dieretuin lyk dit vir my.

Page3

Kyk net hoe het die troppe mense orals rondgestaan en foto's geneem.

Page1_0

Dele van die besonderse baan van hierdie wedren wat anders as ander in die aand gaan plaasvind. Natuurlik saam met die wereld sportgebeurtenis is daar ook 'n klomp kunstenaars ingevlieg wat elke aand 'n vertoning lewer. As jy kaartjies vir die GP het, sluit dit die konserte in. Van die kunstenaars wat optree is Beyonce en Aerosmith. Skuus ek weet nie regtig wat hulle sing nie maar die kinders sal weet.

Page2

Maar die GP gaan mos eintlik oor die karretjies en vir dit is die manne reeds vroeg dag 2, gisteroggend uit om die proefrondtes te gaan kyk - hoekom? Omdat hulle kaartjies het en kan dink ek.

Page4

Hulle sitplekke is in 'n losie iewers met 'n great uitsig en 'n lekker eetplek met hope kos.

Page3

James wou duidelik nie heeltyd stilsit nie en hy't bietjie gaan shopping doen in die GP "winkels". Leane onder regs word jou geskenkie gekoop aangesien jy 'n McLaren fan is.

Page5

En so tussen die karretjies, eet en shop deur het die dag uitgehardloop en dit het begin aand word. Maar kom more is ek seker die manne is weer daar om te kyk totdat die rugby begin.

Ek self gaan bietjie uitmis op die rugby want ek gaan in die hospitaal wees, maar aangesien die beste span nie speel nie, sal ek nog steeds vir die tweede beste span duimvas hou!

Lekker rugby kyk!

12 comments:

Nimsi se Blog said...

Hoop nie jou hospitaal besoek is te ernstig nie Sandra? Sterkte!

Hierdie wereld by ons is ook blou!

LG said...

Mag die seuns die F1 vandag geniet, ons kyk maar op die TV in SA! F1 drywers is omtrent groot helde die wereld deur dus is dit te verstane as jy n fan is sal jy die kaartjies waardeer! Maar aai, daai baie mense, ek bly liefs voor die TV!!

Leane said...

Dis darem baie gelukkig dat hulle kon gaan kyk het! Volgende jaar gaan ek saam en dan sal ons sien wie wen (hopelik is die karre net beter, ne James). Ek sal my comments oor James by die Ferrari winkel maar hou vir myself.

William said...

now there is unfair, and then there is UNFAIR!!!! I really hope u enjoyed it its prob not going to happen again.

btw mom any photos from the hospital?

Anonymous said...

How lucky can you get! Ek is nie 'n groot F1 fan nie, maar sal nie omgee om dit so te kan ervaar nie. Ek sien daar gaan 'n onderdak Ferrari amusement park gebou word in Abu Dhabi!

Nelmari said...

Ai tog Willem!!! You don't even like car races :P hehe

Maybe if you are good we can convince the parents to let us go the killers concert :D

Will.I.Am said...

what u mean "if you are good" ? im always good ;-)

Sonja said...

Sterkte vir die hospitaal. En wat wou! Die beste span het Saterdag die rugby gewen! ONOORTREFLIK !!

Charmaine said...

Die Cheetah dink natuurlik dat haar span die heel beste is. Ek was so trots op hulle... maar ja, selfs al is die GP in Abu Dhabi weet ek verseker dis nie waar ek sal wees nie, te oud...of iets. So baie dankie vir die fotos dat ek ook darem kan sien hoe dit daar lyk. Spoedige herstel maatjie. Ek weet dis nog maar baie seer en vir die ander blogmaats...Sandra se galblaas is verwyder.

Thea said...

Ek hoop die manne het al die opwinding geniet! En baie sterkte vir jou Sandra. Hoop jy voel sommer baie gou beter. Dankie vir die update Charmaine!

Sandra said...

Dankie Nimsi ek's alweer by die huis. Moet tog nie vir my se jy skree vir die bulle nie :-)

Welkom hier LG. Ja ek sou ook verkies om dit op die TV te kyk.

Leane ek verstaan nie, wats verkeerd met Ferreira, ek hou dan ook van hulle :-). Gelukkig was jou geskenkie nie by die rooi winkel gekoop nie.


Seun ek's die fotograaf, jy gedink ek sal foto's van myself neem?!

Kaalvoet ja daar is al klaar 'n groot rollercoaster in die Ferreira park.

Sandra said...

Nelmari en William julle sal die saak met my moet bespreek.

Ai Sonja gelukkig het ek nie die wedstryd Saterdag kon kyk nie. Ek skree ook vir Blou maar die een met die strepe - en so was my hospitaalkamer nogal blou gewees die naweek :-).

Dankie vir jou maat en al die hulp en daarwees ek waardeer.

Dankie Thea, lekker om jou weer hier te sien. Amper reg vir die koffiewinkels.