Wednesday, October 14

‘n Kort seisoen is amper verby

Dit het skaars begin en hulle is al klaar besig om af te eindig. Ook maar genade want hierdie volleyball seisoen het sy goeie en minder goeie dae/wedstryde gehad. Met 'n dogterspan vol baie potensiaal maar 'n minder geesdriftige afrigter en 'n seunsspan met 'n "beter" afrigter het hulle op hul beste groot skole kafgedraf en gesukkel teen van die klein skole. Ek as toeskouer was partykeer niks gelukkig met die span nie en het julle dus die wedstryde "gespaar". Hier's 'n paar foto's van die seisoen.

Page1

Page2

Natuurlik sal die foto's meestal van Nelmari wees.

cc

Ek dink dat ondanks die span se op en af kon sy baie tevrede voel met haar bydrae. Komende van 'n "kritiese" toeskouer is dit baie goed.

Page3

Die seuns het ook hulle hoogtepunte gehad en aan die einde van die seisoen was daar 'n besliste verbetering in hulle spel.

bb

Die afrigter kon ook maar partykeer net sy hande in die lug gooi, maar eending wat ek van hom waardeer het, is die feit dat hy elke wedstryd in sy span geglo het.

aa

Die meisies het natuurlik bankvas agter die seuns "gesit" en ondersteun tydens hulle wedstryde.

Vandag klim hulle op die vliegtuig Oman toe vir die toernooi waarvoor al die harde werk die seisoen was, ISAC. Dis dan wat hulle kans kry om teen skole in ander lande deelteneem.

Hoop julle het 'n wonderlike toer Nelmari en James en dat die trofee saam huistoe kom!

GO LIONS!

7 comments:

Anonymous said...

Dit was 'n kort seisoen. Dit voel soos nou die dag toe hulle weer begin het.

Maar hier van Angola sal ek saamskree: Go Lions!!!

LOL

Nelmari said...

Time to kick some bum!!! hehe
I'm sure we will do great, right James :P

Desire Fourie said...

Mag die Leeus net brullende sukses ervaar op hulle toer.
Mooi bly.

Sonja said...

Soos jy se Sandra: GO LIONS !!!!

Sandra said...

Ja Boendoe hulle seisoen het laat begin weens Ramadan en nou is dit alweer sokker en basketbal seisoen.

Ek hoop julle doen sussie!!! Skree maar vir die seuns ook!!

Ons hou vir hulle styf duimvas Desire!

Ons skree hard vir hulle Sonja!!

Sandra said...

Update oor die toernooi :

Seuns sukkel teen ABA van Oman in hulle eerste wedstryd, terwyl die dogters skoonskip maak van Kuwait se span, wen al 3 stelle!

Sandra said...

Update aan die einde van eerste dag.

Wen ook hulle tweede wedstryd en verloor laat aand hulle 3de wedstryd van die dag naelskraaps. More nog 2 wedstryde en kanse lyk tans nog goed om in eindstryd te speel.