Showing posts with label Volleyball10. Show all posts
Showing posts with label Volleyball10. Show all posts

Saturday, October 17

Ai, wat’s volgende

Dis 'n sportdag soos min met halfeindstyde orals. Selfs daar in Oman waar die kinders tans besig is met hulle volleyball toer is dit die dag van halfeindstryde. Ongelukkig kan ons slegs die rugby op TV volg, maar in die gees is ons ook by ons Lions en hou styf duimvas vir die eindstryd. Dis omtrent waar die ooreenkomste eindig want "my" spanne se voorbereiding was toetentaal verskillend. Waar die rugbyspelers hard voorberei het, het die dogters besluit om die aand voor hulle vlug hulle naels te laat doen.

Page6
Ok onder normale omstandighede is dit 'n heel girly ding om te doen, maar voor 'n toernooi wat die meisies se naels nagegaan (en selfs geknip word as dit te lank is) en waar die bal die naels kan breek, en en en .... hoe normaal is dit?


Omdat die tipe "besighede" agter geslote deure en gekleure glasvensters plaasvind, was die plekkie nogal 'n groot verrassing - siende dat ons ook gereeld by die deur verbystap in die sentrum. Alles, glo my net mooi alles was in die ses kleure van die plek en met 'n waterfontein in die middel en sagte musiek wat speel was dit regtig 'n besonderse atmosfeer - totdat die dogters, direk na hulle wedstryd teen die onnies lawaaierig daar inloop. Ek dink nie die plek gaan ooit weer dieselfde wees nie.

Page2

Nadat ek "toestemming" gekry het om foto's te neem - only the girls mam, het ek 9 baie ywerige modelle gehad. Dit was hande en voete wat behandel is .... ja die voete moes ook gedoen word ... en ek het gewonder wie die toonnaels in die "span-kleure" gaan sien tydens die wedstryd waar hulle veronderstel is om volleybal skoene te dra!

Page4

En toe die soektog om die regte "blou" te kry vir die naels! Wat ook 'n geskarrel afgegee het is dat die dogters "lion-paws" en in goud nogals ook op die naels wou he. Nelmari was die proefkonyn vir die eerste paws en daarna is almal s'n gedoen!

Page5

En ja .... die voete het ook "paws" gekry :-). Amper drie uur later het daar 'n stilte oor die salon gesak toe die "lionettes" (nou is hulle nie meer lions nie) met hulle blou en goue paws uitstap oor die glasvoer met klippertjies - reg vir die toernooi!!

Of dit vandag gaan help weet ek nie, ek kan net se....


GO LIONS of LIONETTES

Wednesday, October 14

‘n Kort seisoen is amper verby

Dit het skaars begin en hulle is al klaar besig om af te eindig. Ook maar genade want hierdie volleyball seisoen het sy goeie en minder goeie dae/wedstryde gehad. Met 'n dogterspan vol baie potensiaal maar 'n minder geesdriftige afrigter en 'n seunsspan met 'n "beter" afrigter het hulle op hul beste groot skole kafgedraf en gesukkel teen van die klein skole. Ek as toeskouer was partykeer niks gelukkig met die span nie en het julle dus die wedstryde "gespaar". Hier's 'n paar foto's van die seisoen.

Page1

Page2

Natuurlik sal die foto's meestal van Nelmari wees.

cc

Ek dink dat ondanks die span se op en af kon sy baie tevrede voel met haar bydrae. Komende van 'n "kritiese" toeskouer is dit baie goed.

Page3

Die seuns het ook hulle hoogtepunte gehad en aan die einde van die seisoen was daar 'n besliste verbetering in hulle spel.

bb

Die afrigter kon ook maar partykeer net sy hande in die lug gooi, maar eending wat ek van hom waardeer het, is die feit dat hy elke wedstryd in sy span geglo het.

aa

Die meisies het natuurlik bankvas agter die seuns "gesit" en ondersteun tydens hulle wedstryde.

Vandag klim hulle op die vliegtuig Oman toe vir die toernooi waarvoor al die harde werk die seisoen was, ISAC. Dis dan wat hulle kans kry om teen skole in ander lande deelteneem.

Hoop julle het 'n wonderlike toer Nelmari en James en dat die trofee saam huistoe kom!

GO LIONS!

Sunday, September 20

‘n Week van gemengde welslae

Twee "ernstige" vriendskaplike wedstryde is die week deur ons Varsity spanne gespeel en aan die einde is beide spanne bietjie aarde toe gebring wat net kan goed wees vir die twee toernooie wat nou voorle. Een van die "groot" spanne teen wie hulle eerste gespeel het was DAA, 'n skool in Dubai en meeste van die tyd 'n groot kopseer vir hulle.

Page1

Vir die arme seuns was dit 'n kopseer en die manne kon net nie kliek nie. Die arme afrigter was moedeloos. Die ouens verloor 1 - 2 stelle. En nee hy eet nie sy fluitjie nie, hy het net later geblaas vir die dogters se wedstryd.

Page2

Ons dogters aan die ander kant was kookwarm en sit DAA behoorlik ore aan. Skoonskip en ver wen hulle 3 - 0 stelle.

Page4

Later die week was dit die aartsvyande in Abu Dhabi ACS wat aangepak word en wanneer hierdie twee skole speel is daar groot belangstelling. Daar is klomp toeskouers om die baan en die Leeu is ook daar vir sy ondersteuning. Plakkate orals teen die muur wat help om die stemming te skep.

Page3

Maar alhoewel ons meisies goed speel, en dit elke keer uitspeel punte is, is dit hulle eerste nederlaag die seisoen. Miskien was dit net die regte voorbereiding vir die toernooi volgende maand - en ons weet die wedstryd kon net so maklik in hulle guns gewees het. Die seuns se afrigter maak 'n eensame prentjie want hulle kom te staan teen 'n span wat op die dag moeilik deur enigeen geklop sal word. Ons staan nog steeds agter julle seun, en ek weet dis net 'n tydjie voor die seuns kliek en saam begin speel om die ander ore aan te sit.

Go Lions.

Wednesday, September 9

Die seisoen skop af!

Die skool en oefening het net begin en dis al klaar weer tyd vir die eerste wedstryd van die seisoen. Daar word Dubai toe gery vir die kragmeting teen UAS (Universal American School).

1

Die gees tussen die meisies is goed en hulle is reg en sien uit na hul eerste toets.

Page1

Daar word ernstig opgewarm. Op die foto in die regterkantse hoek sien julle die "afrigter" in wit met Nelmari praat. Kyk net die lengte verskil!

Page2

Nr 25, Nelmari speel 'n goeie wedstryd en dien, blok en duik orals op.

10

Die meisies wen die eerste stel 25-4, die tweede 25-10 en die derde 25-17. Varsity dogters maak skoonskip!!! Go Lions!!!

Page3

Dan is dit coach James se vuurdoop en dit gaan nie heeltemal so maklik soos met die dogters nie. Wen die eerste stel 25-21, verloor tweede stel 22-25 en wen die derde stel 26-25. Wow naelbyt einde!!!

Go Lions!!