Sunday, October 11

Wat gaan in die mense se koppe aan?

Vanoggend voel ek hartlik siek vir al die stof, vuil , nie-in-standhou en gemors en voel ek het bietjie skoon en see nodig .... en daar's ek in vir 'n groot verrassing en skok!!

17197937

So 'n jaar terug (Julie 2008) het ons baie opgewonde vertel van die nuwe Abu Dhabi strand wat oopgemaak word. Nadat die nuwe strate by die Cornish gebou is, is daar sand herwin en die mooiste strande met wandelpaadjies, grasperke, afdakkies ens. ens. gebou. Ek het self hier vertel hoe ons die plek in die aand gaan beloer het.

DSC_0045

En dis wat ek vanoggend van die nuwe strand kry. Niks, absoluut niks behalwe 'n gebou en stootskrapers.

DSC_0046

Dit laat my dink aan lego bou of selfs farmtown vir die van julle wat ywerige boere is. Mens bou, hou dit so 'n tydjie en dan delete jy alles en bou net weer 'n nuwe een. Miskien het hulle gedink noudat die winter met sy 30+ temperatuur amper hier is, is dit 'n goeie tyd om aan die strand te werk. Van ons dink juis dis dan 'n goeie tyd vir swem.

DSC_0048

Miskien wil hulle net die "strand-bouers" besig hou en is dit werkskepping, miskien is dit elke keer as daar 'n nuwe baas wat iets anders wil sien of miskien is dit net stupid wees - want hoe kan mens soveel geld in 'n projek sit om dit in minder as 'n jaar net plat te stoot vir 'n nuwe, beter projek. O wag, miskien wil hulle net nie he ons moet swem nie en sal daar altyd aan die strand gewerk word.

DSC_0059

Die ander strandjie wat ons ook al baie by gaan sit het, is net hier aan die agterkant van die ou bootjie wat voor die Emirates Palace hotel geanker is en daar word ook nou aan gewerk - kyk net die hoeveelheid hyskrane. Ontwikkeling is goed, maar hierdie voel vir my net 'n bietjie teveel.

Gelukkig is die dele aan die anderkant van die Cornish waarvan ek ook al vertel het nog dieselfde. Kyk bietjie hier en hier - ek wonder hoe lank gaan dit nog wees ....

Miskien is dit nou tyd vir my om huistoe te gaan.

Geniet julle laaste dag van die naweek!

12 comments:

retha said...

Dit moet baie vreemd en onaangename wees om nie te weet wat om te verwag om te sien nie.

Jan and Miekie said...

Dit was dan so 'n oulike plek! Kan dink dat julle die vieste in was (is). Stem saam: wat gaan in hulle koppe aan?

Sandra said...

Retha ek het al so gaan pos uithaal, en dan is die poskantoor en posbusse gedurende die aand platgeslaan :-), dit was 'n onaangename verrassing - gelukkig het ek getuies gehad.

Dis vir my so 'n vermorsing van tyd en geld Miekie - ek dink nie hulle dink nie.

Sonja said...

Haai,dit klink of hulle te veel geld en te veel tyd het! Ek sal vir julle n paar stakers en regstellende aksie verbruikers stuur om hulle mee besig te hou!

Nimsi se Blog said...

Ai tog vriendin - hoop nie jy moes toe maar onder die stort gaan staan het vir n "lafenis" nie?

Sandra said...

Of dalk is dit net 'n manier van werkskepping Sonja. Weet nie hoe stakers dit hier sal hou nie :-).

Gister was maar net een van daai dae Nims :-)

Anonymous said...

Ai, Sandra. Ja, mens kry sulke dae, ne?

Ek moet se, dis nogal vir my baie snaaks dat hulle alles so platslaan! En die poskantoor, van alle dinge! :-)

Thea said...

Ek kan verstaan dat jy omgekrap was! Goeiste, hierdie ouens het BESLIS te veel geld - hulle mors met dit! Iets wat my hierdie kant omkrap is as jy 'n lekker restaurant ontdek en gereeld daar gaan eet en op 'n dag maak die restaurant toe of daar's nuwe eienaars en dan's die diens só swak dat jy nie eers weer daarnatoe wil gaan nie.

Sandra said...

Hier bestaan nie iets soos "maintenance" nie Boendoe, dis eenvoudig platslaan en oorbou as dit uitmekaar val. En nou ook wanneer dit nog steeds nuut is.

Ek raak ook nogal omgekrap daardeur. Nou die dag 'n restaurant gevra of hulle 'n nuwe chef het en die antwoord "yes mam but still same menu" asof dit beteken die kos gaan dieselfde smaak.

Mariette. said...

Ja nee, Ons was net so vies toe ons wou gaan swem, en hulle se hulle is besig om 'n nuwe strand te bou.
Hulle het al in Ramadan begin, toe het ons gedink hulle doen dit sodat mens nie in daardie tyd kan swem nie, ( en dit is sekerlik ook een van die redes gewees as jy my vra) Maar toe se hulle hul gaan in die begin van okt klaar wees.... nou ja daar is nie 'n kaans nie. Nou reken hulle begin nov, en dan bou hulle blykbaar vollyball bane en sokker bane ook op die strand. So ons sal maar sien... Maar dit is glad nie fun die onteidige gebouery van hulle nie.

Desire Fourie said...

Nee wat, SA strande is nog bo!
Mooi bly.

Sandra said...

Stem Mariette dis glad nie fun nie. Ek kon nie regtig meer so baie in die "dorp" nie, dis te besig so elke tweede week is die dorp vir my "nuut" ;-).

Ek stem Desire. Daai wit strande, geraas van die branders en die reuk ... net die huis se see het dit alles.