Sunday, November 2

Wat of wie is die kerk?

Na die eerste les se lekker, was dit tyd om les 2 aan te durf en die Hoofstuk se naam "Church" klink maklik ~ ons weet mos wat 'n kerk is. Met die vrae het ons baie duidelik agtergekom dat dit nie presies is waaroor die hoofstuk gaan nie.

Die les word so deur een van die dames opgesom:

Les twee oor ons en die kerk het nogals met my gepraat. Ek het geleer dat as ons glo, is ons die kerk en die bruid van Christus en synde die bruid, moet ons aan ons Bruidegom, die Hoof van die kerk en die liggaam, gehoorsaam wees. Dan werk elke liggaamsdeel, waarvan ek een is, in opdrag van die Hoof... ek sien die prentjie en die waarheid daarvan... my hande doen niks wat my kop nie se nie. My twee hande werk saam as ek kos maak, klere maak, voorberei vir kindergroep... my twee voete loop waar my kop se en in dieselfde rigting. Ons...ek... as lede van die liggaam/kerk, soek fout met mekaar, kritiseer mekaar, maak issues van musiek in die kerk, klein en groot doop, watter kinderprogramme gedoen moet word ens ens ens... en die twee hande doen elkeen hulle eie ding en die voete loop in twee rigtings.... en in die chaos bedroef ons ons Bruidegom en maak ons die lewe misrabel vir mekaar. En die kerk word 'n plek waar mense kies om nie te gaan nie want die gemeenskap van die Heiliges bestaan eenvoudig nie.

O Here, dat ek U stem mag hoor, met U oe sien en met U hart voel.....

Na dit hoe sal ons nou die twee vrae aan onsself beantwoord?

1 Wat kan ek kry deur deel van die kerk te wees?
2 Wat kry die kerk deur my deelname?

Ek sien uit daarna om julle almal se prente te sien!!


Ons se ook welkom aan Annatjie van NZ wat ook saam met ons gaan studie. Hierdie is haar bladsy 1 se "prentjie-storie". As julle na die ander s'n wil loer kyk hier .

10 comments:

Muriel said...

Baie mooi bladsy Annatjie! :-)

Die dame het ons les oor die kerk baie mooi opgesom! Dit was sommer lekker inspirasie! Wat sy sê is ook so waar!

Lekker week almal!

Anonymous said...

Dit lyk so lekker en almal se goed is so mooi.

Wens ek kon dit saam julle doen, maar ons is besig om te trek, so ons tyd is maar baie beperk.

ek sal dit maar geniet deur na julle mooi skeppings te loer.

groete
x x x

Thea said...

Ek stem!! Pragtig gedoen Annatjie!

Mooi en waar opsomming! Dankie ook dat jy dit met ons gedeel het Sandra!!

Sandra said...

Muriel en Thea dankie ja Charmamine kan 'n les mooi opsom, dis hoekom ek haar so "misbruik" om dit te doen. Dankie maat!

Jy kan altyd later inval Mariette. Skree as jy hulp nodig het met die trek al kan ek net met die kleinman speel terwyl julle besig is.

Desire Fourie said...

Annatjie se uitlegte is pragtig en eks seker verewig vir haar baie spesiale oomblikke in haar lewe.

Sandra said...

Desire jy moet net sien hoe oulik is die tweede les se prente! Ons word elke keer bietjie beter en geniet dit meer.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Dit is 'n wonderlike opsomming Tannie Charmaine. Ek het nou die al die agtergrond inligting, maar die boodskap wat Tannie ontvang het, sê alles!

Ek moet sê die tye wanneer die Here werklik met my praat en op belangrike punte fokus, is gewoonlik wanneer ons langs die strant stap of in die woestyn is. Daar waar daar NIKS om jou is nie en jy besef net weer die Almag en Krag van die Heer.

Hierdie opsomming laat my nou anders aan my eie liggaam kyk en dink! Baie dankie.

Groete en liefde
Beatrix

Charmaine said...

Ek moet se die les het nogal met my binneste gepraat. En dis so baie lekker dat ons almal saam kan deel aan die waarhede. Beatrix dis kosbare bondeltjies wat in jou liggaam groei jong.

Ek kan ook nie wag om al die ander scrapblaaie te sien nie.

Muriel said...

Ek het geweet dis Charmaine!!!!!!
Baie mooi Charmaine :-)

Sandra said...

Muriel en Beatrix ek het ook gedink haar opsomming is uitstekend en moes dit net gebruik.

Dankie vir jou wyse woorde maat