Net so voor die eksamen en totsiens se vir Kovsies het James deelgeneem aan 'n Adventure wedloop met die naam van Ultimate Summit. Dit is 'n 65 km resies wat fietsry, swem en hindernis/hiking insluit. Hier is dit nou waar die "oudste" se eienskappe intree. Alles is mooi uitgepak en reggesit voor die tyd ~ en daar is seker gemaak hulle het alles wat hulle mag nodig kry. (Ek weet net nie van die energie nie want dit koop mens mos nie in blikkies of sakkies nie).Hulle vertrek reeds 5:30 vanaf Bloemfontein om betyds vir registrasie 7 uur te wees en dis nog donker en die bakkie is vol gelaai.Die meisies is saam met die fietse en bagasie agter op die bakkie en kon nog bietjie slaap terwyl James en Murray die aanwysings na die beginpunt probeer volg. Lyk asof James goed vasplak teen die agterruit ... ek seker dis nie die meisies nie.Hy se die aanwysings is moeilik want die opdrag se net ry 27 km en draai regs. Maat dit lyk na jou wereld.Na 27 km is daar 3 afdraaie en hulle verdwaal nog voordat die wedloop en regte kaartlees begin. Daar is darem groen bossies.Die eerste deel is die stap sessie en teen 7 uur is die weer lekker en hulle begin vol energie. Die energie het vinnig na 'n paar uur se stap verdwyn, maar hulle is nie die laaste groep om die swemdeel te begin nie. Blykbaar moes die bagasie ook oor die dam gaan. Die inskrywingsvorm het gese 200 m, maar James se hulle het geswem en geswem en geswem en gedryf en nog geswem die hele km oor die dam en baie koud en moeg anderkant aangekom. Die derde deel sou maklik wees dink hulle, maar die fietsry was glad nie.Deur die middel van nerens oor groot klippe en sonder remme het hulle gery. Die water was naderhand op maar ry moes hulle ry. Die span besluit toe om die berg is te stadig en dra sommer die fietsie soos ons voorouers die Voortrekkers oor die koppie. Blykbaar was af beslis makliker as op!Hulle kry darem water by 'n windpomp op 'n plaas. Daarna is dit weer stap sonder GPS, net kaart en kompas en slegte aanwysings.Op hierdie stadium besef hulle dat dit nie regtig meer fun is nie, en voel dat die ander spanne steek die punte weg. Hy rus en pas die fietse op terwyl die res van die span hulle punte bo-op die koppie gaan haal. Gee hom toe sommer kans om die enkels oor te strap en die fiets se wiele reg te maak. Ggelukkig volgens hom besluit die span dis nou genoeg en ry afdraend terug HK toe. Nege uur nadat hulle begin het, word die bakkie gepak en die lang pad terug gevat. Om te wys hulle het dit gedoen is die bewyse ~ sonbrand, seer bene, klomp skrape, vat, sny, byt en hak plekke daar. Hulle het 50 km van die roete in die son gedoen en slegs by punt 24 gekom. James sluit sy vertelling af met: Dankie tog!! Maar eintlik was dit heel aangenaam en ek moet sê mens voel nogal goed om te sê jy't dit gedoen. Ek's spesifiek baie trots dat ek nie verdrink het nie :).
Mooi so seun, julle het goed gedoen en dankie vir die foto's. Nou wag ons om die formal se foto's te sien.
10 comments:
Mooi werk ou grote! Julle groen "speelpakkies" maak my Etisalat hart goed voel, dit lyk of ons julle borge was.
Oor die swemmery, duidelik nie jou en my sterk punt nie. Dit is hoekom ek maar altyd in sulke droee plekke rondloop.
Dit was beslis nie maklik nie James. Mooi julle ouens. Maat ja, ek kan nie ontken dis deel van my wereld daardie nie.:-) maar soort van die agterwereld. Bloemfontein het baie mooier dele as daardie. My eerste gedagtes was... oor ons ver verlate vlaktes... met die kreun van ons lydende jeug... in die geval:-)
Dis een van daai avonture waarvan dit belangriker is om deel te neem as om klaar te maak. 50 km is glad nie sleg nie! Baie geluk! En ek ken daai Vrystaatse koppies en son. In my perdry uithourit dae het ons alte goed agtergekom die Vrystaat is nie so plat soos almal dink nie!
Nou hoekom het Etisalat hulle nie geborg nie Eddie? Nou moes ons dit doen - veral die aankope van die verbande en goed.
Jy weet waaraan daai liedjie my laat dink maat. Annie jy sal dit ook onthou ... Voortrekkerkamp met Annie wat tee aandra en jy wat sing .... dis amper dieselfde gevoel dink ek.
Dorette ek sien daar is selfs heuweltjies en selfs sonder die see het my arme seun gesuffer in die water :-). Nie eers geweet daar is water nie .... wag ek beter koes want hiers baie Vrystaaters naby my.
Sjoe!! Ek is baie trots op hulle! Dit is darem 'n groot uitdaging om so aan te pak en om nie eens te weet of jy nog op koers is en waar die eindbestemming is nie.
DIT WIL GEDOEN WEES! WELL DONE!!
Julle gee ons almal moed.
Dit klink asof hulle vetpret gehad afgesien van afgetakelde lywe. Niks so goed vir die siel as om buite in die natuur te wees nie. Groete uit Gauteng
Beatrix laat die "nie-weet-waar-jy-is" jou nie aan 'n nagmars of twee dink nie?
Stem saam Desire, die moee lyf maak deel uit van die lekker ondervinding.
Ai mens sien darem vir baie kans as jy jonk is!! Maar ek glo die pret vergoed vir die moeë lywe en sonbrand en al daai dingetjies!
Dit lyk baie lekker!
Mooi gedoen julle!
Post a Comment