Tuesday, November 18

Water net waar jy kyk

Verlede Saterdag het 50 van ons Suid-Afrikaanse kinders hier in die UAE bietjie by die Dreamland waterpark in Umm Al Q gaan speel. Omdat dit 'n kindergroep uitstappie was, het ek op hulle blog hier meeste van die foto's geplaas, maar omdat ek ook Nelmari se ma is, kon ek haar pes vir foto's vir my blog. Altesaam was ons 7+ uur op die pad (soontoe en terug) en het in 'n hele paar verkeersopeenhopings beland, maar ons kinders was wonderlik op die bus. Nelmari en Minri het gedink as hulle agter in die bus verspot is, ek hulle nie sal kan afneem nie. Was so lekker om al die mense van Sharjah, Dubai en Al Ain ook te sien en die kinders kan nie wag om die park in te vaar nie. Dit is die grootste waterpark in die UAE - selfs groter as die Wild Wadi waaroor almal so gaande is. Eerste vir die fotograaf durf hulle die Family Ride aan. Hier staan Nelmari en van haar maats bo en wag hulle beurt af. Kyk net hoe kom hulle om daai draai en die gelag en geraas daarmee saam was iets ysliks. Amper die einde en hulle probeer vir oulaas nog bietjie spoed kry. Hulle maak lekker golwe op die einde. Nou word hulle nadergehark om uit te klim en die volgende rit word alweer beplan. Nelmari het 'n waterkamera saam op die ritte geneem en hoeveel gaan uitkom weet ons nie, maar dit behoort nogal interessant te wees. Dit is regtig water net waar jy kyk. Hierdie was onder die family ride. Kan mens amper nie indink jy staan in die woestyn nie. 'n Lekker speelplek vir die kleintjies ook. Crispin lyk maar traag aan die begin om daar te gaan speel. Groot sports as die vyf wat sal mens dit nou noem, resies gly? Op hierdie stadium is Minri voor. Hier is nog 'n rit waar alles so deurmekaar gekoek is en jy weet nie regtig by watter pyp jy gaan uitkom nie. (Dis veral moeilik vir die kameraman). Ek kan darem Nelmari se landing vang. Weet nie wat die handsein beteken nie, maar die laaste ou kom ook aan. Net om julle weer te herinner ons is eintlik in die woestyn. Hierdie ouens het 'n ding oor water want in die dorpe is fonteine 'n groot ding. As daar 'n volleybalnet is, al is dit ook in die water, sal jy Nelmari daar kry. Sy en Minri is braaf genoeg om die seuns aan te durf. Hier is lekker gespeel. Nog 'n speelplek vir die kleintjies, 'n volkaan waar water uitspuit. Aan die binnekant is 'n groot grot met lekker vlak warm water so die outjies uit die son wil bly of sommer vir die mammas om met die babas te sit. Baie jare terug, is hierdie foto'tjie van Nelmari op een van die seekoeie buite die volkaan geneem. 'n Klompie jare later is die seekoei baie kleiner. Daar was ook 'n "wave pool" en hier wag die klomp vir die branders om te kom. Die water is baie meer onstuimig as wat die see hier word en dis groot pret. Die dragon rit wat net so 'n gekoekte spul pype is. Die black hole waaroor die kleintjies mal was, maar die grotes niks van gehou het nie. Jy kom in daai swart pyp af vir 'n lang afstand sonder om lig te sien. Nelmari vertel my daar is net sulke klein liggies en een van die dogtertjies vertel my, die tonnel is vol sterretjies. Duidelik het Nelmari nie nog sterretjies gesien nie. Een van die baie restaurante op die perseel. Hierdie is eintilk 'n "water-bar" maar geen alkohol word bedien nie. Hier is natuurlik nog klomp goed soos die "soutsee-swembad", water stampkarretjies, mini-dieretuin met die oulikste 2 weke oue baba apie en 'n mini-mall! Ja, en waar daar 'n mall is, daar moet Charmaine ook 'n draai gaan maak al is dit 'n mini ene :-). En glo dit of nie, sy kry selfs iets in die mall te koop --- en 'n lekker roomys! Vir oulaas net voor ons terugry is dit die lazy-river wat reg om die waterpark vloei waar mens lekker kan rus. Ons het gehoop op 'n moee rustige bus, maar die kinders was uit hulle kassie wat ook 'n goeie teken was - Almal het die dag geniet!

13 comments:

Charmaine said...

Ja, ek was baie spyt ons het nie swemklere saamgeneem nie en ek het amper vir my 'n swembroek gekoop daar... maar dis nie maklik nie. Die broekding wat ek gekoop het is vir die volgende keer as 'n helikopter ons oor die verkeer dreamland toe kan neem, maar wat 'n mooi plek!!!

Thea said...

Ek het na al jou foto's van julle uitstappie op jou ander blog ook gekyk Sandra. Dit lyk of julle 'n fantastiese lekker dag gehad het. Daai water lyk SO lekker. Ek VREK oor 'n uitstappie na 'n waterpark (sjoe, die woord klink amper bietjie kras, maar dis hoe ek voel)!!

Muriel said...

Ek het nou ook eers 'n geruime tyd spandeer op die kindergroep blog. Julle doen darem soveel moeite vir die kinders. Fantasties!

Sandra hierdie plek is regtig "Dreamland"

Ek het breed gesmile vir Nelmari wat so kop oor stert die water tref. Nelmari jy lewe die lewe voluit, jou kop is reg aangeskroef!

Ek dink ek moet my wit olifant (spa) vol water gaan maak! Julle het my nou sommer lus gemaak vir water!

Hierdie Charmaine laat my so aan myself dink, ek kom ook uit geen plek sonder 'n inkopie sak nie. whahaha Nee regtig mens moet oop oë deur die lewe gaan, daar is altyd iets!
x x

Anonymous said...

In watter plasdammetjie sou ons gespeel het maat? Helikopter ... goeie idee. Dink jy nie dit sal ook vinniger met 'n boot wees nie?

Ek hou weer van in die see hang Thea.

Kyk nou net hoe praat jy die shopping goed Muriel! Het jy toe in jou spa gekuier? Jy kan sommer foto's neem vir les 4 :-)

Dorette said...

Kan skaars glo dis in 'n woestyn! So dag-uitstappie na die water-oase moet wonderlik wees. Ek self is baie lief vir sulke waterparke! Arme Gert is selfs (hoogtevrees en al) op ons wittebrood saamgesleep na ene. :-)

mariki said...

Dis 'n verstommende plek.

En heerlike herinneringe is gemaak, dis verseker.

Anonymous said...

wat n lieflike plek en dit in die woestyn!
Nimsie

Desire Fourie said...

Dit lyk nou asof die spul VET pret gehad het. Maar waar is die ouers dan, hoekom het hulle nie geel in die pret nie????? Mooi Bly

Desire Fourie said...

Hello Sandra. As jy 'n tydjie het, besoek Doing Life http://www.desiref.blogspot.com/ Daar is n spesiale toekenning wat op jou wag. Mooi bly.

Jan and Miekie said...

Wat 'n yslike plek! Dit lyk baie lekker maar julle was seker gedaan aan die einde van die dag?

Sandra said...

Dorette die kinders en volwassenes het dit gate uitgeniet!

Mariki indien hierdie kinders in SA was sou hulle heelwaarskynlik nie maats gewees het nie, maar hier is defnitief 'n "band" en herinneringe wat gemaak word.

Nimsie hierdie mense is mal oor water en fonteine ... seker omdat dit so skaars is in die woestyn

Sandra said...

Desire daar was ouers, maar ek het probeer om hulle nie af te neem nie :-). Jy moet ook onthou daar was toetsrugby aan so almal kon nie kom nie :-).

Baie dankie vir die toekenning Desire ek waardeer en voel geeerd.

Miekie ons was beslis baie moeer as die kinders wat volgens die ouers eers by die huis omgedop het.

Anonymous said...

Nice info;) Dankie vir jou tyd ...;)