Thursday, November 27

Ons gaan Brasiliaans...

Met Eddie se verjaarsdag het ons by 'n nuwe Brasiliaanse restaurant gaan kuier - Nelmari se keuse. Natuurlik het ek voor hierdie restaurant, geen idee gehad watter kosse nou regtig van Brasil af kom nie. Vir meeste was dit 'n eerste keer en ons het baie lekker gekuier. Mens betaal per kop en kan jouself dan soveel as jy wil aan die sop en slaaie help ... dis al wat uitgepak was. Steven en sy vrou skep van die seekossop. Geen idee of die twee die aartappelsop of iets anders bespreek nie, maar dit lyk na 'n goeie onderwerp. Nadat jy slaaie geskep het, kry elkeen om die tafel so 'n sirkeltjie waarvan die een kant groen en ander kant rooi is. Sou jy wil vleis he, moet groen bo wees en as jy wil rus of genoeg gehad het is dit rooi se beurt. Volgens die kelner is daar 14 verskillende soorte vleis wat jy dan saam met jou slaaie en groente op die tafel kan geniet. Annemi wag vir die skaap tjoppies. Steve en Carola wag dat hulle van die lekker sirlion vir hulle bord sny. Mens maak natuurlik die fout om nie te sirkeltjie om te draai aan die begin nie en dan wanneer jou bord gevaarlik vol raak met vleis onthou jy om dit vinnig om te draai. En dan draai jy dit om en sien hierdie boudvleis en draai dit vinnig weer terug. Hermias vat sy stukkie vleis van die kelner. Ek moet byse dat hulle gelukkig net klein stukkies van die vleise sny. Ek weet nie hoeveel van die 14 soorte vleis elkeen gehad het nie, maar hierdie klomp lyk vrolik en heel versadig en reg vir nagereg. Lyk partymense nie skuldig toe ek haar met haar nagereg afneem nie. Steve is die ander ou wat nagereg eet en hier is klein Amber by haar pa. Ons het baie lekker geeet en gekuier en sal die seuns beslis soontoe moet neem as hulle kom kuier.

15 comments:

Anonymous said...

Sandra, kan jy asb vir my verduidelik wat soek Charmaine in die eerste foto? of was daar n gat in die vloer waardeur sy iets wou stuur
Annie
Dit lyk of mens nie n tekort aan vleis sal he by DIE plek nie.
Annie

Muriel said...

Hierdie is my tipe restaurant, die vleis lyk vingerlek lekker en ....
mmmm daardie nagereg op Nelmari se bord laat my mond water

Ek kan sommer sien julle het die aand baie geniet....

Sandra said...

Annie ek het eers na die tyd op die foto gesien sy soek so ... miskien het sy 'n stukkie vleis laat val :-)

Dis nogal lekker as mens self kan besluit dis genoeg of nie Muriel. Ek weet daar is/was so 'n plek in Pretoria ook waar ons eenkeer geeet het.

Nelmari se die nagereg was baie lekker

Thea said...

LOL @ Annie!! :-)

Dit lyk of julle 'n baie lekker aand gehad het. Goeie vriende, lekker kos... wat meer kan mens voor vra!

My man wat 'n Vrystater is, sal homself natuurlik gate uit geniet met so baie vleis!! Ek is nie 'n groot vleiseter nie, verkies eerder slaaie en groente.

Nimsi se Blog said...

Daar is darem geen lekkerder kuier as saameet nie. Mmmm die nagereg lyk heerlik. Baie geluk aan die verjaarsdag maaitjie, mag die nuwe lewensjaar groot vreugde en vrede inhou.
Nimsie

Desire Fourie said...

Ja nee, dit lyk na 'n heerlike vreedsame plekkie wat definitief so reg met'n Suid-Afrikaner se hart praat, met al daardie gebraaide vleis wat so rondsweef van tafel na tafel. Mooi bly.

Sandra said...

Dis nogal 'n plek vir groot vleiseters Thea. Ek sal beslis die seuns soontoe moet neem, maar daar is baie soorte slaaie ook.

Nimsie ons is net bly ons het die verjaarsdag ou uit sy present-stoel gekry om te gaan eet :-)

Hoe se mens nee vir 'n lekker stuk lamsboud Desire --- en dan moet mens half proe wat is lekker ook, beslis 'n treffer vir ons SA eetgewoontes.

Charmaine said...

Annie ek soek niks... :-) En ek het ook nie vleis laat val nie maat. Ek rus dalk net bietjie of iets

mariki said...

Oe, dit moes nou waarlik moeilik gewees het om van ooreet af weg te bly!

Kan verstaan sommiges wou net daar aan die rus gaan...

Anonymous said...

die nagereg was baie lekker!!
Dit was passionfruit mousse.
:-)
=P

Sandra said...

O ek sien maat jy soek vir 'n plekkie om onder die tafel te rus?

Mariki ek dink nogal mens kan jouself beter so "pace" ipv 'n bord wat klaar vol kos is.

Sussie nou wat beteken dit nou alles?

retha said...

Vleis! so na die hart van n Suid-Afrikaner.

retha said...

Oops daar lyk dit nou of ek vir Desire na-aap.

Jan and Miekie said...

Vergeet die vleis... Daai poeding!! Dit lyk te lekker!

Sandra said...

Retha vleis is darem SA se stapelvoedsel :-)

Miekie blykbaar was daai poedig heerlike, ek's nie te lief vir soetgoed nie --- donker sjokolade wel.