Wednesday, November 5

Waarmee was ek besig

Voordat daar weer vrae is oor waar's foto's van my .... hier is twee! :-). Die van julle wat my ander blogs volg, weet dat ons vanaf November 'n besoekende "professor" het wat met die kinders praat. Hierdie "prof" kry swaar in Abu Dhabi se hitte. Charmaine stel hom hier voor aan die kinders, en sy is ook so gaaf om vinnig die deur oop te maak dat die prof kan uithardloop en in die gang gaan asemhaal. Die week daarop het die prof 'n hele kussing gewig verloor, 'n operasie ondergaan om beter te kan praat en darem nie nodig gehad om uit te hardloop vir asem nie. (Laat ek een nou weer iets hoor se van foto's). Daar was ook einde Oktober twee konferensies in Dubai. Een vir die volwassenes aangebied deur Elsa Meyer en een vir die jongmense aangebied deur Johan Smith beide van Moreleta Park. Ek en Nelmari het die jeugkonferensie bygewoon en vir 'n verslaggie daaroor loer bietjie hier. Vir haar was dit lekker om weer 'n klomp maats van die vorige jeugkamp te sien en saam te kuier. Daar was omtrent 300 Suid-Afrikaners wat die konferensie bygewoon het! By die tieners s'n was daar omtrent so 50 Suid-Afrikaanse jongmense. Ek raak altyd so opgewonde as ek sulke getalle sien en dis in die UAE mense! Dit was so 'n geseende konferensie vir ons kinders en die "ou" tannies wat dit bygewoon het.Tydens teebreuke het almal met lekker eet- en drinkgoed saamgekuier.

6 comments:

Desire Fourie said...

Eks bly die konferensie het goed afgeloop, om nie te praat van daardie verstrooide professor nie ... Groete uit Gauteng

Thea said...

Waar's die foto's van jou Sandra?? Ek sien net foto's van 'n professor!! ;-)

Julle "kook" daar in die woestyn! Ek is verstom dat daar soveel mense en kinders is/was! Dit wil gedoen wees!!

Muriel said...

Whahahaaaaaaaaaaaaaaaaa ek mag nie lag nie, maar hierdie prof vat die koek! LOL
O my aarde wat julle nie alles sal aanvang nie. Daar gebeur altyd opwindende goed waar jy, Charmaine en Nelmarie is!

Mmmm ek beloer die lekker eetgoed met nuuskierige oge! Dit lyk so aantreklik! Ek dink julle moet bietjie van daardie resepte vir ons aangee!

Sandra said...

Desire die professor is regtig verstrooid.

Hier so baie SAfrikaners Thea dat mens wens daar was meer, maar ek is baie opgewonde oor die jongmense se bywoning.

Een van die dinge wat ek hier mis Muriel is 'n tuisnywerheid. Gelukkig is hier darem ook 'n klomp bo-baas baksters. Dis nou ek uitgesluit. Nelmari en Charmaine bak ook lekker.

Charmaine said...

Dis so lekker as mens hier in die woestyn met so baie Suid Afrikaners kan kuier. Maat jy is 'n oulike professor. Dis defnitief een van die moeilike dinge gewees van die professor se kuiers... om my lag te hou en ernstig te wees saam met die professor en daardie in en uit hardloop vir asem... dit het die koek gevat!! :-)

Sandra said...

Maat ek dink die kinders was net so verstom omdat die professor so baie "kamer verlaat het".