Saturday, November 8

Slegs vir vroue en seuntjies onder 4

Enigeen wat "onwettig" loer? Gelukkig is dit 'n blog en nie die ware Jakob nie, want dan was jy nou oppad tronk toe. Die plek is die Damesklub vn Abu Dhabi. Nie baie mense kry die kans om dit van binne of selfs van die parkeerarea te sien nie, en daar mag nie foto's geneem word nie ~ maar ek wys julle van tien jaar se "skelm" foto's. Hierdie damesklub is deur een van die vroue van die vorige president geopen in Augustus 1998 uitsluitlik vir die vroue van Abu Dhabi. Een keer wou ek vir Nelmari en Elriza hier kom oplaai en William moes in die kattebak wegkruip omdat hulle hom nie eers in die gronde wou toelaat nie.Net om julle te wys hoe ernstig hulle hieroor is .... wanneer daar 'n funksie is en mans die klankstelsel opstel is hierdie bordjie in die portaal sodat almal weet dat daar mans in die omgewing is en jy nie privaat is nie. Die plek het 'n GROOT saal en ontvangs waar daar gereeld troues en funksies gehou word en elke keer versier word in kleurkeuse van die persoon wat die funksie hou. Hierdie foto is amper tien jaar terug geneem toe Charmaine vir ons in Abu Dhabi kom kuier het. Jinne ons was darem baie jonger. Destyds het ons selfs vrouefunksies vir SA vroue hier gehou en selfs my 40ste verjaarsdag is by hierdie eksklusiewe klub gehou! Dit was altyd een van die plekke waarna mens vroue besoekers kon bring. Hier is ek, Charmaine en 'n ander besoeker Bets, in een van die sithoekies. Hier is ook 'n restaurant wat deur een van die Hilton hotelle bestuur word en deur die sheikha gesubsideer word ~ so lekker eet teen baie billik!! Vroeer het ons die wonderlikste sappe hier gedrink - nog steeds natuurlik - maar ons eet ook graag van hulle kos. Behalwe vir dit is daar ook die wonderlikste spa vir lekker bederf behandelings, dans en oefeningklasse en 'n volledige toegerustig gym. Klein Dawn wil graag saamgaan toe die sak gepak word. Ons kuier ook graag in die jacuzzi (of jankosie soos James dit genoem het toe hy klein was). Ons is glad nie spyt ons is lede van hierdie klub nie.Hierdie foto is so vinnig geneem dat Nelmari nie eers kans gehad het om die hare uit haar oe te vee nie. Wanneer dit te warm buite is, is hierdie vir ons 'n lekker "afkoel" plek en word hier kopstukke gesels want niemand kan ons verstaan nie :-). Dis baie lekker om rondom die swembad te kuier waar die water gewoonlik afgekoel word tot so 32 grade. Die lekker seil oor die swembad verhoed ook dat die son jou beetkry. Hierdie foto is van onder die handdoek geneem want as hulle my uitgevang het was dit groot moeilikheid. Na tien jaar het hulle die "dekor" verander en so baie van die mooi skilderye weggevat en foto's neem is nog moeiliker, maar kyk bietjie hoe lyk dieselfde portaal waar ons in gesit het op die vierdie foto. Op die eerste vloer is daar 'n aantrekkamer vir die bruid en haar gevolg as die onthaal hier gehou word. Mens hoef mos nie te kommer oor die mans by die troue nie want hierdie ouens hou mos hulle troues apart. Die eetplekke lyk nou so ~ ek het natuurlik meer van die blou gehou. En daai sitkamerhoekie van tien jaar terug lyk nou so. Hierdie mense dood oor hulle privaatheid. Vroeer was daar ook 'n strand slegs vir vroue, maar dit is die afgelope paar jaar al toe vir verbeterings of nuwe geboue. Op die web gaan julle nie foto's oor hierdie plek kry nie, so as jy meer wil sien moet jy maar kom kuier.

16 comments:

Thea said...

Sandra, dit lyk na 'n heerlike kuierplek!!

Baie keer dink ek hoe anders dinge daar by julle is. As mens nie self daar was of daar bly nie, is dit half moeilik om jou in te dink hoe dit daar moet wees. Die tyd toe ons in Israel was (1992) het my mond ook omtrent oopgehang vir die andersheid.

Ek onthou van 'n Arabiese vrou wat langs die pad gestaan het toe ons oppad was Dooie See toe. Toe ek haar wou afneem, het sy vir my tong uitgesteek!! Ek wou eintlik net die tente afneem waarin hulle woon!

Muriel said...

Sandra dis 'n interessante inskrywing! 'n Plek vir vroue om te gaan wegkruip. Klink vir my na 'n goeie ding! he he

Sandra said...

Wat die snaakste is Thea is dat hulle dink hulle is reg en ons ouens is baie stupid.

Lekker om langs 'n swembad te le waar dit nie saak maak hoe jy lyk nie Muriel en dis hoekom ons so graag daar kuier ipv die publieke see.

Desire Fourie said...

Jy is nou behoorlik 'n joernalis 'under cover'. Dankie weereens vir 'n baie interessante fotostorie. Dis nogal snaaks, want hier in SA was dit mos meer die eksklusiewe mansklubs wat in was, dink nie meer dis so populer hier nie. Ag en Dawn is darem te ougat ... eks seker hulle sou haar toegelaat het, sy is altemins 'n mooie jong dame. Groete uit Gauteng.

Dorette said...

So 'n "jankosie" klink na 'n groot lekkerte! :-)Kan dink dat julle hierdie lidmaatskap baie geniet. Geniet dit sommer vir my part ook!

Jan and Miekie said...

Dis baie interessant! Bly om te hoor vrouens bly nie net by die huis nie.

Desia said...

Klink vir my ook of dit nogals lekker kan wees by so 'n mooi plek. Dis te lekker om daai plek te leer ken deur jou oe Sandra, sekerlik baie meer raak beskrywings as enige joernaliste of advertensie "write-up."

Charmaine said...

Jy is omtrent 'n goeie joernalis maat. Ek dink nie daar is enige iemand wat sulke fotos van die ladies club het nie. Ons kom darem 'n lang pad saam met die club. Op die foto's lyk die meer dramatiese dekor nogals mooi.

Sandra said...

Desire meer 'n geval van agter-en-onder-die-handdoek fotograaf spel. Hier waar die mammaratzi gedeelte inskop :-).

Dorette jy sal sien hoe klein Franco 'n jankosie vol speelgoed sal genniet!

Miekie ja of hierdie vrouens dit nou wil weet of nie, hulle het al aangesteek by die westerlinge.

Sandra said...

Desia dis die lekkerte van in Afrikaans skryf dan hoef mens nie stil te bly oor plekke wat ander om g'n rede "nie mag sien nie".

Ek het weer meer van die "ou" klubkleure gehou maat. Ek's bly niemand het opgelet hoeveel "ouer" ons geword het in die laaste paar jaar nie :-).

Muriel said...

Sandra omdat julle nie regtig oud geword het nie, julle is soos wyn, hoe ouer hoe beter, of sal ek sĂȘ mooier! he he

Anonymous said...

Ek sal lank en ernstig oor beide daai stellings moet dink Muriel

Anonymous said...

Jinne, maar daai mense is weird! :-) Ek moet se, dit behoort nogal lekker te wees om om die swembad te 'lounge' sonder enige mans in die omtrek. LOL!

Anonymous said...

Dis nogal stil en rustig ja. Veral by die swembad war jy nie heeltyd seuns het wat in duik en spring nie.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Dankie vir die toer! Dit was nou regtig lekker om saam met julle in Abu Dhabi te kon kuier.

Sandra said...

Beatrix, Abu Dhabi is net daai bietjie rustiger dan Dubai en dis lekker dat daar nog sulke plekkies is.