Sunday, November 23

Ons scrap les 3

Na ons les oor "Home" is dit tyd om te scrap wat ons in die les geleer het en vanaand is heelwat van die vrouens, omdat 'n besige werksprogram, voorbereid met 'n plan A. Dit beteken dat niemand haastig is om te begin nie en daar word rustig tee gedrink terwyl almal na hulle kaal bladsye staar. Wat so besonders is van hierdie studie is dat twaalf van ons dieselfde les kan doen en elkeen se scrapblad anders en uniek is. Selfs in ons "voorbereiding" en "tegnieke" verskil ons baie, kyk net hier .... Ons het die wat hard dink en staar in die verte opsoek na inspirasie. Een wat in haar sak sal krap opsoek na nog goedjies ... Partymense kom agter dat helfde van plan A by die huis is en nou word daar gewerk aan plan B. Ons het ook 'n spoeg en plak een .... Een wat in haar georganiseerde goed krap en glo in beplan en gaan volgens instink. En natuurlik een wat nie weet wat om te doen nie en liewers foto's neem as sy nie haar GROOT foute uitvee nie. En selfs as die inspirasie hulle beetpak werk elkeen op sy eie unieke manier. Ons het die wat met hulle self praat en nogal met die vinger vir niemand spesifiek beduie nie. En die wat met hulle tong konsentreer. Een wat 'n storie het agter elke foto wat sy gebruik. En ook een wat streng volgens haar beplanning gaan. 'n Klomp spesiale en unieke persone wat elkeen uit die les uitneem en 'n spesiale en unieke scrapblad maak. (Tydens die foto sessie was almal s'n nog nie klaar nie en het ek ook nog nie al ons internet groeplede s'n ontvang nie)
Hier is die bladsye ....Prent 1a Prent 1b Prent 2 Prent 3 Prent 4 Prent 5a Prent 5b Prent 6 Prent 7
Thank you, Lord, that you have not left me to flounder in the dark. You have given me all the direction I need, if only I will humble myself and go to your Word for the answers. Help me not only read and study the truths you have laid out, but also to incorporate them into every aspect of my daily life. Amen (van ons Studieboek God's Good Gifts)

13 comments:

Thea said...

Man maar julle raak net elke week al hoe ouliker!! Ek herken foto's van Bagshot en op 'n ander blad sien ek 'n foto van die 3 Hollowaytjies...

Ek kan sien hierdie stokperdjie verg heelwat konsentrasie en beplanning!

retha said...

Isn't amazing how different we are, I am very glad for that!

Ons was in die Nylstroom area. Ons het gebly naby Vaalwater.

Anonymous said...

Hiehiehiehiehie....Sandra, dis 'n snaakse inskrywing! Al die foto's van die diep denkers!

Ag man, om een of ander rede kan ek nie comment by die possie oor die man-van-die-vrou-wat-blog-verjaar nie. Dis 'n dag laat, maar se tog baie, baie geluk!

Nou hou ek duimvas hierdie een gaan deur...

Muriel said...

Wow maar julle raak nou oulik met die foto stories!

Ek geniet dit om te sien hoe almal sit en scrap en julle blaaie is baie mooi!

x x

Sandra said...

Dankie Thea ons is ook so bietjie in ons skik met die verbetering - nooit te oud om te leer nie. Jy's slim met die herkenning, seker jy het een gemis :-)

Retha ek's net so bly dat ons almal ons eie unieke mens is anders sal die lewe darem boring gewees het.

Boendoe ja ek scrap saam met diep denkers soos jy kan sien --- maar jinne hulle kan ook vreeslik uithak. Dis maar goed hulle het vir my om orde te handhaaf :-)

Dankie Muriel, joune is ook mooi. Ek sal nog eendag vir julle laat luister hoe dit klink ook as die klomp so met hulle self sit en praat :-).

mariki said...

Die foto-byskrifte...so pittig soos wat die handewerk goed is!

Charmaine said...

Ja nee, die scrapding is groot stories. Ek kan my verstom aan al die idees. Die blaaie is mooi en uniek. Ek is so nuuskierig oor die stories agter die foto's. Eendag sal ons daarna luister.

Sandra said...

Mariki die vroue leen hulle uitstekend vir sulke kommentaar ;-)

Dis waar maat, daar is baie stories agter die foto-stories.

Thea said...

Aaah... nou sien ek Sandra!!

Sorry Muriel, hoe kon ek joune mis!! Dis pragtig!!

Desire Fourie said...

Ja nee, dit lyk asof almal hul eie unieke wyse het van scrap. Hou van daardie groot potlood met die groot uitveer, want dit beteken 'n fout kan nooit te groot wees nie. Geluk met jou wederhelfte se 50ste ... eks seker hy is nog net so oulike soos op die fototjie. Groete van Desire

Sandra said...

Ek dink ook haar blad is besonders Thea.

Desire daar is eers gelag oor die klein potloodjie, maar dit was nogal in aanvraag :-)

Muriel said...

Julle laat my bloos! he he

Sandra said...

Hoekom Muriel?