Friday, November 21

Toekennings en Erkenning

Ek het hierdie wonderlike toekenning/erkenning van Desire van Doing Life gekry. Dis 'n toekenning wat sy self begin het, en ek's een van die eerstes om dit te ontvang. Dankie Desire, nou het ek ook een van jou pragtige scrapprente! Ek geniet jou blog en idees verskriklik baie.Soos sy is ek ook dankbaar vir elke persoon wat gereeld hier by Uit-en-tuis kuier. Die afgelope jaar het ek die wonderlikste mense deur my blog ontmoet! Dis net gepas dat mens hierdie tyd van die jaar ook dankie se vir al die blogvirende en wat hulle vir my beteken het.

Natuurlik is daar altyd reels aan 'n toekenning verbonde en hier is die een s'n:

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde
toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem
hulle name en link na elke blog.

* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys
met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.

* Wys ook die reels van die toekenning

En nou vir die toekening ... Drumrole ..... tarra....en die wenners soos deur my toegeken is ......... (in geen spesifieke volgorde) is:

Charmaine van Nuusbrokkies wat vandat ek begin het, elke dag so getrou my blog lees en kommentaar lewer. Vir 'n lang tyd was ek seker sy was behalwe my gesin, omtrent al een wat gelees het. Ook vir die spesiale manier hoe sy dieselfde onderwerp as ek kan vat en dit heeltemal anders kan blog. Ons dink en voel dieselfde oor dinge, maar tog is ons verskillende in ons eie manier. Dankie maat!

Muriel van Onder-die-maan-en-sterre en Muriels Diaries, wat sommer eendag met 'n hele opstel op die comments in my lewe gekom het. Hoe sy tyd kry om haar blogs almal op datum te hou, en nog soveel tyd aan ander dinge te kan spandeer weet ek nie. Voorwaar 'n dame van vele fasette en gawes. Ek het ook die voorreg gehad om haar te ontmoet. Jy verdien die toekenning en dankie vir jou!

Thea van Teatime with Thea. Vir haar ontmoet ek oorspronklik deur 'n ander blog en wonder ek waar is Thea as daar nie 'n comment is nie :-). Thea op jou blog voel ek rustigheid en orde en alles lyk altyd so mooi, beplan en deurdink. Dankie ook vir jou vriendskap deur die jaar en jou gereelde kuiers op my blog

Boendoe van Bashingindieboendoes wat ek onlangs eers begin lees het. Vir die deel van jou lewe tussen SA en Angola en al die kwessies daarrondom. Dis stories wat so baie van ons mense deesdae raak en jy hanteer dit wonderlik. Jou passie vir jou tuine en die heerlike vertel van Angola se ek dankie.

Kaalvoet van Kaalvoetinnireen. Deur jou het ek 'n blik op Korea gekry. Ok met die kosse nie altyd 'n goeie een nie, maar dis lekker om ook so saam te kuier, te sien en te leer. Jou foto's is uitstekend! Vir die deel met ons ander se ek baie dankie!

En dis nodig om 'n ses ook te he:
Eilandkind van Sterre-en-seeperde Jou stories oor jou Eiland en die dinge waaroor jy so sterk voel laat my gereeld daar gaan kuier. Ek geniet jou blog en of jy dit in Engels of Afrikaans doen, moenie ophou nie! Dankie vir al jou kuiertjies ook op my blog.

En as jy by my blog lees en jou naam is nie genoem nie, moenie afgeskeep voel nie, ek's baie seker die toekenning gaan baie binnekort ook by jou 'n draai maak.

Vir julle ander wat nie blogs het nie maar ook gereeld hier lees, duisend dankies. Ek hoop dat ek op een of ander stadium ook julle name deur 'n epos of kommentaar sal ken.

9 comments:

Thea said...

Sjoe! Baie, baie dankie Sandra!! Jy maak my dag!!

Baie dankie ook vir jou vriendskap!

Muriel said...

Wow baie, baie dankie vir my oscar.
Hou ek die toekenning in die lug!!

Ek wil net my ma, kinders en Teddie bedank vir al die ondersteuning. Die regisseur en kameramanne!

Nou hou ek my oscar in die lug en sê "thank you so much" Julle moet nou klap!! :) LOL

Dankie vir die rooi tapyt moment Sandra. Dit is altyd lekker om jou te lees! Ek dank nog elke dag my sterre dat ek al julle wonderlike Abu Dhabi maats deur uit en tuis ontmoet het.

Aan al die ander wenners ek stem saam met Sandra julle is waardige wenners!

Dankie ook aan Desire wat hierdie oulike toekenning begin het.

Kaalvoete is nou in die Kaap maar sy sê ook baie dankie! Ek het gister 'n foto van die see by die Strand en Gordonsbaai van haar gekry. Sy geniet haar self gate uit!

Baie dankie Sandra!!

x x

Desire Fourie said...

Hello Sandra. So bly jy het die toekenning aanvaar en dit laat voortrol op so 'n persoonlike wyse. Mooi bly

Charmaine said...

Baie dankie maat... wow, ek voel geeerd so tussen al die groot blogname. Baie dankie vir jou vriendskap. Jy is baie spesiaal vir my... 'n sussie en vriendin...als in een. Liefde

Sandra said...

Thea ek kuier lekker daar op jou blog

Goeie toespraak Muriel maar jy het net 5 lyne gehad om te praat :-)!

Se vir Kaalvoet om te geniet dis my gunsteling plekke ook veral Gordensbaai. Sal volgende week daar gaan loer.

Dankie vir jou en die daarstel van die toekenning Desire!

Ek geniet jou blog maat

Anonymous said...

Ai, Sandra, ek voel skoon aangedaan. Baie dankie vir die blogtoekenning, ek waardeer dit baie. En ek sal die oulike idee voortsit.

Jammer ek was bietjie 'afwesig', maar die internet het behoorlik die gees gegee. Nogsteeds bitter stadig, maar as ek uithou en aanhou, kry ek darem iets oopgemaak! :-)

Anonymous said...

Thank you, thank you very much!

EK het so lanklaas geblog, ek het al amper vergeet ek het een! Dis te leker in die Kaap en die weer is fantasties sover!

Jy moet jou tydjie in die Kaap geniet! Ek moet ook alweer amper terug....

eilandkind/islandchild said...

Dankie Sandra! Ek sal my bes probeer om dit aan te stuur (bloos) ek het nog twee ander wat ek nooit aan gestuur het nie.

Sandra said...

Boendoe bly jy het darem nog internet dat ons daardie wonderlike stories kan lees.

Kaalvoet jy moet nie die Kaap opgebruik nie, ek's Saterdag daar!

Eilandkind lekker om weer van jou te hoor, ons mis jou inskrywings!