Monday, November 10

Scrapstudie bl 2 en die vrouens raak al hoe beter

Ons almal het uitgesien na die tweede les se scrap en daar was selfs meer selfvertroue rondom die tafel. Na ons "teorie" les was dit amazing om te sien hoe ons almal se prentjie rondom wat is "kerk" verander het. Nie negatief nie ... maar daar is wegbeweeg van die kerk as 'n gebou, meer na onsself toe.


"Without wavering, let us hold rightley to the hope

we say we have, for God can be trusted to keep His

promise. Think of ways to encourage one another

to outbursts of love and good deeds. And let us not

neglect our meeting together, as some people do,

but encourage and warn each other, especially now

that the day of His coming back again is drawing near"

(Heb 10:23-25)


Natuurlik was daar weer hope lag en pret terwyl ons aan ons blad gewerk het. Nelmari het met vooraf beplanning gekom en wou haar doodlag oor ons wat nog moet besluit hoe en waar. Maar as die idee eers in mens se kop kom, dan word daar geknip, "gezot" en met jou self gepraat dat die palmbome bewe. Hier is dan van die voltooide blaaie met nog hier en daar 'n afronding wat gedoen moet word....
Prent 1
Prent 2
Prent 3


Prent 4 a


Prent 4 b

Prent 5
Prent 6
Prent 7
Prent 8a
Prent 8b


Nie sleg vir nuwe scrappers nie ne? Iemand braaf genoeg om te raai wie se prentjie is wie s'n? Dis prente van my, Charmaine, Amelia, Muriel, Vicky, Nelmari, Vanessa en Elize.

Volgende keer is ons tema "Home" en ons sien sommer baie daarna uit!

13 comments:

Muriel said...

Wow girls maar julle blaaie is mooi!

Desire Fourie said...

Wow, maar julle dames was behoorlik kreatief. Jul skeppings lyk pragtig en eks seker die woorde gee nog meer betekenis aan die uitlegte. Bly om heelwat templates te herken wat gebruik is. Mooi bly.

Anonymous said...

Jy moenie vergeet joune is ook daar nie Muriel.

Ons is baie in ons skik met die blaaie Desire en ja ons gebruik Doinglife se goed baie.

Anonymous said...

Ek het net een woord en dit is "fantasties"
Ek kan nie wag om met my eie te begin nie.

Sandra said...

Mooi Heleen ... kloppie op die skouer jy het dit reggekry!!! :-)

Ons sien ook uit daarna dat jy saam met ons begin werk volgende week!

Charmaine said...

Sjoe die blaaie lyk pragtig. Ek verkyk my aan al die idees en hoe verskillend ons die ding aanpak. Dis soos storie skryf. Ek dink ons moet dit 'n volgende studie maak en ons stories met mekaar deel. Dan maak ons 'n quilt :-) Hoe klink daai

Thea said...

Julle blaaie lyk almal pragtig!! Ek kan sommer sien en lees dat julle baie pret daarmee saam het!

Anonymous said...

Quilt? Is jy nie nou besig om te ver te gaan nie maat?

Groot pret en groot lesse Thea!

Anonymous said...

Jong, maar die dames se bladsye lyk spoggerig. So innig! Ek kan nie wag om die blaaie op 'n Maandag te sien nie. Ek geniet die vrae ook baie. Dit is so persoonlik en laat mens so diep nadink.

mensesondergrense said...

Julle bladsye lyk pragtig. Ek is klaar met my agtergrond, maar die foto's ontbreek. Van my foto's is nog in die container gebêre en die ander moet ek op disks soek. En dan ontbreek die tyd ook. Home se agtergrond is ook darem al in wording. My boek het ook gekom. Werk lekker as ek kans kry.

Anonymous said...

Ons mis jou hier in Abu Dhabi Elize en is bly jy's deel van die studiegroep al sit jy daar in Bloemfontein.

Annatjie ons sien uit daarna om jou voltooide bladsy te sien. BLY jou boek is ook daar, ons vroue geniet die vrae en scrap baie.

Dorette said...

Sjoe dis pragtig! Dis amper soos legkaart op 2 vlakke bou - die fotos knip en plak, maar ook om te dink waar ons inpas in Sy groter prentjie.

Sandra said...

Dis nogal so Dorette - ons plaas onsself eers in die prent dan doen ons dit.

Niemand het probeer raai wie se prent is wie s'n nie, so vir die wat nie weet nie:

1 - Amelia
2 - Charmaine
3 - Elize
4 - Muriel
5 - Nelmari
6 - Sandra
7 - Vanessa
8 - Vicky