Wednesday, November 19

My huiswerk

Ek's deur Muriel getag om hierdie paar vragies te doen.





What are your nicknames :
Ek het nogal nie byname nie, maar word ook soms Saartjie genoem :-)

What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Ken nie regtig sulke programme nie, maar een waar ek maklik sonder om 'n groot krater van myself te maak, goeie pryse kan wen sal seker oorweeg kan word.

What was the first movie you bought in VHS or DVD:
Kan nie onthou nie, dit mag Forest Gump gewees het.

What is your favourite scent:
White Linen maar parfuum bly net vir 'n kort tydjie op my ... chemiese iets
Ek hou van die reuk van gras, babatjies, lelies, die see!

If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
As dit vir myself is, heel waarskynlik 'n huis waar ek met my voete in die see kan sit en 'n kamera van my keuse. Maar ek het 'n klomp goed wat ek daarmee sal doen wat nie noodwendig vir myself sal wees nie.

What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Tsitsikama,

Do you trust easily?
My Vader ja maar mense nee

Do you generally think before your act, or act before you think?
Ja ek dink nogal oor 'n storie en sal nie sommer op die ingewing van die oomblik doen nie. Vir balans het ek gelukkig virende wat op die ingewing dinge doen.

Is there anything that had made you unhappy these days?
Ja alles wat "op ys gesit word tot later" en net nie gebeur nie. Dis nogal 'n ding van die land.

What is your favourite fruit?
Waatlemoen

What websites do you visit daily?
Meestal die koerante in SA en blogs

What have you been seriously addicted to lately?
Foto's neem :-)

What's the last song that got stuck in you head?
'n Nuwe liedjie wat ons Maandagaand vir die kinders geleer het

God loves You, I wanna shout it out

What is your favourite thing to wear?
In hierdie hitte - koel klere

Do you think Rice Krispies are yummy?
Nee

What would you do if you saw $100 lying on the ground?
Optel en wonder of die persoon wat dit verloor het, dit nodig het en mis

What items couldn't you for without during the day?
My motor, rekenaar en kamera

What should you be doing right now?
Die hond gaan stilmaak





Dan is dit ook my plig om ander te vra so Marike en Desia dis julle beurt ... vertel!

7 comments:

Charmaine said...

Dis waar maat, dis heeltemal jy die.. jy is spesiaal

Muriel said...

Hello Saartjie jy is baie special ;)
Dankie dat jy saam gespeel het!

Ek het geweet jy gaan jou kamera noem he he

Sandra said...

Sjoe bly jy het my nie uitgevang jok nie :-)

En hoe kon jy dit geweet het Muriel?

Thea said...

Dankie Saartjie, nou weet ons ook meer van jou! ;-)

Koop nou sommer vir jou 'n huisie in Tsitsikamma dan kom kuier ons vir jou daar, ek en Vuur en Maine en al die ander wie se byname ons nog nie ken nie.! LOL!!

Sandra said...

Nee wag nou Thea ons gaan eers by jou in Frankryk kuier! Met al die bome in die Tsitsikamma kan takke wegwaai en vuur brandstig. Hoe rooi sal daai plek dan geverf wees?

Thea said...

Klink vir my na 'n potensiƫle gevaarlike plek Sandra!! En dan moet mens nog met die Suidooster ook rekening hou!!

Nee, jy's reg... Frankryk sal dit eers moet wees. Vuur het mos Franse familie ook... Marie Antoinette... dalk kan ons haar ook oornooi. Sy kan dalk 'n bottel rooiwyn saambring en dan kan ons eers lekker kuier....
LOL!!

Desire Fourie said...

Dis nogal interessant hoe 'n mens altyd iets nuuts omtrent 'n persoon leer deur hierdie tags. Wat Tsitsikamma betref het ons dit definitief in gemeen. Ons het die Tsitsikamma 5 dae pakstap so 'n paar jaar gelede gedoen en dit was een van ons gunsteling hikes tot dusver. Mooi bly