Wednesday, November 12

Soek 'n rok en koop papier

Nelmari soek 'n rok vir 'n troue en met geknersde tande durf ons Dubai en sy verkeer weer aan. Ons soek by Wafi mall want dis waar sy een gesien het, maar ma en dogter stem nie saam oor die "look" nie en ons probeer ook Mercato mall. Geen sukses. Mens kan die swaarheid in die motor voel van al 4 vroue toe ons sonder 'n pakkie weer in die motor klim.Maar 'n scrapfase het mos nou die bloggers getref en orals waar jy loer en kyk is dit foto-stories en flenter-onthou's. Dis verseker nie iets nuuts nie en baie mense blog al vir jare, maar dit klink verseker nuut onder die afrikaanse bloggers. 'n Paar maande terug toe ons vroue 'n scrapboek-studie begin is "materiaal" moeilik om te kry en ek doen my aankope by Desire (julle ouens in SA moet beslis hier gaan inloer). Ek lees van 'n nuwe scrapboek winkel in 'n villa in Dubai en ons besluit om gou hier te gaan inloer. Net miskien kan 'n mens 'n sakkie huistoe vat .... FOUT nr !. Met die intrapslag staan hierdie rakke en rakke en rakke papier van alle vorms, kleure en teksture. Kyk ons is noual twee weke ook "scrappers" :-), en mens begin al dink in papier en sommer gou-gou word die mandjie volgelaai tot jy dink jy het nou als wat jy nodig het. Tot mens opstaan om aan te stap en die volgende muur jou tref en ... die volgende een en jy staar verstom uit wat alles binne die winkel is. Ek skarrel soos iemand op 'n warm sinkplaat rond om eers te kyk wat ek regtig wil he en dan ook bang ek vergeet waar dit was, maar die ervare shoppers het die heeldag al niks gekoop nie en hulle begin stadig inlaai. Dan loer ek by die muur om te kyk. Dan weer terug na Nelmari toe om 'n paar goed uit die mandjie te haal. Albums ma, dis baie baie nodig se sy wat bo ook nog kan bykom. En as mens dan wegdraai van die mure wat jou so besig gehou het met die aankope tref die binne-kant jou. Genade waar begin en eindig mens. Nelmari het glad nie so 'n probleem nie, sy weet wat ons nodig het terwyl ek nog nie eers weet wanneer om dit te gebruik nie. Skielik staan Corina ook op waar sy gesit en koop het met 'n .... kyk hier is nog 'n kamer. Allerhande masjiene en stempels en goed wat ek nie eers weet wat hulle doen nie is hier. Charmaine en Corina kyk na 'n demonstrasie van een van die masjiene en Nelmari sien wat sy wil he vir Kersfees. Maar betaal moet mens ook betaal en al is die goedjies klein kan mens hoes as jy alles bymekaar tel kom my maatjie agter. Hierdie winkel is iets ysliks en hulle het scrapboek klasse, jy kan 'n scrapboek-partytjie hier hou en 'n koffiewinkel met die mooiste koeke word binnekort ook oopgemaak. Julle ouens in die UAE wat vir beursie-veiligheid dit nie wil besoek nie, kan gerus hier op Paperlane webblad loer en koop. Hulle kom laai dit sommer by jou voordeur af. Almal gelukkig met hulle pakkies .... nou kan ons huistoe gaan!

15 comments:

Thea said...

Oe genade Sandra, as ek in so 'n winkel moet beland sal ek nie weet wat om te vat en wat om te los nie!! Wat gewoonlik gebeur is dat ek so oorweldig word deur die groot verskeidenheid, dat ek meeste van die tyd niks koop nie! By die huis sal ek dan rustig gaan nadink wat ek nou regtig nodig het en dan op 'n later stadium terug gaan en gaan koop! :-)

Anonymous said...

"Diep Sug".........Ai Tog!

Anonymous said...

Na die groot "shop" het ek Carmaine se "stock" gesien, wow hoe bly is ek ek was nie saam nie, my BUGGET sal dit nooit oorleef nie! Dankie aan Sandra wat vir my so mooi in detail kom wys het hoe n mens die "goeters" oor die internet kan koop!

mensesondergrense said...

Ja, dit is wat scrap aan 'n ou doen. Gelukkig was ek ook nie daar nie, maar ongelukkig het ons ook nie sulke winkels hier in NZ nie. Die scrapgoed is maar skaars. Jy moet maar jou eie maak. Geniet dit.

Desire Fourie said...

Dit moet definitief een van die grootste scrap winkels in die wereld wees en eks seker julle het heeltemal kop verloor ... as dit ek was sou ek baie meer as my kop verloor het, dalk my finansiele stabiliteit ook. Eks bly julle het op hierdie scrap goudmyn afgekom. Nou kan ek net nie wag om te sien wat julle met al hierdie nuutgevonde lekkernye gaan doen nie. Groete uit Gauteng

Muriel said...

Wow wat 'n lekker winkel! Ek verloor deesdae ook heeltemal kop in die scrap book winkels!
Net jammer ek kry nie op die oomblik baie tyd daarvoor nie, maar wag binnekort! :-)

Hoe lekker lag ek vir man en pa van die twee se sug!!!

Ek kan nie wag om al julle kunswerke te sien nie.

Anonymous said...

.....en waars die rok ...??????
Annie

Sandra said...

Thea ek dink ek het ook so gevoel, maar die boffen shoppers se koop is aansteeklik hoor!

Eddie .... sug, sug .... dis nog nie die einde nie!

Jy's so oulik met die rekenaar nou Heleen, kan nie wag om Sondag te sien wat jy gekoop het nie :-).

Annietjie dit was maar hier ook so, maar moed hou die ouens kom gou agter waar hulle kan geldmaak en binnekort het julle ook een. Jy moet maar by Desire bestel online.

Sandra said...

Desire moet nou nie druk op ons uitoefen om dadelik mooi te scrap nie hoor :-)! Volgens "kenners" is dit een van die winkels met die meeste verskeidenheid wat hulle van weet en dis sommer op ons agterstoep in Dubai!

Muriel geen druk vn jou kant af ook nie seblief!!! Jy kan maar 'n breuk vat, onthou net elke 2de week is daar huiswerk!

Ag Annie die rok kon ons nie kry nie. Ek weet as jy nou hier was, het jy vir haar die mooiste rok kon maak, maar haar ma's nie goed met sulke goed nie. Ons vat die winkels maar stuk-stuk aan en SOEK

Charmaine said...

Ja nee maat die ekspedisie het my sak seergemaak. Ek het eers die volgende dag aan skok gely en toe gewonder of ek ooit sal weet wat om met al die stuffies te maak. Desitre ek dink jy moet kom kursus aanbied vir ons.

Muriel said...

Ek sal nie my huiswerk vergeet nie Juffrou!! whahaha
Hierdie is lekker huiswerk!

Geniet julle aankope!

Het Nelmari toe ooit 'n rok gekry?

Sandra said...

Mooi so Muriel want hierdie "juffrou" kan baie kwaai word :-p

Ons het toe eintlik gister na die 4de mall 'n rok gekry!!!

Anonymous said...

Hoe lekker lag ek nou toe daar nie weer melding van Die Rok gemaak word nie! Maar ek's bly julle kon uiteindelik die regte een opspoor.

Aan die-pa-en-man-van-die-twee: simpatie! :-)

Daai winkel lyk amazing! Dit kan 'n mens se voete onder jou uitslaan as jy ewe skielik voor so verskeidenheid te staan kan, ne?!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Duisend dankies vir hierdie wonderlike link! Ek sal defnitief moet begin plan maak om te leer Scrap voordat die tweeling hier is. Want mens kan nie die kans laat verbygaan om nie hulle spesiale oomblikke op 'n spesiale manier vas te vang nie.

Lekker dag daar!

Sandra said...

Boendoe dit kan mens van shop genees, as mens so oorweldig word met "te" veel keuses. (Net vir party van ons ek weet)

Beatrix die ouens scrap deesdae online ook, daar is 'n weblink by die comments van "Waar's jou huis". Dan kan ons ook die foto'tjies sien :-)