Saturday, November 22

die-man-van-die-vrou-wat-blog-verjaar

Iemand word 50 !!!

Baie geluk met jou Verjaarsdag

Ons hoop dis 'n baie spesiale dag,


en dat jy die dag

en die ete vanaand sal geniet

en

o... jou geskenk wat jy reeds kon inwerk :-)

Ons hoop ook die Bokke gee jou 'n goeie present


11 comments:

Charmaine said...

Baie geluk Eddie. Ek hoop die nuwe jaar is goeie een. Beste wense vir jou spesiale groot "5"

mariki said...

Baie geluk ook, van 'n blogmaat-van-die-vrou-van-die-man-wat-verjaar.

(Jig, Sandra, maar hoe oud is wederhelf dan -- as ek moet aflei van die seuns se foto...!)

Thea said...

Baie geluk met die man-van-die-vrou-wat-blog se 50ste verjaarsdag!! Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê Eddie!!

Sjoe, maar dis 'n bedrywige maand hier in blogland! Mariette, Charmaine, Eddie, my man en kinders. Is daar nog ander wat ook in November verjaar?

Thea said...

O en Lucy, ons hond is op die oomblik besig om kleintjies te kry Sandra!!

Muriel said...

Baie geluk met jou verjaarsdag Eddie, mag die nuwe jaar vir jou net mooi dinge inhou! Geniet die dag!

My oudste seun verjaar ook vandag!

Anonymous said...

Dankie julle almal, eerste 50 het nogal baie interesante draaie ingehou. Kan nie wag vir wat die volgende 50 kan bring nie, solank 'n groot deel daarvan net langs die see in Onrus mag wees.

Anonymous said...

Eddie baie geluk met jou verjaarsdag (wil nogsteeds weet hoe jy op so 'n jong ouderdom die pensioen afslag kry by Dassiesfontein??!!)
Geniet die dag en jou lekker Onrus vakansie oor een van die dae!
Liefdegroete
Hennik Ronelle en al ons kinders

Anonymous said...

Hai Eddie, Baie baie geluk en welkom by die baie spesiale Klub waarby jy nou aangesluit het. Hoop jy het n lekker dag gehad!!
Annie

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Baie geluk met Oom se verjaarsdag! Hoop dit was 'n wonderlike en geseënde dag gewees!

Mag julle as gesin sommer nog baie verjaarsdae saam geniet.

Blessings vir die dag en vir die jaar wat op Oom wag.

Groete
Beatrix

Anonymous said...

Dankie weereens julle ouens vir die wense. Die vrou en dogter het my mooi vet gevoer met al die vleis gisteraand (ek is seker die fotos is oppad) en die present van die gesin is mooi "ingewy".
Dat 'n man nou 50 moet word om 'n Lazyboy stoel te verdien!

Desia said...

Baie Geluk! Onthou: 50 is die nuwe 40...