Sunday, November 16

Waar is jou huis?

Is die vraag van les 3 van ons studie en die onderwerp waaroor ons hierdie week moet scrap. Charmaine sing vir ons die liedjie, waarna die onderwerp in diepte bespreek word. Soveel so dat ons nie al die vrae kan klaarmaak nie. Ons kyk ook een van Rob Bell se DVD's. (Die van julle wat die reeks nie ken nie, kan julleself gerus treat en van die dvd's aanskaf, dis ongelooflik). Die opsomming van die les word so deur een van die vroue gegee.

Om jou huis se fondasie op die "'lewende Rots"' te bou verseker jou dat jy die aanslae van die duiwel deur stormreen, vloedwaters en wind sal kan weerstaan.
Waar God verheerlik word is daar liefde, vreugde, vrede en hoop. Waar dit gesamentlik beleef word, word verskille onbelangrik.
Die boek som dit so op: "The family is falling apart because we have embraced the world's wisdom while ignoring God's. Get into the Bible, its the Architect's plans. I especially urge you to spend time in the books of Proverbs; it's God's blueprint for wisdom" (Kay Arthur).

Na die tyd vang die klomp wat die vorige scrap gemis het bietjie op en Amelia loer na een van die boeke. Heleen is verstom oor al die goetertjies wat Charmaine by die winkel in Dubai gekoop het. Die beplanning het begin en volgende week wys ek vir julle wat die vroue met hierdie les met al hulle flenterpapiere en foto's gedoen het. As julle wil loer wat ons alles met die studie al gedoen het, kliek op die Studie SB1 label hieronder.

En as nagedagtenis .... dit het niks met die studie te doen nie .... daar is 'n heerlike harde 5 min reenval in blok 5 zone 11 in Abu Dhabi vandag (Jippie, dis waar ek bly!)

8 comments:

Jan and Miekie said...

Dit lyk so gesellig! Tammy se ma doen ook baie "scrapbooking". Ek dink nie ek het die "touch" nie - sal maar hou by skoolhou. Ek wens net ek kon Tammy se portfolio bietjie opgedollie het: die prysuitdeling is oor 2 weke en daar gaan nie tyd wees vir so iets nie.

Charmaine said...

Hi maat, dit het tog hier by ons in die middestad ook gereen.. :-) ek weet nie in watter zone en al daai stuff dit is nie, maar dit was HEERLIK!! Dis so mooi opsomming van die les. Dis waar, waar die prioriteite reg is word die huis 'n tuiste.

Sandra said...

Miekie daar is 'n webblad waar jy dit met digitale scrapbook kan doen. Muriel, Thea help!!!

Al wat ek nie van die reen in hierdie plek hou nie maat, is dat dit vuilmaak ipv natmaak. Al die woestynsand wat hier in die dorp uitgereen word.

mariki said...

Saam met julle weet ek net: ek bly liewers in 'n eenvoudige huisie op die Rots gebou, as in 'n paleis op 'n sandfondament!

Muriel said...

Dit lyk lekker gesellig!

Ek dink ek sal ook so verstom wees oor Charmaine se aankope! Kyk hoe ingenome lyk sy! whahaha te dierbaar!

Ek is bly julle het ook reën gekry!

Mieke jy kan digitale scrapbooking hier gaan doen:
http://www.scrapbookflair.com/download.aspx

Laai net die sagteware af, en voila jy gaan sien hoe maklik is dit! Jy kan selfs so digitale scrapbook foto in jou normale scrapbooking sit! Ek is deesdae verslaaf aan scrapbook!

Lekker week almal!

Thea said...

Miekie, daar is ook 'n webblad waar jy 'n blad kan saamstel sonder om enige sagteware af te laai. Die adres is: www.scrapblog.com

Ai Sandra, julle Bybelstudie en scraplesse lyk só lekker. Ek glo dis die hoogtepunt van julle elkeen se week!

Lekker week daar!!

Desia said...

Hi Sandra, ek's jammer ek is so AWOL met die Bybelstudie, ek sien reeds vanaand Les #4 in my epos. Ek hoop om die week by te kom.
Dit klink lekker om dit in lewende lywe saam te doen, maar dis nie 'n verskoning vir my om dit NIE te doen nie!
(Wil net byse dat ek altyd jou inskrywings oor die UAE geniet, hou aan vertel.)

Sandra said...

Mariki ek stem!

Ja Muriel sy was baie "chuff" met haar goedjies :-)

Thea ons geniet dit verskriklik baie. Dankie vir die adres!

Desia sien uit daarna om joune te sien. Geniet jou kleinkind!