Friday, November 14

Kuier in Japanees

Een van ons gunsteling restaurante hier in Abu Dhabi is die Benihana. Behalwe vir die kos wat ongelooflik lekker is, is die "teppanyaki" manier van kosvoorbereiding 'n treat op sy eie. Ek het dan ookal vertel van kere wat ons daar gaan eet het, maar dis altyd lekker om die restaurant saam met iemand vir die eerste keer van vooraf te ervaar. So 'n tydjie terug het ons saam met die Du Preez gesin hier van Abu Dhabi gegaan en was dit nou groot pret en gelag ... hulle was sulke goeie sports om deel te neem. Vanessa en Anton hier is julle foto's soos belowe. Die chef berei ons "groente" voor en die manne en Nelmari hou hom fyn dop. Die chef is op sy stukke vanand en 'n groot entertainer. Gou gou het hy vir die kinders elkeen 'n naam ... Liam is "Sir Lee" en Armand word "Mr Four Eyes" genoem en hy sonder veral vir Sir Lee uit vir al sy toertjies. Sir Lee kry sy eie chef hoed en met 'n eerste probeerslag het hy ook die stokkies-eet onder die knie. Hier beteken speel met kos heeltemal iets anders as in jou eie eetkamer. Die chef probeer kos van die plaat in die ouens se monde gooi en kyk hoe vang die klomp dit. Liam se stukkie maak dit net-net nie. Lyk asof Anton hierdie kompetisie met die eier gaan wen. Kyk hoe geniet Sir Lee dit. Armand wag om te sien hoe suksesvol hy gaan wees. Vanessa maak oe toe en hoop vir die beste. Vanesse is ook heel trots op haarself dat sy vanaand prawns eet (iets wat sy nooit wil doen nie) en Anton wys ons hoekom die Japanese nie mors as hulle rys met stokkies eet nie. Die "favorite" van die aand kry afrigting in 'n "Japanese Chef houding" en hy lyk gevaarlik met die messe.

11 comments:

Desire Fourie said...

Sjoe dit lyk na groot pret, maar dat 'n mens hard vir jou kos moet werk ... ha ha ha

Thea said...

Hier gaan ek honger ly... LOL!!

Moét hulle jou kos vir jou gooi en kry mens darem 'n vurk of 'n lepel om mee te eet?? *wink*

Sandra said...

Desire dit maak dat mens baie stadig eet.

Thea weet jy mens voel gouer versadig omdat dit so lank vat en dis 'n goeie ding. Vergeet van 'n vurk jy gebruik stokkies.

Thea said...

Sandra, ek trek net jou been. Dit lyk na baie sports! Ek het nog net een keer in my lewe met stokkies geëet het maar ek glo mens kom seker reg hoe meer jy dit doen.

Sandra said...

Het so gedink Thea :-), maar die stadig eet werk nogal vir minder eet hier. Ek klink braaf, maar ek vra 'n vurk anders mors ek hopeloos te veel. Maar deesdae gee hulle "trainer-stokkies" vir die kleintjies en ek sal dalkies dit kan werk.

Muriel said...

o gits, ek sal omkom van die honger, ek sal niks met my mond gevang kry nie!

Dit lyk na vet pret!

Anonymous said...

Gelukkig moet mens nie al die kos so eet nie. Dit is darem maar 'n lekker kuierplek die.

mariki said...

Altyd iets nuuts -- en lekkers!

Jan and Miekie said...

Ek het baie, baie lanklaas met stokkies geeet - onthou net dit was nogal moeilil. Maar dit lyk asof julle baie pret gehad het!

Dorette said...

Dit lyk na 'n lekker plek vir 'n aand van lag en kuier! (Maar ek sal ook veiligheidshalwe maar vir 'n vurk as back up vra)

Sandra said...

Muriel dis hoekom ek nie eers daai speletjie probeer nie :-)

Ek stem maat, dis een van die lekkerste plekke in die dorp.

Marike dis 'n treat. Julle het mos ook een van hulle daar het julle nie?

Miekie ek is glad nie goed met die stokkies nie.

Die vurk is 'n baie handige "tool" Dorette, want om rys met 'n stokkie te probeer optel ... ai