Tuesday, November 25

Markte is hier anders

Of mens nou gewoond is aan die ou markies by Groenpunt, Hatfield en Irene of die boeremark oorkant die WNNR, dis effens 'n kultuurskok om die markte in die UAE te ervaar. Ek lees 'n vlooimark is 'n plek waar gebruikte goedere verkoop word en 'n "craft mark" is heeltemal iets anders. Natuurlik mis mens dit en daarom is dit ook paslik dat 'n SAfrikaanse vrou 'n craft mark in April begin het, en dit nou weer in November gehou het. Kyk dis nog baie in die beginstadium en ek het ook oor die Aprilmark geblog, maar ons was nuuskierig om te sien of dit "gegroei" het. En dit het, want daar was 18 stalletjies en teen 11 uur was baie van die gewilde stalletjies se voorrade maar laag. Gelukkig vir ons was daar nog scrapboekpapier en goetertjies beskikbaar. Afrikaans kon mens orals hoor en jy loop baie bekendes raak. Party mense voel mens moet net eenvoudig ondersteun dat hulle volgende keer weer een wat nog groter is kan hou. Ons kon nie soos in April boerewors rolletjies kry nie, maar lekker biltong en droewors was een van die gewilde verkope. Die ander westerlinge is defnitief besig om 'n tand vir hierdie lekkernye te ontwikkel. Die arabiere aan die anderkant, noem 'n mark 'n "souk". Hier kry jy allerhande "souks" vanaf die Friday market in Fuijerah tot 'n Goud souk en 'n Vis souk en en en klomp ander. So na die vlooimark het ons die nuutste souk in Abu Dhabi gaan besoek. Kyk net die verskil in die "looks". Hier word nog gebou en gebreek, maar die uitsig is pragtig op die see en een van die grootste moskees ter wereld waarvan ek al hier, hier en hier vertel het. Die ingangsportaal is pragtig met rusplekkies en dan loop daar orals sulke gangetjies uit om die "mark/souk" effek te gee. Min van die winkels is al oop en dit lyk amper soos die Madinat Jumeirah waarvan ek vertel het. Wat besonders is aan hierdie souk is die waterkanale wat tussen en rondom die geboue loop. Mens kan dan sou jy in die hitte wou (dis darem nou winter) op een van die bote op die kanaal vaar. Ons sal defnitief weer kom kyk as daar meer winkels oop is EN een van SA se lekker restaurante Meat & Co het ook hier oopgemaak. 'n Baie goeie rede om weer te kom.

18 comments:

Charmaine said...

Ek dink ons Kunsmark het die keer die prys gewen maat. Die souks was veronderstel om plekke te wees waar almal kan koop maar die nuwe grandes in die land is nou vrek duur. Ons koop maar by die kunsmark... en ek dink ek het regtig my deel daar gedoen. :-)

mariki said...

Sjoe, Sandra, daai Arabiere weet alles van beter en beste af...!

Thea said...

Born to shop... ;-)

Souks/markte is interessante plekke om in rond te snuffel! Ek maak notas van al hierdie plekke om te kom besoek volgende jaar!

Ek het sommer ook weer by jou vorige inskrywings gaan lees Sandra. Daai moskee is darem maar "impressive"!!

Ja nee, ek stem, die Arabiere lyk my doen 'n ding ORDENTLIK as hulle hom doen.

Sandra said...

Maat dis as gevolg van al jou aankope dat hulle gedurig nuwes bou, hulle dink daar is 'n kopersmark :-)

Ook maar net met die dinge wat geld kan koop Mariki

Volgende jaar!..... dit klink sommer goed Thea. Hier is baie plekkies wat nog op daai lysie kan kom.

Nimsi se Blog said...

Dankie vir al die mooi fotos, leef my soms so in jou blog in, dit voel of ek regtig daar gekuier het.
Mooi bly
Nimsie

Muriel said...

Dis vir my so lekker as jy vir ons foto's van al die plekke wys. Hierdie Souks lyk na 'n belewenis. Ek sal dit so geniet daar.
Dit lyk soos Venice!

Ons "born to shop" girl is in haar element, ek sien sommer die adrenalien in haar ogies!!! he he

Sandra said...

Nimsi lekker vir my dat jy hier saam met ons kuier.

Muriel en dan se sy sy is nie 'n groot shopper nie. Het ek die bewyse nie al hoeveel keer op die blog gesit nie?

Charmaine said...

Julle wen... ek vrek oor shop... maar darem binne perke... sou ek se. .. IS

Anonymous said...

ISSIE issie issie,:-), jy koop mooi maat en jy mors nie geld nie. So bly jy het nou hier in die oopte erken jy's 'n shopper :-)

Jan and Miekie said...

Dis so interessant - nou weet ek ook! Ek kan dink dat 'n S.A. kunsmark lekker gesellig kan wees, maar ek dink ook ek sou van die souks hou - ek hou nie daarvan om gedruk te voel om iets te koop nie. Hou nogal van anonimiteit as dit by koop kom.

retha said...

Daai WNNR mark is nou by die Pioniersmuseum in Silverton. En ook nog daar is nou nie meer n WNNR nie net n CSIR. (hier is n skouer ophaal prentjie nodig)

Sandra said...

Miekie party van die buitemarkte kan hulle jou lam maak soos hulle jou produkte wil wys, maar die geboue souks is anders en mooi.

Retha ek's verstom dat die mark nog bestaan. Het dit altyd geniet om vars produkte op 'n Saterdagoggend te gaan koop.

Charmaine said...

Dis baie swaar as mens graag wil ondersteun en iets moois koop, maar die souks is regtig ver bo my koopkrag.. Ek shop ja maat. Mens moet mos.

Thea said...

Sandra, alles is maar nog in die beplanningsfase en hang ook van 'n klomp goed af. As alles volgens plan verloop, beoog ek dat ons miskien gebruik maak van iets soos 'n stopover in Dubai met Emirates maar tyd sal nog leer. Ek kyk daarna dat ons dalk volgende jaar nĂ¡ Ramadan oorgaan.

Desire Fourie said...

Ja nee, dis tyd die SA-ers die arabiere wys hoe 'n rerige egte mark nou eintlik daar uitsien. Eks seker volgende keer is die SA mark selfs nog groter en gewilder. Mooi bly.

Sandra said...

Ek's gelukkig ek het 'n "ryk' maatjie ;-)

Thea jy kan nie net hier oorstaan nie? Jy het baie dae nodig!

Ek is seker hierdie mark gaan nog lekker groei Desire.

Anonymous said...

Charmain ek is baie bly as jy geshop het, ek sal loer wanneer ons weer scrap. Ok, ek vra op wit en swart onverskoning dat ek julle in die steek gelaat het, maar het julle toe by die SA restaurante geeet, as julle het, wat is op die lys vir die hoofgereg?

Sandra said...

Heleen ons het mos mekaar toe by Khalidya gekry soos jy gevra het - het per sms laat weet! Die SA restaurant het allerhande vleise met bykosse soos pap op sy spyskaart.