Showing posts with label Malls. Show all posts
Showing posts with label Malls. Show all posts

Tuesday, July 7

Word mens ooit groot?

Wanneer is mens groot, regtig groot? Ek praat nou nie van vet-groot nie. Om groot te wees bring darem baie verantwoordelikhede en probleme en baie keer is dit lekker om sommer net weer jonk/klein/kinf te wees.


Na ons nag in die hittige water is daar malls wat aangepak moet word en terwyl ons rustig wag vir die winkels om oop te gaan, "entertain" Charmaine en Elriza ons. Ongelukkig is William se foon video kwaliteit nie so goed nie, maar julle behoort die prentjie te kry. Haar nuwe IPhone het ook 'n saamsing en hier demonstreer sy dit.

Page1_2

Vir Elriza is die Festival City mall 'n eerste keer en sy is ook al een wat die hitte aandurf om te gaan kyk na die waterkanaal waar mens met die bootjies kan ry tussen die winkels.


Page2_0

En na ontbyt begin die sports want die kinders (ouderdomme 16, 21 & 24) het net vir Toys R Us in die oog. Dit vat nie lank vir ons om ook aan te steek nie. Die kinders gaan terug op memory lane en herken die prinsesse aan die rokkies wat hang.

Page4_0

Party van ons wil ietsie koop, ander wil net kyk en luister wat die nuwe speelgoed op die mark doen terwyl van ons alles net so beloer.

Page5

Die grootste hit onder die meisies is toe hulle by die Barbie en My Pony rakke en huisies kom. So soek hulle die poppe wat hulle gehad het en wat hulle graag weer wil he, ens. ens. Ek hoef nie te se dat Elriza met haar My Pony van baie jare terug die winkel uitgestap het kamstig as 'n geskenk. Gister staan die ponie in die badkamer wat die hare moet gedoen word -- wie speel nou eintlik hiermee?

Page6

Met die tyd wat ons vir die hele mall beplan het gespandeer in die speelgoedwinkel, doen ons vinnig die res van die sentrum, koop 'n bietije en gaan kuier ook by die Outlet mall vir nog inkopies en middagete. Die kinders voel hulle is nog nie halfpad klaar nie terwyl ons moeg geloop is, dus moet ons vinnig hierdie week voordat hulle terug SA toe weer 'n paar moet kom besoek.

Thursday, October 16

Bo blink en onder ....

As jy daaraan dink om Dubai toe te trek .... dink baie mooi!
So 'n week of wat terug het ek die geleentheid gehad om nog 'n blogleser en ook Leane se ma in Dubai te ontmoet. Ons reel om mekaar by die Uptown Mall in Dubai te kry en vir ons is dit heeltemal 'n nuwe plek en doooooodstil. Die mall is so in 'n sirkel gebou en die winkels loop almal op die "plein" uit. Ek vermoed die hitte maak dit bietjie minder lekker om hier rond te loop en ons moet dadelik sit om iets koels te drink. Sue wys ons bietjie rond. Dat 'n nuweling in die dorp ons nou moet wys ... Sy vertel ons bietjie van haar nuwe werk as onderwyser vir die arabiese kinders. Die onderwerp gaan na agente in SA wat mense onder verkeerde indruk bring en hoeveel jongmense onder haaglike omstandighede hier moet leef en werk.

Ons gaan maak ook 'n draai by die Canal Walk sentrum.

Gister weer hoor ek van 'n jong meisie van SA wat dieselfde ondervinding het nadat sy vir 'n bekende hotel kom werk het. Ek weet ek skryf baie van die lekker plekke en die goed wat ons doen, maar ek wil tog so die mense by die huis waarsku .... alles is nie maanskyn en rose nie.

Hier loop hulle langs die kanaal af waar mens ook met bote kan vaar

Baie firmas beskou Suid-Afrikaners as "goedkoop-arbeid". Die salarisse lyk aanloklik, want hulle sit die verblyf en vliegtuigkaartjie en al daai goed by wat in elk geval deur die landswet verpligtend is en dan prop hulle 9 of 16 mense in 'n huis onder haglike omstandighede! En dan van almal word SA omtrent die minste betaal.

In een van die gang by die mall en Sue en Charmaine is my kms voor.


Die paspoorte word weggeneem dat jy nie die land kan verlaat nie en en en en nog klomp ander goed. Dis veral die mense in die onderwys en jongmense wat in die hotelle kom werk wat ingeloop word.
Sue soek kussingslope

Ek se nie moenie so 'n opsie oorweeg nie, ek se net maak baie seker van alles, soos vir wie en waar jy gaan bly en werk. En vra maar vir mense wat hier bly wat hulle dink. Wanneer jy vir die regte maatskappy werk en betaal word vir wat jy werd is, hoef jy nie tweekeer te dink om te kom nie maar as jy nie seker is nie .... dink seblief mooi.Onthou net die gras is partykeer groener aan die ander kant omdat daar meer mis op is .... maar hier is darem lekker roomys soos Sue wys toe sy nie kon besluit wat sy wil he nie.

Monday, October 6

Wie is die wenner ?

Los nou vir Charmaine en Nelmari in 'n "nuwe" mall met die uitdaging van die "shopping queen" titel en jy's in vir moeilikheid en besig wees om al agter hulle aan te hardloop en bewyse te soek. Charmaine kan juis haar ratte so in 4de sit en dan vat sy die pad en mens moet net byhou ... en dit lyk my het Nelmari ook nou aangeleer al. Die eerste stop is vir "ietsie" vir Charmaine se gunsteling pop, en toe begin die loop ... Altwee loop so gelyk na Marks & Spencer se winkelvenster toe ... hulle wil tog nie iets mis nie. Alreeds is daar sakke in die hande. Hierdie winkel het sulke anderste klere en die twee is baie geinteresseerd en bespreek alles. Ek wil net sug, het ek maar geweet dat dit 'n vulletjie is, want langsaan is 'n "nuwe" winkel Oasis. In die winkel raak die twee heel weggevoer en sien ons rokke vir troues wat gaan kom tot en met 2020. Julle weet dat 'n kraai dood oor blinkgoed ... wel hierdie twee word aangetrek deur pers goed! Nelmari dink aan die "hi tea" wat sy vir haar volgende verjaarsdag wil he en pas een van die hoedjies aan. Dis teetyd en ons wat vir die hysbak foodcourt toe. Ek neem nou nie gewoonlik foto's van 'n hybak nie, maar hierdie een het sulke water wat van die panele afloop en party van ons weet nie waar mens die knoppie tussen die water kan kry nie. Nog van die glaspanele terwyl ons met die hysbank ry. Julle onthou die persdingetjie op 'n vorige foto? Wel dit moet aangepas word en ons moet kyk ... die menses in die badkamer dink natuurlik ons is koekoes. Dan hou sy dit sommer aan terwyl ons gaan klein balletjie roomys eet .... dis baie lekker en elkeen verskillende geure. Charmaine het nou nog nie 'n hoed vir die hi tea nie en probeer die een aan ... ek dink nogal nie so nie.... Wat van hierdie een vra sy volgende? Ek moet julle vertel dat my vriendin 'n sucker is vir mense wat bemarking van produkte doen en hier het die vrou van die parfuum winkel haar oorreed dat ons moet kom ruik. Sy het lank met die vrou gepraat en sal vir julle kan inligting gee oor die Engelse parfume wat hier verkoop word. Kyk hoe le die stokkies reg vir die ruik. Ek en Nelmari is lekker bederf toe sy vir ons al drie 'n reuk van ons keuse koop net vir sommer. Dankie maat! Met die aankope wen sy loshande die eerste skof van ons shopping queen kompetisie. Die helfde van die pakkies wat Nelmari dra is Charmaine s'n. Elriza jou ma kan jou nou kompetisie gee.

Sunday, October 5

Battle of the shoppers - in 'n nuwe ou mall

Ek weet nie hoe oud is die bekende mall nie, maar ek weet dat dit reeds hier was toe ons baie jare terug UAE toe gekom het. Met die tyd is daar aangebou en groter gemaak.Die laaste klompie jare het ons glad nie die mall besoek nie, maar hierdie week was weer tyd en aan Nelmari se reaksie gesien, is die kinders nou groot ... want waar die winkels hulle vroeer nie aangestaan het nie, is/was dit nou so reg in haar kraal en baie cool. Die mall se boustyl is Egipties en dit lyk werklik indrukwekkend van die buitekant. Hierdie foto het ek sommer in die ry geneem van die mure na die parkeerarea. Aan die binnekant is die drie lig-piramides waar lig natuurlik inskyn, die hoof features en dis werklik pragtig. Twee van hulle is versier met pragtige glaswerke wat verskillende temas wys. Hierdie een is weer 'n glas "toring" waar die lig op skyn. Die mall is groot met 350 winkels en dit skep 'n ruim rustige atmosfeer waar mens lekker kan drentel. Wafi het deur die jare heelwat pryse gewen vir oa "die beste shopping-mall", beste restaurant, beste nuwe hotel, beste spa en beste boutiek. Volgens hulle is die beste winkel enige plek ter wereld, Memoires wat glad nie soos 'n winkel is nie.
DIt is 'n teater, museum, kunsgallery, alice in wonderland dreamworld en disney fairytales en nog baie meer alles in een. Hulle verkoop meubels en ornamente, juweliersware, glaswerk en klomp ander goed. Blykbaar lyk dit meer na een groot uitstalling as iets wat mens kan koop. Ons het dit nogal nie besoek nie .... Hulle se ook, die verkoopsmense lyk asof hulle op uitstalling is. Die mans dra hoe kraag, enkellengte baadjies wat lyk asof hulle direk van Phantom of the Opera kom en die dames is net so opgedress. Volgende keer is dit beslis op die lysie. MAAR die rede was ook om te sien wie van die selfaangestelde "shoppers-queen" Nelmari of vorige titelhouer Charmaine nou eintlik die grootste shoppers is. Aan die einde van die dag is daar 'n besliste wenner, maar julle sal more moet kom kyk wie.