As jy daaraan dink om Dubai toe te trek .... dink baie mooi!
So 'n week of wat terug het ek die geleentheid gehad om nog 'n blogleser en ook Leane se ma in Dubai te ontmoet. Ons reel om mekaar by die Uptown Mall in Dubai te kry en vir ons is dit heeltemal 'n nuwe plek en doooooodstil.
Die mall is so in 'n sirkel gebou en die winkels loop almal op die "plein" uit. Ek vermoed die hitte maak dit bietjie minder lekker om hier rond te loop en ons moet dadelik sit om iets koels te drink.
Sue wys ons bietjie rond. Dat 'n nuweling in die dorp ons nou moet wys ... Sy vertel ons bietjie van haar nuwe werk as onderwyser vir die arabiese kinders. Die onderwerp gaan na agente in SA wat mense onder verkeerde indruk bring en hoeveel jongmense onder haaglike omstandighede hier moet leef en werk.
Ons gaan maak ook 'n draai by die Canal Walk sentrum.
Gister weer hoor ek van 'n jong meisie van SA wat dieselfde ondervinding het nadat sy vir 'n bekende hotel kom werk het. Ek weet ek skryf baie van die lekker plekke en die goed wat ons doen, maar ek wil tog so die mense by die huis waarsku .... alles is nie maanskyn en rose nie.
Hier loop hulle langs die kanaal af waar mens ook met bote kan vaar
Baie firmas beskou Suid-Afrikaners as "goedkoop-arbeid". Die salarisse lyk aanloklik, want hulle sit die verblyf en vliegtuigkaartjie en al daai goed by wat in elk geval deur die landswet verpligtend is en dan prop hulle 9 of 16 mense in 'n huis onder haglike omstandighede! En dan van almal word SA omtrent die minste betaal.
In een van die gang by die mall en Sue en Charmaine is my kms voor.
Die paspoorte word weggeneem dat jy nie die land kan verlaat nie en en en en nog klomp ander goed. Dis veral die mense in die onderwys en jongmense wat in die hotelle kom werk wat ingeloop word.
Sue soek kussingslope
Ek se nie moenie so 'n opsie oorweeg nie, ek se net maak baie seker van alles, soos vir wie en waar jy gaan bly en werk. En vra maar vir mense wat hier bly wat hulle dink. Wanneer jy vir die regte maatskappy werk en betaal word vir wat jy werd is, hoef jy nie tweekeer te dink om te kom nie maar as jy nie seker is nie .... dink seblief mooi.
Onthou net die gras is partykeer groener aan die ander kant omdat daar meer mis op is .... maar hier is darem lekker roomys soos Sue wys toe sy nie kon besluit wat sy wil he nie.