Monday, May 19

Nelmari is siek

Woensdag was Nelmari bietjie olik en nadat ek haar vroeg by die skool gaan haal het, het sy ook die volgende dag by die huis gebly. Daar is aan Charmaine se AC's gewerk en ons moes "dagma" vir die hondjies speel. Het Nelmari dit nou geniet? (En ek ook)
Hierdie hondjies het gou-gou gewys dat sy op hulle volle ondersteuning kan staatmaak vir die "siek" wees. Gou-gou het hulle self soos "pasiente" gelyk. Hierdie foto net omdat dit so oulik was - Didi sleep met sy kameelperd.
Nelmari sou elke dag so by die huis wou bly. Ons het jou seuntjies geniet maat!

2 comments:

Anonymous said...

shame ou Nelmarie hoop jy voel gou beter, ons ou seuntjie christiaan'ie is net so siek en voel glad nie lekker hier in Istanbul nie, ek dink hy voel soos soos sy mamma, wil nou net huis toe gaan. Abu-dhabi natuurlik, Turkye is mooi maar daar is maar niks soos jou eie plek nie.

wel gou beter voel.

mariette.

Anonymous said...

Baie dankie aan die dagmammas. Ons het baie lekker by julle gekuier. Ons sal weer kom. Met liefde van Didi en Taffee.