Thursday, August 30

Verslaggie van Onrus

Ek is doodseker dat ons een van die duurste tuindienste (vir middelklas mense) in die wêreld het. Behalwe dat ons die normale bedraggie betaal vir die weeklikse sny van die gras, vlieg ons ook gereeld (ten minste 3 keer per jaar) 'n tuin expert vanaf die UAE na Onrus om die bossies te gaan uittrek. Ongelukkig kan ons nie sien of beide die dienste goeie werk doen nie, ons vertrou net.
Die voordeel is egter nice foto's om mens bietjie terug te verlang huis toe. Met die huidige bossie-uittrek-trip is die volgende geneem. Ek deel dit veral met my mede-Abu Dhabiers wat terug verlang see, huis en koue toe.

Onrus se strandjie en die weer lyk na reen. (Onthou julle nog hoe reen lyk, ruik en voel?)

'n Walvis word opgemerk in die water doer ver ...


Hy kan branders maak dis verseker. (dis nou die walvis)

Ek hoop dat daar nog mooi foto's kom dat ek julle kan wys.

2 comments:

Anonymous said...

Die foto's is baie pragtig!! Ek is nou nie juis een vir die Kaapse nat winters nie, maar ek sou so graag daardie walvisse wou sien. Nogtans 'n pragtige plek waar julle ouens 'n huis het. Gelukkige mense!! Charmaine

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Ek het vir jou 'n comment gelos in jou guest book oor die blogger template headers. Hoop dit help. Ja nee Onrus is 'n tipiese kusdorpie in SA - rustig en sielsverrykend. Laat my weet wat jou emailadres is, seker maar 'n bietjie blond, maar kry dit nerens op jou blog nie. Groete vanuit 'n pragtige lente oggend in Kloof. Desire