Tuesday, August 14

Hoe koel mens af?

Ek het darem seker al tot vervelens toe vertel dat dit hier verskriklik warm is en julle ouens wat gereeld lees en na die temp meter kyk sal sien dat dit erg bloedig word. Ongelukkig kan julle nie die humiditeit ook sien nie, maar glo my dis baie hoog. Ja ek weet Vicky en Greg, Al Ain is nog warmer en ek voel vir julle regtig.
Ek vertel graag wat die kinders doen in die hitte, maar toe die koerante se opskrifte so begin lyk en
Die temp meter in die motor dit wys, was dit selfs tyd vir my om bietjie in die water te gaan sit.
Daar was redelik mense en die water was kookwarm en doodstil.
Ons het 'n skadukolletjie gekry, maar dit maak nie 'n verskil aan die hitte nie. Hier sit die twee ou tannies en wonder sal hulle die warm sandpad sal aandurf see toe.
Al probleem wat mens by die see het is die "toeskouers" of "Paki-staar-ies" wat niks anders te doen het behalwe om die mense op die strand dop te hou nie. Ek dink buiten krieket is dit hulle nasionale sport. Op Dubai se strande word "die manne" in hegtenis geneem as hulle net staar en nie swem nie. En indien jy nie met swemklere swem nie, kan jy ook in die tjoekie beland. Partykeer wens ek hulle wil dit hier ook toepas.Dit was Charmaine se oplossing vir die "brand-van-die-strand-voete". 'n Klein straaltjie water wat die boom moet natmaak word as 'n voetspa gebruik.

2 comments:

Sandmensie said...

ek is sooo bly dis amptelik swart op wit dat hierdie die warmste somer ooit is, ekt lankal so vermoed,darem is dit toe nie hotflashes nie!maar dink jy rerig die koerant se temp is akkuraat as ons karre warmer registreer?hier het dit so 2 weke terug 51 grade gerigestreer...

Sandra said...

Ek dink nie die koerante of ons temp metertjies op die web is akkuraat nie, hulle is met 'n hele paar grade laer as wat dit werklik is.